Uiteindelik kry ek kans om te vertel waar ek was.Ons was vir tien dae in die Pantanal in Brasilië.Dis die grootste moeras in die wêreld,selfs vyftien keer groter as die Okavango in Botswana.Dis ‘n ongelooflike plek wat wemel van vreemde lewe.Dis die woonplek van die Nuwe Wêreld se grootste kat,die Jaguar.Dit spog ook met die grootste knaagdier op aarde genaamd die capybara.Die grootste papegaai nl die hyacinth macaw asook die besondere toco toekan kom ook hier voor.Die wêreld se grootste slangsoort,die groen anaconda,die kontinent se swaarste landsoogdier,die Suid-Amerikaanse tapir(soort miervreter)kom ook hier voor.Verder is dit die grootste vergaderplek van krokodille,die yacaré caiman.
In die volgende paar blogs sal ek breedvoerig vertel van die verskillende voëls en diere.
Onthou om te kliek op die foto’s om beter te sien.
Ek geniet ….!!!! sien uit na die res.
LikeLike
Dankie Dirkie.Ek hoop nie ek gaan julle verveel nie,want dit was so besonders,dat ek dit moet deel.
LikeLike
WOW! Brasilië! Dit het ek nooit verwag nie!
Ek is sommer groen jaloers! 🙂
Ek kan nie wag vir die volgende inskrywings nie! Ek reis lekker saam hier! Bly julle is veilig terug weer.
LikeLike
Dit was regtig ‘n wonderlike ervaring.Ons was op ‘n fotografie toer
LikeLike
Ag nee, nou is ek EERS jaloers!
Jinne dis rerig iets wat ek ook eendag sal wil doen!
LikeLike
Ag sluit tog die foto’s goed toe dat ons saam kan geniet! Kan nie wag vir veral die diere nie.
LikeLike
En (skuus Lou) julle kom maak nie eers ‘n draai nie. Ons is relatief naby en dreig nou al hoe lank om te gaan. Jou mooi foto’s en beskrywing, sal ons dalk motiveer. Ons eerste bestemming in daardie rigting, is ‘n plekkie met die naam Bonito.
LikeLike
Ek het nogal gewonder of julle al daar was.Die voëllewe is ongelooflik.Ongelukkig is die tonele by jaguars bietjie woes…bote vol mense wat histeries foto’s probeer neem.Sal nog daarvan vertel.
LikeLike
Sjoe – ongelooflike fotos. Ek hou van die flotel…wonder hoe dit voel as rippel watertjies jou aan die slaap sus… van spokie
LikeLike
Ons was vir ses volle dae net op bootjies en die flotel en toe ek weer op vaste aarde kom,het ek twee dae lank gevoel of ek op en af dein.
LikeLike
Natuurlik wil ek nou eerste weet hoekom het julle soontoe gegaan, die tweede wat ek wil sê ek hoop jy was elke oomblik dankbaar vir die ervaring, want ek sal my voortande gee……maar ek is ook dankbaar want nou kan ek sommer deur jou oê kyk, wag in spanning vir die volgende aflewering……
LikeLike
Ons was op ‘n fotografietoer saam met ‘n ekspert wildlewefotograaf.Dus ons wou leer en natuurlik was dit ook om ons liefde vir die natuur uit te leef.
LikeLike
Wat ‘n voorreg 🙂
LikeLike