(Hierdie is net ‘n pretblog deur verskeie skrywers en sal geen sin maak vir meeste van my lesers nie. Ek sal dus nie aanstoot neem as julle net die foto’s kyk en dan verbygaan nie.)
Omdat ek nie ‘n massamens is nie, vat my wiele my na ‘n afgeleë plek. Vuurvliegie het die bal aan die rol gesit om hierdie spesiale fiktiewe dorpie te stig. Ek reis so vinnig as wat my ossewa se wiele oor die vlaktes kan knars, na Rebusfontein, # MiddelMzanzi.
Ek wil soos ‘n afgetrede sigeuner daar gaan nesskop. Vanweë my minimalistiese geaardheid en innige liefde vir die natuur, is my huisie die versinnebeelding van aardsheid…
Eenvoud binnekant, is die wagwoord…
Die mure is versier met Boesmantekeninge…
Die opelugbadkamer sorg vir baie pret, veral in die winter, wanneer man en muis bibber van die koue…
Die verhoogde troon met ‘n boom langsaan, verskaf ‘n volledige natuurgevoel…
Die eenvoud van ‘n natuurlike toiletrolhouer, laat die besoeker na sy asem snak…
Verrassend, is my boekery, wat iewers in hierdie eenvoud ‘n staanplekkie gevind het…
My binneversiering en ornamente behels eenvoudige Afrika-goedjies…
Ook my Bali-eendjie het sy ereplekkie…
en voordat julle dink dat ek heeltemal van my trollie af is, hier is die weggesteekte agterkant van my huisie…luukses is nie heeltemal te versmaaie nie, al is mens minimalisties en lief vir die natuur…
My voortuin is spesiaal ontwerp en beplant met een van die wêreld se interessantste oerplante (Welwitschia mirabilis). Ek het sommer ‘n mannetjie en vroutjieplant ingesit vir versekerde voortplanting. Manlike plant het klein keëls…
en vroulike plant se keëls is groot…
Om voortplanting te verseker, het ek hierdie spesiale insek ingevoer, wat net op die Welwitschia leef en sorg vir bestuiwing…
Gelukkig woon Kameel nie langs my nie, want haar fobie vir insekte sal nie my goggietjies kan verwerk nie! Ek sien al hoe hol sy met ‘n blik Doom in my tuin rond!
Die finale afronding is my uitsig, wat almal van Rebusfontein saam kan geniet…
As jy wil deelneem plaas jou skakel hier
https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5
Interessant om lezen. Mooie foto’s.
LikeLiked by 1 person
Dankie Suske.
LikeLiked by 1 person
Je laat wel heel bijzondere foto’s zien.
Zonnige groet,
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Rob.
LikeLike
“Oost West, Thuis best”
Heel mooi
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Gerrit.
LikeLike
Ooeeeee ek hou hiervan, ek gaan gereeld kom inloer
LikeLiked by 2 people
Jy is baie welkom!
LikeLike
Buurvrou! Ek hou verskriklik van jpu aardse huisie met sy luukse leefkamer en die mooi uitsig. Die toilet met die uitsig is ‘n wenner!
LikeLiked by 2 people
Ek gaan kom loer tussrn jou boeke as jy nie omgee nie.
LikeLiked by 1 person
Jy is baie welkom en dan kan jy in daardie hangmat lê en lees.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Of jy kan daarin lê en ek sit lekker daar iewers by jou.
LikeLiked by 2 people
Dankie, buurvrou…daardie toilet is die beste!
LikeLiked by 1 person
Jy het ‘n pragtige huisie en die uitsig is wonderskoon. Baie goed gedoen Bytjie.
LikeLiked by 2 people
Dankie Hester.
LikeLiked by 1 person
IK WIL DEELNEMEN !!! (maar heb geen skakel 🙂 ).
Die toiletpot buiten is echt de max. Ik wil daar graag eens een drol of tien op draaien. Enkel als je belooft daar geen foto van op je weblog te plaatsen.
LikeLiked by 2 people
Geen foto..ek belowe.
LikeLiked by 1 person
In dat geval kom ik k… op de witte troon!
LikeLiked by 1 person
Welkom, oppas net vir skerpioene en slange.
LikeLiked by 1 person
Zij vluchten weg van de stank!
LikeLiked by 1 person
Ek will ook in Rebusfontein kom bly – dit lyk soos ‘n plek so na my hart – is daar plotte beskikbaar?? 🙂
LikeLiked by 2 people
Daar is nog ‘n paar huise oop!
LikeLike
Uitstekend! Hoop om binnekort daar te wees!
[Baie mooi fotos, veral die eerste paar – ek is mal oor die boesmantekeninge]
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, ek waardeer jou mooi woorde!
LikeLiked by 1 person
Het zou mij daar zeer bevallen, vooral op dat terras met die ligbedden. En dan uitkijken over dat mooie landschap op de laatste foto. Prachtig!
LikeLiked by 1 person
Dit is sowaar ‘n heerlike bed so in die buitelug, Bea. Dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person
Jy’s reg Dina – die fotos is n fees in eie reg!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy my nonsens kom lees het, Dries!
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie, dis jy en dink dit pas so goed, wow is al wat ek Kan se🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Ek is bly jy hou van my huisie, Virgo.
LikeLike
Kan ek asseblief altyd by jou kom piepie…
LikeLiked by 1 person
Jy is altyd welkom…onthou net in die winter is dit bitter koud in daardie badkamer!
LikeLike
En o my goeiste, jy het jou eie spa ingerig!!! Jou fooi per aand? Hier gaan ek gereeld wil inbook, geen probleem met jou voortplantende gogga nie
LikeLiked by 1 person
Daardie spa is my troefkaart om die Towerinne te lok!
LikeLike
Ons gaan jou drumpel deurtrap, maar agter jou geselskap aan.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, jy hang lekker uit man. Jou fotos lok n mens sommernader. Gelukkig bly ek net twee huisies van jou af. As die nood druk hol ek gou oor daar na jou toe. Jy het darem maar n lekker verbeelding hoor.
LikeLiked by 1 person
Daardie buitekleinhuisie gaan druk besoek word. Lyk my almal wil ‘n draai daar kom maak. Miskien moet ek ‘n fooitjie vra vir elke gebruik! Dankie vir jou gawe kommentaar, Scrapy.
LikeLike
Jy kan n pennie-slot daarin sit! Sal nogal werk om ouens in n ry te hou!
LikeLiked by 1 person
Hahaa, goeie idee!
LikeLike
Presies jy Perdebytjie 😂😂😂😂 en jou tuin. Ag jy maak my dag….en ja jy sou my definitief met ‘n blik Doom sien rondhardloop het.
LikeLiked by 1 person
Ek waardeer dit dat jy van my huisie hou…ek sal my goggatjies in toom hou, hoor! Gelukkig vir jou, bly hulle net op daardie Welwitchias en sal nie oorbeweeg na jou kant nie?
LikeLiked by 1 person
Ek bring my spaarvarkie saam….sal regtig betaal Om daar te sit en ontlaai…..Jou huisie is asemrowend
LikeLiked by 1 person
Spaarvarkie sal dalk te min hê vir al die besoeke..😃Dankie dat jy my huisie mooi vind.
LikeLike
This week your little duck was my favorite Dina – but must admit the bizarre porcelain also got my attention 🙂
LikeLiked by 1 person
Thanks for popping in and reading this fun blog. It probably doesn’t make a lot of sense.
LikeLike
Perdeby, dis nou Rebusfontein se toweragtigheid in aksie. Jou staning is mooi verby. Daai troon met uitsig. Mens sal kan dink daar. Jou tuin is vir my baie, baie spesiaal. Ons aardmoeder, jy.
LikeLike
Ag ek’s so bly jy is my buurvrou, ek gaan beslis dikwels daar in die weggesteekte deel kom kuier! (Daai goggas lyk maar grillerig, is jy seker hulle klim nooit van die plante af nie? Hoekom sit die ou dan op klippertjies?)
LikeLike
Amazing. The Afrikaans-Spanish translation was not optimal, but I think I got the jist of it. Are they on AirBn’B?
LikeLike
Lekker-rustig.
Die laaste foto lyk soos ‘n skildery ♥
LikeLiked by 1 person
Dankie Linda.
LikeLiked by 1 person
Mooi… en oulik!
Wat my die meeste laat smaail het is die wit plastiek toilet borsel wat so half weg gesteek word… miskien moet jy vir jou ‘n klein grasbesempie aanskaf om die k4kb4k te skrop!
😁😵😲😄
LikeLiked by 1 person
Hehe…so ‘n een vol wit pendorings!
LikeLike
Lekker skrop!
Ouch!! 😉
LikeLiked by 1 person
Solank dit nie die toiletpapier is nie
LikeLike
Ma sê sy sal enige tyd op so plekkie gaan bly waar daar nie mense is nie, Jou foto’s en storie is pragtig en ons is gek oor die huisie. Sy is ook lief vir goggas en dink hulle is te ougat, nes ek. 😀
LikeLiked by 1 person
Jy is welkom om hier te kom bly, solank jy nie te veel blaf nie, want die bure hou van die stilte.
LikeLiked by 1 person
Dankie en daar is nie sulke dinge nie want ons hou ook baie van ons stilte. Hoe minder mense, hoe minder sal ek gepla wees dat iemand ma sal pla. 😀
LikeLiked by 1 person
Another collaboration? Wonderful! If only the toilet paper holder wasn’t empty – that’s a problem!! Seriously, how beautiful, and books, too! What could be better. No, not shabby at all….and the Welwitschia! Oh! I am envious!! Great post, Dina!!
LikeLiked by 1 person
This is just an imaginary house that I made up out of interesting places that I have visited through the years. Most of it is in Namibia, my favorite country in the world!
LikeLike
I thought maybe that was what was happening but I wasn’t sure, thank you for explaining. I love that idea! Super!
LikeLiked by 1 person