Hierdie is ‘n vervolgverhaal deur verskillende bloggers. Om die eerste 11 hoofstukke te lees, klik op die InLinkz skakel hieronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=789999
Daniella suig behaaglik aan ‘n dun sigaretjie, terwyl sy in die skadu van die karavaan sit en wag om vir die volgende toneel gegrimeer te word. Sy lees die nuwe draaiboek en knik goedkeurend haar kop…
Verwagting en teleurstelling.
Nellie voel hoe die ysterperd onder haar vibreer, soos wat dit die langpad voor haar opslurp. Haar gedagtes is ‘n warboel van emosies. Sy is kwaad vir tannie Krissie en oom Esra, wat haar al die jare misbruik het. Haar kastige nefie en niggie, Chris en Karla, laat ‘n suur smaak in haar mond. Hulle vieslike neersienery op haar, laat haar sommer besluit om hulle ‘n paar snotklappe te gee, as hulle weer haar pad kruis. Skielik het ‘n nuwe gevoel bygekom, ‘n gevoel wat haar maag laat draai en haar hartklop laat versnel by die blote gedagte aan hierdie mooie man…. Renier…
Dis al laat toe die motorfiets brullend die laaste bult uitry en sy die Diamantstad se liggies voor haar sien flonker. By die Engengarage hardloop sy vinnig die kleedkamer binne. Sy pluk die rekkie uit haar deurmekaar poniestert uit en gooi haar dik lang blonde hare verleidelik oor haar skouers. ‘n Bietjie rooi lipstiffie, mascara en oogskadu, rond die prentjie af en sy knik tevrede vir haar spieëlbeeld. So ‘n blertsie van tannie Krissie se gesteelde Franse parfuum, wolk om haar, toe sy opgewonde weer haar been oor die ysterperd se rug swaai.
Na ‘n paar verkeerde afdraaie, begin die omgewing meer bekend lyk. Uiteindelik sien sy Renier se huis en sy sukkel om haar asemhaling te beheer. Sy besluit om eers die motorfiets laer af in die straat te parkeer en die wêreld te bespied. Saggies spring sy oor die tuinhekkie, wat maar alteveel piep, as mens dit oopstoot. Sy hoor stemme en ‘n vrolike gelag van die kombuis se kant af..
Deur die venster sien sy vir Renier saam met ‘n aantreklike brunet. Die vroumens is soos ‘n seekat, al klouende en strelende en vattende, orals aan hom. Dit lyk of hy nie heeltemal lus is vir die aandag nie, maar die listige Aphrodite* kwyl en kweel en knibbel aan die man se ore met skerp wit tandjies. Haar lang gemanikuurde naels, waarvan elkeen ‘n ander kleur geverf is, vroetel sy das los en sy gooi dit melodramaties met ‘n boog, vloer toe. Sy slinger een sonbruin, kaal, welgevormde been oor sy skoot en dit lyk kompleet asof sy besig is om ‘n opgesaalde perd te bestyg. Haar stiletto se hak skuur verleidelik heen en weer teen sy kuit, terwyl sy met ‘n warm, klam asem, koerwoordjies in sy nek fluister. Twee vol D’s dein op en af soos golwe op ‘n rowwe see en arme Renier versmoor amper in die dubbele vlesigheid. Angssweet pêrel op sy voorkop en met ‘n flitsende slangtong, slurp verleidelike Delila die soutigheid op.
Trane van teleurstelling stroom oor Nellie se wange, toe sy sien hoe die brunet vir Renier in ‘n kopklem beetkry en haar gul mond soos ‘n suigende guppievis, oor sy lippe plaas. Hy probeer homself losruk, maar sy klou soos ‘n dikgevrete bosluis. Die volgende oomblik val die twee al stoeiende, stoel en al, dawerend op die vloer en Renier bevry hom uit haar wriemelende greep.
Die brunet kom op vir asem en probeer nóg ‘n guppiesoen plant, maar Renier is te vinnig vir haar en spring rats orent en sorg dat die tafel tussen hulle is. Dit maak die liefdesgodin nou eers rasend van opgewondenheid en sy begin hom om die tafel jaag….al hinkepinke, want haar een stiletto het met die valslag dóér getrek! Die arme Renier se arms swaai soos windmeulwieke om sy balans te hou, terwyl sy voete op die gladde kombuisvloer spin, in ‘n poging om weg te kom van die honger tierwyfie. Uiteindelik storm hy by die agterdeur uit en reg in die verbouereerde Nellie vas.
Gaan Nellie omspring en weghardloop, of vir Renier kans gee om te verduidelik?Gaan Renier weer vir Nellie vertrou, nadat sy verlede keer sommerso verdwyn het?
*Godin van liefde, uit die Griekse mitologie.
Joe! Warm! Vurig!
LikeLiked by 1 person
Ek hoop net Nellie hardloop nie weg nie. Sy het mos gesien Renier is nie lus vir die vroumens se aandag nie.
LikeLiked by 2 people
Ek glo sy sal kop hou.
LikeLiked by 1 person
Oe, hyg-hyg, giggel-giggel… Kannie wag om te lees wat NOU gaan gebeur nie!
LikeLiked by 2 people
Wat is ‘n film deesdae sonder ‘n sekstoneel?
LikeLiked by 1 person
Wow! Je bent een schrijftalent !!!
LikeLiked by 1 person
Dankie Paul.
LikeLiked by 1 person
dank voor je reactie op mijn weblog / ik had het verhaal op de verkeerde site gezet 🙂 – ondertussen rechtgezet!
LikeLiked by 1 person
Ek is bly, toe kon ek dit lees!
LikeLiked by 1 person
Ondertussen staat het op de andere site – blij dat je genoot van de preview. Is het trouwens makkelijk voor je om Nederlands te lezen? Klinkt bijna hetzelfde als Afrikaans, maar wordt totaal anders geschreven…
LikeLiked by 1 person
Ek lees die Nederlands maklik. Soms verstaan ek sekere woord nie, maar begryp wel die konteks. In die begin was dit moeilik, maar ek lees nou by ongeveer tien Nederlanders en twee Belge…dus gaan dit deesdae soveel makliker.Afrikaans het ‘n baie interessante geskiedenis en is heeltyd besig om te verander.
LikeLiked by 1 person
Zelf moet ik me heel hard concentreren om AFrikaans te lezen. Ik volg één Zuid Afrikaanse dame, die mooie fotologjes maakt!
LikeLiked by 1 person
Stuur vir my haar link.😉
LikeLike
Haar vent is gisteren door zijn stoel gezakt!
LikeLiked by 1 person
O lol…daardie een!
LikeLike
Briljant! So ‘n bietjie kompetisie kan vir Nellie net goed doen. Uitstekend geskryf Bytjie. Ek hoop net Renier het nie vir Nellie nog skade aangedoen toe hy in haar vasgehardloop het nie. Sy het mos laas nog die gespalkte arm, die pynlike ribbes en die seer kopwond gehad. Van die sit op die motorfiets is haar boude seker ook nog seer 😄
LikeLiked by 4 people
Hester, jy sal moet skrywe oor die vashardloop!
LikeLiked by 3 people
Dalk het Nellie ope arms of gekruisde arms, wat hom gaan laat sukkel om weer toenadering te soek
LikeLiked by 1 person
Nou pyn haar hart ook nog….ai, arme Nellie!
LikeLiked by 3 people
Mooi verhaal; De vorige hoofdstukken zal ik dit weekend eens overlopen.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het,Francky.
LikeLike
Definitief nie ‘n fliek vir onder 18 nie 😁😁😁
Goed geskryf Perdebytjie.
LikeLiked by 2 people
Klink tog of Camilla haar hier ingewurm het, Kameel!
LikeLiked by 1 person
Neeeeeee Perdebytjie….. Camilla se pragtige Marco 😭
LikeLiked by 2 people
Dalk is hierdie brunet haar tweelingsuster of niggie.
LikeLiked by 1 person
Jy weet mos ons blogstories het die geneigdheid om iewers bó 18 te raak! 😂
LikeLiked by 2 people
Dis ook weer waar Toorts. Ek sal maar vir my vriendinne in die ouetehuis moet gaan soek… my arme hart jy weet!!!
LikeLiked by 2 people
Jou hart sal hou. ❤️
LikeLiked by 2 people
Hygend hert, Perdebytjie, jy het ‘n Oscar-wenner toneel geskrywe! Man al wat kort gekom het was die hasie wat op die stoof kook! Kyk, ek en Sielsoeker het amper die kar omgegooi oppad werk toe met ons gehoes en proes en lag dat die trane loop. Jy het ons naweek vrolik begin en die verhaal in die langverwagte hygroman verander. Bravo! Bravo! Nog groei aan die kom vir Nellie – sy oorleef baie en kan net ‘n ster anderkant uitkom. Van steenkool tot diamant!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie vir al die mooi komplimente. Ek is bly ek kon julle naweek maak,Lekkervurig. Ja die volgende skrywer het ‘n groot taak om die storie warm te hou.
LikeLiked by 2 people
Dis nou boeiend en sooo sappig geskryf. Arme Reinier eks bly Jakkie het nie op hul afgekom nie.
LikeLiked by 2 people
Hopelik was hy al in die bed!!
LikeLike
Ja! Arme kind sal nie eers kan gil nie!
LikeLiked by 3 people
En weereens ‘n interessante wending, dankie Bytjie. Hopelik kan ons almal nou ons naweek behoorlik begin
LikeLiked by 1 person
So ‘n lekker romantiese naweek kan mens net goed doen.😉
LikeLike
Sê ek ook
LikeLiked by 1 person
Oe lallaaaaa ek snak verras na my asem elke keer as die nuew hoofstuk uitkom. Well done, jy mag maar…
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondeltjie.
LikeLiked by 1 person
Wild… woes wild!
Ek sou nooit kon dink daar gaan sulke dinge aan daar in die diamantdorpies nie… maar, wie weet… miskien is al daai geld kop toe.
Natuurlik is Nellie die onshuld self… leathers en al!
(Sy hoort nogal ‘n sight for sore eyes te wees!)
LikeLiked by 1 person
Jy sien mos daardie pop op die blou motorfiets…dis Nellie!
LikeLiked by 1 person
Jy’t ‘n wille Nellie geteel… myne is ‘n engelkie in vergelyking! 😉
LikeLiked by 2 people
😂😂
LikeLike
Je hebt het in je Dina, mooi geschreven.
wie weet kom ik ook nog yoe aan de vorige hoofdstukken.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Harme…ons klomp skryf heerlik aan die storie en elke keer sit die volgende skrywer die storie in ‘n ander rigting.
LikeLike
Inderdaad, wat een (grappig) schrijftalent!. Ik heb dit met veel plezier gelezen, en bijna helemaal verstaan.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, dis heerlik as jy by my kom lees.
LikeLike
Hier begin d romanse!
LikeLiked by 1 person
Ek hoop die volgende skrywers hou dit vol.
LikeLike
Een vervolgverhaal?
Ik lees graag mee.
Vrolijke groet,
LikeLiked by 1 person
Dankie Rob…die vorige verhale kan gelees word by die link.
LikeLiked by 1 person
Dina…hmmm. Dat Renier hom nou so amper laat verlei deur dubbel Dees… Jy mag maar ń hygroman skryf, hoor!
LikeLiked by 1 person
Ek is so onromanties, Una. Het ook maar net in flieks gesien hoe die dinge gedoen word..lol!
LikeLike
Jong, na Lekkervurig is dit my beurt… Watter flieks stel jy voor?😉🤗
LikeLiked by 1 person
Romeo en Juliet…😂😂
LikeLike
🤔🤔😉
LikeLiked by 1 person
Ook nu weer heel leuk geschreven
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Marylou.
LikeLike
Hier styg die kwik alweer!
LikeLike
Heel knap geschreven
LikeLiked by 1 person
Dankie Marylou…heel verspot, maar ek het darem geniet om dit te skryf.
LikeLike