Verdere verwikkelinge met die bytjies..

Maandagmiddag, ‘n week nadat die nes omgeval het, is daar skielik ‘n verskriklike gezoem en die hele agtertuin is vol vlieënde bye. Hulle vlieg in sirkels al bokant die swembad. Mens en dier vlug binnetoe en al die vensters word toegemaak. Vreemd genoeg was hulle nie agressief nie en na omtrent ‘n uur, groepeer hulle in ‘n struik, omtrent vyf meter van hul nes af…IMG_0619Daar sit hulle nou al die afgelope vier dae, rustig en geensins kwaai of agressief nie. Af en toe vlieg een of twee op, maar gaan onmiddelik weer sit in die bondel.

My nuuskierige geaardheid laat my wonder wat aangaan. Weereens gewapen met my tuisgemaakte byepak…img_0617-1lig ek die voëlbadjie se badgedeelte van die stam af en sien dat daar nie meer ‘n enkele by in die nes is nie.

By nadere ondersoek,word die raaisel van die vlugtende bye stelselmatig opgelos. Let wel, ek weet niks van bye af nie en dis slegs my eie waarnemings:

Van die heuningkoeke is pikswart en daar is weinig heuning in..IMG_0620

Kommerwekkend is die groot dele wat heeltemal gemuf is…IMG_0621

Hier en daar is ‘n dooie by en enkele larwes, wat spartel om weg te kom van my ondersoekende hande…IMG_0627

IMG_0634

Ek het die ou nesmaakplek skoongemaak en wonder nou of die swerm gaan terugtrek. Intussen sit hulle steeds saamgekoek in die struik langs die swembad.

Af en toe val een in die water en dan red ek hulle van gewisse verdrinking.Hulle is verbasend taai. Al lyk hulle morsdood, ontwaak hulle wonderbaarlik, daar op die warm bakstene langs die swembad. Na ‘n halfuur van lyf- en vlerkpoetsery met hul voetjies, styg hulle een vir een op en dáár gaan die gelukkiges.

Ek het dit toevallig waargeneem, nadat ek ‘n spul dooie bye met die skepnet uit die swembad gehaal het. Van die hele spul was daar later net omtrent drie wat dit nie gemaak het nie.Die res het stelselmatig ontwaak en weer gevlieg.

Nou is die reddingspan kort-kort daar met die net en kyk in verwondering hoe die “dooies” ontwaak en wegvlieg.

As iemand wat my blog lees, iets van bye af weet, sal ek graag ‘n mening wil hê van wat hier gebeur het.

45 Replies to “Verdere verwikkelinge met die bytjies..”

  1. Sjoe..dis nou interessant. Ek wonder wat het die nes laat muf in die eerste plek. Gaan hierdie blog volg. Ek wil ook nou weet hoekom hulle so opgetree het…

    Liked by 1 person

    1. Ek is nou al die hele week besig om te kyk wat aangaan en het bietjie gaan Google ook…lyk dalk soos “foulbrood disease”, maar ek sê weereens ek is nie ‘n kenner nie.

      Like

  2. Ag siestog! Ek hoop jy vind uit wat aangaan met hul nes en hoekom dit muf bytjie. Ek en Ma is net bly jy gee soveel om vir hulle om hul te red uit die water en ook te kyk wat jy kan doen om hul veilig te hou. Jy is baie dierbaar en jy lyk tog te oulik in jou selfgemaakte byepak. 😀 😘

    Liked by 2 people

      1. Hahahahha! Dankie Bytjie. Nee, ek glo darem nie alhoewel ek beslis nie naby hul sou gaan nie, maar as ek daar was weet ek jy sou my beslis beskerm het. 😀

        Liked by 1 person

  3. Baie interessant om te lees. Ek sien uit na ‘n verduideliking want ek het nog nooit so iets ervaar nie alhoewel ons vir jare lank ‘n byenes in ons dak gehad het.

    Liked by 1 person

  4. My kinders het n paar jaar terug korwe gehad en nogal ingegaan op die bye ding. Hier is spesialis ouens wat die bye dophou. Hul kom inspekteer ook die korwe om te kyk dat alles gesond en goed gaan. Ons het hier n indringer by wat die nes oorneem as hy kans kry. Klink vir my of daar dalkn swam is wat in die nes uitgebroei het. Jy moet maar probeer om n ander blyplek vir hulle te kry want hul gaan een of ander tyd wegtrek op soek na n plek.

    Liked by 1 person

  5. Fantastiese waarneming, Dina! As ek dit reg het koek hulle so saam wanneer die swerm n nuwe korf gaan soek – die onlangse gebeure het hul seker oortuig dis tyd, en nou die muf daarmee saam. Midde-in daai bondel word die koningin verskans.

    Liked by 1 person

    1. I still do not know what really happened, but the good news are that after disappearing for three days, the whole swarm came back and moved into the birdbath pedestal again!Because I cleaned it out, they can start afresh…I am so pleased.

      Liked by 1 person

  6. Sjoe… slegte nuus, goeie nuus, slegte nuus… weer goeie nuus!
    Hulle is weer by die huis!
    Ek het ann die begin gedink dis ‘n afstigting, dis wat hulle doen as die nes te klein raak – dan gaan soen van die bye ‘n nuwe nes, met ‘n nuwe koningin saam.
    Maar, lyk my hulle is uit daar omdat daai witgif hulle verdry het!
    Jy gaan een van die dae die Eugenie Marais van bye wees! 😉

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +