Rebusfontein nommer 6, #MiddelMzanzi

(Hierdie is net ‘n pretblog deur verskeie skrywers en sal geen sin maak vir meeste van my lesers nie. Ek sal dus nie aanstoot neem as julle net die foto’s kyk en dan verbygaan nie.)

Omdat ek nie ‘n massamens is nie, vat my wiele my na ‘n afgeleë plek. Vuurvliegie het die bal aan die rol gesit om hierdie spesiale fiktiewe dorpie te stig. Ek reis so vinnig as wat my ossewa se wiele oor die vlaktes kan knars, na Rebusfontein, # MiddelMzanzi.

Ek wil soos ‘n afgetrede sigeuner daar gaan nesskop. Vanweë my minimalistiese geaardheid en innige liefde vir die natuur, is my huisie die versinnebeelding van aardsheid…_MG_3967

Eenvoud binnekant, is die wagwoord…_MG_3969

Die mure is versier met Boesmantekeninge…IMG_2973

Die opelugbadkamer sorg vir baie pret, veral in die winter, wanneer man en muis bibber van die koue…250

Die verhoogde troon met ‘n boom langsaan, verskaf ‘n volledige natuurgevoel…137

Die eenvoud van ‘n natuurlike toiletrolhouer, laat die besoeker na sy asem snak…135

Verrassend, is my boekery, wat iewers in hierdie eenvoud ‘n staanplekkie gevind het…451

My binneversiering en ornamente behels eenvoudige Afrika-goedjies…450

Ook my Bali-eendjie het sy ereplekkie…IMG_0610

en voordat julle dink dat ek heeltemal van my trollie af is, hier is die weggesteekte agterkant van my huisie…luukses is nie heeltemal te versmaaie nie, al is mens minimalisties en lief vir die natuur…445

My voortuin is spesiaal ontwerp en beplant met een van die wêreld se interessantste oerplante (Welwitschia mirabilis). Ek het sommer ‘n mannetjie en vroutjieplant ingesit vir versekerde voortplanting. Manlike plant het klein keëls…IMG_0126

en vroulike plant se keëls is groot…IMG_0129

Om voortplanting te verseker, het ek hierdie spesiale insek ingevoer, wat net op die Welwitschia leef en sorg vir bestuiwing…_MG_3983

Gelukkig woon Kameel nie langs my nie, want haar fobie vir insekte sal nie my goggietjies kan verwerk nie! Ek sien al hoe hol sy met ‘n blik Doom in my tuin rond!

Die finale afronding is my uitsig, wat almal van Rebusfontein saam kan geniet…IMG_8711

As jy wil deelneem plaas jou skakel hier

https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5

60 Replies to “Rebusfontein nommer 6, #MiddelMzanzi”

    1. Daardie buitekleinhuisie gaan druk besoek word. Lyk my almal wil ‘n draai daar kom maak. Miskien moet ek ‘n fooitjie vra vir elke gebruik! Dankie vir jou gawe kommentaar, Scrapy.

      Like

  1. Ag ek’s so bly jy is my buurvrou, ek gaan beslis dikwels daar in die weggesteekte deel kom kuier! (Daai goggas lyk maar grillerig, is jy seker hulle klim nooit van die plante af nie? Hoekom sit die ou dan op klippertjies?)

    Like

  2. Mooi… en oulik!
    Wat my die meeste laat smaail het is die wit plastiek toilet borsel wat so half weg gesteek word… miskien moet jy vir jou ‘n klein grasbesempie aanskaf om die k4kb4k te skrop!
    😁😵😲😄

    Liked by 1 person

  3. Ma sê sy sal enige tyd op so plekkie gaan bly waar daar nie mense is nie, Jou foto’s en storie is pragtig en ons is gek oor die huisie. Sy is ook lief vir goggas en dink hulle is te ougat, nes ek. 😀

    Liked by 1 person

      1. Dankie en daar is nie sulke dinge nie want ons hou ook baie van ons stilte. Hoe minder mense, hoe minder sal ek gepla wees dat iemand ma sal pla. 😀

        Liked by 1 person

  4. Another collaboration? Wonderful! If only the toilet paper holder wasn’t empty – that’s a problem!! Seriously, how beautiful, and books, too! What could be better. No, not shabby at all….and the Welwitschia! Oh! I am envious!! Great post, Dina!!

    Liked by 1 person

    1. This is just an imaginary house that I made up out of interesting places that I have visited through the years. Most of it is in Namibia, my favorite country in the world!

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +