VVVTT Towerinwêreldtoer. Hoofstuk 4 deel 1.

Hierdie hoofstuk vorm deel van die uitdaging vir Afrikaanse bloggers wat as die Towerinne bekend staan. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar, onverklaarbaar. Maar nie vir die Towerinne nie.

As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die eerste hoofstuk te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.

Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Sou jy graag deel van hierdie avonture wou raak en self ‘n hoofstuk saamskryf, kan jy dit ook in die kommentare noem.

Die V(Vlieënde)V(Virus)V(Vlugtende)T(Towerin)T(Tent) ruk en skud toe ek (Perdebytjie) die Kwien op die muntstuk, se neus vryf. Sy moes beslis ‘n niesbui gehad het, maar gelukkig stabiliseer die tent en ons vlieg op ‘n gemaklike spoed deur die lug, oppad na Perreby se gunsteling plek…Namibië!

Die tent maak ‘n sagte landing in die droë Hoanibrivierbedding. Voordat die tentflappe behoorlik oopgaan, gil die klomp Towerinne van verbasing want ‘n pragtige leeuwyfie kom doelgerig op ons afgestap om te kyk watter vreemde voorwerp in haar domein geland het…IMG_8059Gelukkig het ons towertent ‘n selfbeskermende funksie en verander in ‘n lekker digte bos. Mevrou leeu stap rustig verby.

Net toe almal dink dis veilig om uit te klim, gil Bondels waarskuwend, dat daar nóg ‘n leeu is, dié keer, ‘n befoeterde kraagmannetjie, wat ons kwaai aangluur…IMG_8162

Die towertent lig outomaties op en vlieg verder tot by ‘n rotsagtige wal, langs die Hoanibrivier. Terwyl ons so in die lug hang sien ons ‘n pragtige gesig…’n leeuwyfie wat gemaklik teen die krans afklim…IMG_8218

Die Towerinne snak na hul asems toe hierdie toneel hom afspeel in die Dubispoort, net ‘n entjie verder…IMG_8356

Asof dit nou nie vir genoeg opgewondenheid sorg nie, sien ons hierdie ou olifantbul rek en strek, om blare van ‘n Anaboom af te stroop…IMG_7896

Steeds is dit nie die einde aan verrassings nie. Oor die heuwel verdwyn twee kameelperde…IMG_8419

Uiteindelik na ‘n opwindende dag, land ons tent op ‘n verlate plek, waar netjiese tente met gerieflike slaapmatrassies op ons almal wag..IMG_8018

Die spulletjie kreun en steun om by die tente in en uit te kruip, maar na ‘n paar knertsies  Franjelico en ander saamgeflansde tuisgebroude konkoksies, om die lieflike kampvuur, raak dit al hoe makliker…IMG_8031Hulle kom nie eers agter dat daar geen geriewe is nie en plons later net so vuil neer op die slaapgoed, ala Towerinstyl..enige iets is moontlik!

Die volgende oggend sweef ons tent vroeg-vroeg Noordwaarts na Purros. Die Towerinne sien taamlik gehawend daaruit, maar toe hulle hoor daar is ‘n dorp en ‘n winkel, helder almal sommer dadelik op. Soos net vrouens kan, bespreek hulle opgewonde wat hulle alles gaan koop en hoe hulle lekker gaan stort by die dorpshotel. Perdebytjie lag skelmpies in haar mou, want dít is die winkel…IMG_8058en van ‘n hotel met stortgeriewe, is daar geen sprake!

Die naaste wat ons nou aan water kom,  is die yl watertjies van die Hoarusibrivier. Hier wag ‘n vier by vier voertuig op ons en die tent word netjies weggepak. Die verskeie warm en koue lugstrome oor die woestyn, sal ons tent in ‘n spiraal boontoe suig, of laat neerplons met nare gevolge…IMG_8066

Ons ry uit die Hoarusbrivier Noordwaarts en die omgewing verander na dor en onherbergsaam.Die volgende toneel laat die Towerinne na hul asems snak. Dit staan bekend as die kleikastele…IMG_8539Daar word vermoed dat die Hoarusib miljoene jare gelede ondertoe geblok is en hierdie klei-neerslae so gevorm het.

Skielik sien ons dit…IMG_8076Ons volg hierdie olifantspore vir meer as dertig kilometer, voordat dit terugdraai rivier toe. Daar is absoluut niks, maar hy stap!

Fantastiese tonele soos hierdie…IMG_8085

en hierdie…IMG_8557

volg. Om ‘n draai kom ons af op hierdie interessante rots, wat bekend staan as Die Ysbeer…IMG_8112

Naderby lyk dit so…IMG_8114

Verskeie kopsere as gevolg van die vorige aand se mildelik vloeiende voggies, roep nou om koffie en ontbyt. Dis net hier in ou Ysbeer se skaduwee, waar ons afpak vir ‘n boerelafenissie…IMG_8118

Die verlatenheid en stilte is onbeskryflik…IMG_8124

Na ontbyt ry ons verder, kilometer na kilometer. Almal raak al hoe stiller, want skielik tref die besef hoe nietig die mens in werklikheid is. Uiteindelik is daar ietsie van die beskawing in sig…toe net ‘n naambordjie en ‘n uitsig sewe dae in die toekoms in…IMG_8138

Hier moet ons regs draai, want niemand word sonder ‘n gids in die Skedelkuspark toegelaat nie. Skielik is daar ‘n beroering onder die Towerinne. Frannie beduie opgewonde dat doer ver iemand onder ‘n boom sit. Nou babbel dit opgewonde en Toortsie haal dadelik een van haar banting broodjies uit ‘n Tupperbak, om vir die arme siel te gee. Die ander klomp bespiegel nog, waarom iemand op so ‘n verlate plek sal sit onder die enigste witgatboom in honderde kilometers…IMG_8150

Dis toe al die tyd een van Kaokoland se geheimsinnige klipmanne…IMG_8142

(Word vervolg)

NS. Die verhaal is suiwer verbeelding, maar die foto’s is in ‘n kronologiese volgorde van ‘n werklike toer deur Kaokoland en Hartmannvallei.

 

 

51 Replies to “VVVTT Towerinwêreldtoer. Hoofstuk 4 deel 1.”

  1. Jy weet wanneer ek aan jou dink sien ek daardie verlate tentjie in die boendoes. My hart het toe al benoud geklop…. en hier vat jy my sowaar in daardie verlatenheid in. Die naaste wat ek aan die natuur kom is saam met jou Perdebytjie. Soos altyd pragtige fotos. Dankie vir die interessante toer… maar meer water sou lekker gewees het. Jy het ons ‘n lekker streep getrek met jou winkel en hotel storie. 😊

    Liked by 5 people

  2. Ai, dis te heerlik so saam met jou. Klink of jy die towerinne se asems skoon weggeslaan het. Daardie olifant so van onder afgeneem is kosbaar. Mens kan elke voutjie in die slurp sien. Die klip mannetjie is ook te dierbaar. Amper het hy n banting broodjie gekry! Dis nou n regte rustige besoek na die donkie en perdry sessies.

    Liked by 1 person

    1. Daardie olifant was so naby dat ons sy asem kon ruik. Hy het op ‘n wal gestaan, dis hoekom ek hom so van onder kon afneem.Dankie dat jy saam getoer het, Scrapy.

      Like

  3. Perdebytjie, jy weet mos my hart hunker so erg Namibië toe, en sowaar daar vat jy ons. Dit was inderdaad nou ń heerlike toer deur ń onbekende gedeelte, dankie!

    Liked by 1 person

  4. Uiteindelik kom ek ook by die blog uit en die wag was die moeite werd. Die omgewing, en jou foto’s, is asemrowend. Namibië is ‘n besondere mooi land, maar ons het gewoonlik net van Springbok af deurgery tot by die Etoshapanne en dan ‘n paar omliggende plekke ook besoek. Wonderlik om die meer afgeleë plekke te sien. Die Towerinne was beslis opgewonde oor al die diere. En die gebrek aan ‘n bad was darem nie so erg vir hierdie Namakwalander nie 😀 Dis ‘n heerlike toer Bytjie, ek sien uit na Deel 2.

    Liked by 1 person

  5. Oe wow, ek hoop een dag kan ek dit regtig beleef. Ek het geen smaak vir winkels en hotelle, die tent is heel gaaf dankie. En daai olifante!!!! My gunsteling dier❣jou fotos is so mooi, dit voel of ek regtig daar was. Sien uit na die volgende

    Liked by 1 person

  6. Daardie olifant is sekerlik van die oorspronklikste hoek ooit afgeneem, dis regtig treffend. (Wanneer vat jy my terug tent toe – my kop is seer en ek is soooo stowwerig…snikkie…) Op ‘n eienaardige manier maak die naam van daardie winkel my skoon hartseer: iemand ver in die bundu se passie wat in naamgewing tot uiting kom…

    Liked by 1 person

    1. Ons gaan binnekort weer die tent oopvou. Ek sal die spesiale knoppie druk wat die lieflike badkamer onthul. Ek wou maar eers hê julle moet werklike wildekampering beleef🤪
      Ja daardie winkeltjie staan in die middel van nêrens en ek dink meeste van die mense in daardie ylbewoonde dorpie,Purros, was nog nooit iewers anders nie.

      Liked by 1 person

      1. Umm, ja…ek doen nie eintlik kampering nie, newwermaaind nog werklike wildekampering, oftewel WWK…verkies die luukse van ons VVVTT. Maar om daardie ongerepte natuur te kon beleef, was ‘n ongelooflike voorreg.

        Liked by 1 person

  7. Oukei…kom ons praat besigheid na hierdie asembenewende toer…hoeveel gaan jy my vra om as gids my regtig soontoe te vat, want dis op my bucket lys en ek sal dit saam met niemand anders wil doen nie….dis amazing amazing amazing!

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir jou vertroue in my. Ek hoop ons sal dit eendag kan doen. Ek moet darem sê ons het ‘n gids gebruik. Dis maar die heel beste en veiligste, want dinge kan gou verkeerd loop. Ons het al sulke trippies op ons eie gedoen, maar jy moet jou storie ken en goed gerat wees daarvoor.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +