Hoofstuk 9 …Coronamouna.


Hier is die negende hoofstuk van ‘n nuwe bloguitdaging : Die storie oor die Towerinne en Coronamouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9

Bloggers sal skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te

NB! Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.

https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Die volgende berig verskyn vanoggend in die Adder, plaaslike koerant van Pofadder:

Die situasie op ons buurdorp, Rebusfontein, lyk uiters bleek. Ons verslaggeefster van virusse en bonatuurlike verskynsels, me Broodina Barber, berig dat verskeie faktore daarvoor verantwoordelik is.

Me Barber, wat klandestien poseer, as ene me Corona, het haar tuisgemaak in ‘n verlate houthuisie, net buite die dorp. Vandaar kan sy ongestoord die pettalje dophou.

Daar is gerugte van ‘n moesieneusheks, wat kekkellaggend op ‘n besem rondvlieg. Sy koester glo spinnekoppe wat sy kan toor om so groot soos huise te wees. Klaarblyklik is twee van die inwoners gemesmeraais deur só ‘n reuse wyfiespinnekop. Hulle lê tans soos babatjies, in haar harige voorpote en kyk met benewelde bewonderende oë op na die dierasie, terwyl sy met ‘n grieselrige taai tong, haar lippe smakkend aflek.

Etlike van die inwoners hardloop wild en wakker rond met bottels Doom en daar heers glo algehele chaos. Lorenzo, ‘n buitengewoon aansienlike spierpaleis en die enigste manlike inwoner op Rebusfontein, weet nie meer herwaarts of derwaarts met die dorp se paniekerige vrouens nie. Camilla, die seksieste pop in die suidelike halfrond, het nou ‘n goeie verskoning om aan Lorenzo se magtige biseps te klou, terwyl sy sagte kermrige murmelgeluidjies in sy oor maak. Camilla is ‘n ou kalant, opgewasse om enige situasie uit te buit.

Ons verslaggeefster het later per ongeluk laat val dat sy by aanblik van hierdie romantiese toneel, gelyktydig geril het van pure jaloesie én lekkerkry.

Meeste van die dames is ook sterk onder die invloed van verskeie saamgeflansde drankies, wat tydens grendeltyd orals op die swartmark te koop was. Me Barber het ‘n nota hiervan gemaak, vir latere optrede teen die sondaars.

Volgens alle aanduidings, is spinnekoppe verantwoordelik vir die klein onsigbare stekelrige balletjies, wat tans die hele mensdom gevange hou. Dit gaan ‘n groot ingryping kos, om hierdie netelige situasie om te keer. Die Rebusfonteininwoners is teen hul wil geforseer om op te tree, want die wêreldekonomie en die hele Pofadderdistrik is lamgelê deur hierdie klein pestilensie.

Skielik sonder enige aanduiding, verander die hele atmosfeer. Die dorp se spinnekopvanger het vanuit die niet opgedaag en slaan ‘n reuse Cosulkênfroetbottel bo-oor die spinnekop. Die harige gedierte skrik só, dat sy haar twee gevangenes in die lug opgooi, voordat die bottel op haar toeslaan. Hulle trek soos vrot velle deur die lug, maar die dorp se spierpaleis vang een in elke arm en sit hulle saggies neer. Camilla is egter saam met die spinnekop in die bottel vasgevang en nou is daar werklik ‘n dilemma.

Ons suidelike seksieste pop, laat egter nie op haar wag nie. Sy pluk haar bloedrooi stiletto’s uit en slaan met mag en mening die spinnekop se ses oë uit met die spykerhakke. Die stomme arachnida sterf daar en dan ‘n gruweldood en die dorpsinwoners juig en is skielik almal nugter.

Me Barber het gisteraand voor druktyd uitasem in haar knallende blou rokende Uno, na ons kantoor aangejaag gekom, sodat ons vir u, ons getroue lesers, vanoggend, die scoop van die dekade kon lewer.

Hierdie is lank nie die einde van hierdie bonatuurlike gebeure nie en ons noop u om hierdie koerant fyn dop te hou vir verdere verwikkelinge.

Klem de Kaak. (Redakteur)

Woordnoot moet die storie verder van hier af neem.

64 Replies to “Hoofstuk 9 …Coronamouna.”

  1. Welgedaan, perdebytjie, jy het tot ons redding gekom.

    O nee, wat van my. Wat het van my geword! Perdebytjie, ek kry nie meer asem in die kokon nie, ek is te vet gevoer!

    Liked by 1 person

        1. So wat jy nou eintlik sê, is dat jy nie aan ń plan kon dink om my te red nie. Perdebytjie, hierdie inligting is nie goed nie!!! Jy wat als van spinnekoppe af weet, jy weet nie hoe om my te help nie?

          Liked by 1 person

  2. Lank vandat ek van u gehoor het, is ek gretig om u hier te ontmoet.
    As ‘n Vlaming verstaan ​​ek Suid-Afrikaans baie goed, maar om dit te skryf gebruik ek Google Tranlate
    Mooi inisiatief wat u hier neem.
    Ps: Ek het my blog heeltemal omskep in Fotografie en elkeen wat dit besoek, kan dit met een klik vertaal via die Google Translate Widget. Ook in Suid-Afrikaans.
    Groete uit België
    Theo 😀😄

    Liked by 2 people

    1. Hallo Theo. Ek was baie stil en het bietjie weg gebly van blogs. Soveel het hierdie afgelope jaar gebeur en tyd het so gevlieg. Ek hoop om weer meer hier te kuier en ek sal beslis ‘n draai maak by jou interessante blog.

      Liked by 1 person

      1. Nou ja, u het my baie ondersteun toe ek my vrou se verlies gehad het.
        U het my die rede gegee dat ek weer die draad rondom fotografie sou opneem.
        Nou wil ek u dieselfde aanmoediging gee in moeilike tye.
        En boonop het ek dit later met iemand bespreek dat ek die geld wil bespaar om volgende jaar The Land of my Dreams te besoek.
        groete
        Theo

        Liked by 2 people

  3. Jy moes verslaggeefster (of is dit nou gewer?) geword het Perdebytjie. En natuurlik fotograaf daarby. Bly om te hoor wanneer die nood druk jy ‘n spinnekop kan laat vermorsel… nogal met Camilla se stilletos bygesê 😂😂😃 Welgedaan!!!

    Liked by 2 people

  4. Goeie genade Perdebytjie, jou verbeelding het vleuels ontwikkel en hoog gevlieg. Dit was sommer ‘n lekkerte-riller om te lees – een wat darem ‘n goeie einde gemaak het aan ten minste een van die probleme. Puik skrywe.

    Liked by 2 people

  5. Mooi man, die verslag het ons bietjie insig gegee in dele wat ons nie almal meegemaak het nie want ons is in die bosse besig om die grot te bekruip. So eintlik is Broodina en Corona dieselfde persoon en Kameel ken haar? Of hoe werk dit nou weer? Spannend suster, spannend. Ek stem saam dat Una dalk haar koekon so groot kan rek sodat as sy haar asem inhou, sy kan uitklouter dalk? Ons sal n aartappel in Broodina se Uno se uitlaatpyl moet steek sodat hy nie die lug so besoedel nie.

    Liked by 2 people

    1. Ag tog Scrapy, jy dink ook aan alles 😂😂😂 Onthou nou om die aartappel in die Uno te gaan indruk!!! Ek ken Coroma… maar definitief nie vir Broodina nie… van kindertyd af. So ek krap ook kop.

      Liked by 1 person

    2. Hehe, Scrapy… uitstekende plan! Dalk skiet daardie aartappel uit en lanseer vir Broodina en haar ingeduikte Uno, in ‘n wentelbaan om die aarde. Dan is ons vir ewig van haar ontslae!🤣🤣

      Like

      1. Haha, Ek het eintlik bedoel dat die gasse binne die Uno opbou en haar dan bedwelm. Die wegskiet met aartappel klink eintlik beter. Onthou net ek gebruik ook die lugruim. Die aartappel beter haar ver weg skiet sodat sy nie naby enige ruimtestasie kan uitkom nie.

        Liked by 1 person

    1. Brian , this was just a fun story that was written by fourteen Afrikaans ladies. We really made up lots of nonsense and each one had to take the story further. I actually wrote how a huge life like spider came to a gruesome end, when one of the ladies in the story, whacked it’s six eyes out with her stilettos. As you can see, it was a whacky story. I used to wear heels like that, when I was very young. You won’t find me wearing such shoes, even if you paid me a fortune!😂😂

      Liked by 1 person

      1. Got the idea. You are doing a “cadavre exquis” writing a story with several writers. I don’t know why the translator’s gone. Another example of computer nonsense.
        Those are murder heels. Can’t imagine how anyone can walk on those shoes
        👠
        Tot ziens Sis.

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +