Spore van die geheimsinniges

Kaokoland met sy woestynolifante, is ‘n wonderwêreld vol verrassings!Twee jaar gelede het ons hierdie geheimsinniges se spoor gevat en dit het ons stoutste verwagtings oortref.

Met hulle spesiaal aangepaste groter pote,kan die olifante makliker in die sand beweeg.Hulle behoort tot dieselfde spesie as die Afrika Olifant,maar met ‘n kleiner borskas,wat hul bene langer laat vertoon.Hierdie diere is ontsettend goed aangepas en beweeg heen en weer in die rivierbeddings van die Ugab,Hoab,Abba-Huab,Uniab,Hoanib en Hoarusib.Hierdie pragtige name klink net so geheimsinnig soos die diere wat in hierdie onherbergsame landstreek woon.

Dit verg harde werk en baie beplanning om so ‘n tog te onderneem en ek wil nie te langdradig wees nie..net die interessantste dinge vertel.

Groot was ons opgewondenheid oor die eerste spoor in die Ugabrivier! 

En hier is hulle!Hulle is bekend daarvoor dat hulle baie agressief kan raak en hul spasie moet te alle tye gerespekteer word!

Modderbad by Purros,(klein Herero-gehuggie)in die Hoarusibrivier.

Landskap naby Purros.Droë berge weerkaats in die helder water!Amper te goed om waar te wees in hierdie ongenaakbare landskap!

Nog ‘n verassing..vars leeuspore in die sand!Ook in die Huarusibrivier.

Vars karkas van ‘n gemsbok.Die leeus het vir ons gevlug,maar ons het hulle tog te siene gekry,waar hulle tussen riete weggekruip het.Hulle is baie sku,omdat hulle gereeld deur mense verwilder word.Die plaaslike bevolking skiet ook na hulle en ons het onlangs gehoor dat die laaste leeus in hierdie omgewing,uitgemoor is!Hoe hartseer tog!

Volgende keer vertel ek meer van hierdie interessante wêreld!

21 Replies to “Spore van die geheimsinniges”

  1. Ag, en daar is ‘n ou kleintjie by! Nog ‘n rede om mens se afstand te hou, ne! Ons het graag gereis, veral in Namibie en Botswana. Ander plekke ook, soos Malawi, Zim en Zambie. Maar nou raak ons ouer en dis net of ons stadiger beplan en minder gereeld reis. Oorsee is natuurlik maklik. Dis die kampeerdery wat aan die een kant so heerlik is, maar tog ook werk vir ou lywe.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +