Een goeie rede waarom…

luiperds so goed aangepas is en in moeilike omstandighede kan oorleef.

IMG_7477
Hierdie bokkie is twee dae lank in die hardekool gestoor.Hardekool is ‘n uiters moeilike boom om te klim..daar is nie maklike vasgrypplek vir katnaels nie.Verder is dit ‘n baie hoe boom en daardie prooi was heel veilig.
IMG_7618
Mevrou luiperd het gekom om haar kos te kom haal.Dit was omtrent ‘n gespook!
IMG_7620
Wikkel,ruk en pluk en mooi manuvreer om die bokkie uit die mik te kry.
IMG_7623
Amper daar!Kyk hoe balanseer sy met haar stert.
IMG_7626
Nou die aftog..onthou dis ‘n verskriklike hoe boom.
IMG_7630
Swaartekrag en balans is wat nou tel,anders val sy haar te pletter.Let op hoe steek die bokkie se kop aan die regterkant uit.
IMG_7645
Lekker,sy gaan nou iewers op ‘n veilige plek smul aan haar buit.

25 Replies to “Een goeie rede waarom…”

  1. Absolute stunning foto’s Dina! Ek bewonder hierdie groot katte altyd. So soepel en rats en beslis baie sterk en hulle is regtig slim.

    Baie dankie vir die deel. Hierdie ‘virtuele kuiertjies’ doen my goed. 😆

    Like

    1. Baie dankie Sonel.Ek het altyd gesê ek neem nie foto’s van diere nie.Ek wil dit net geniet om vir hulle te kyk.Nou het die gogga my gebyt.Ek wil op ‘n stadium ook begin klein goedjies afneem.Watter soort kamera en lens gebruik jy?

      Liked by 1 person

      1. hahahah! Ja, dis moeilik om net te ‘kyk’ en ander dae verstom hul mens so dat mens skoon vergeet om foto’s te neem. 😆

        Ja, as daardie gogga eers gebyt het, dan is dit tickets. Ek neem al foto’s vandat ek kan onthou. My eerste kamera was een van daardie ‘instant polaroids’. 😆

        Beslis nie so fantastiese kamera soos jy nie, maar ek is happy met my ou kameratjie, en die maak en model is op my about page, maar die Canon EOS 7D Mark III, met ‘n macro en telephoto lens is op my lys wanneer ek eendag daai lotto wen. 😆

        Liked by 1 person

  2. Jou geduld werp ongelooflike resultate af ! Interessant dat sy nie net die bok laat val en dan agterna spring nie. Sy is seker ‘n smulpaap wat nie van gekneusde vleis hou nie 😉

    Like

    1. Die rede daarvoor is dat sy nie onnodig aandag wil trek met lawaai nie.Voor die tyd het sy tot bo in die boom geklim en lank die wereld bespied.Die hele proses het omtrent ‘n halfuur geduur.Alles word fyn uitgewerk,anders is sy haar kos kwyt of selfs deel van ‘n verwoede geveg.

      Like

  3. Sjoe – uitstekend! Waar het jy die afgeneem? Ongelooflik. Ek wou by jou en Sonel se gesprek kommentaar lewer, maar was dit toe. Miskien moet jy dit oopstel vir bietjie meer kommentare.

    Ivm kameras het ek gelees in die nuwe Weg! tydskrif. Toast Coetzer, hul fotograaf, beweer dat kameras hul hoogste tegnologie bereik het. Daarom selfone se uitstekende mik-en-druks vandag. As jy dus ‘n goeie kamera het en dis nie ouer as 4 jaar, moet jy liewers kyk na ‘n beter lens, perdebytjie. Dink jy daars iets fout met joune? As ek reg onthou het jy goeie kamera …

    Like

    1. O nee,Spokie, daar is niks verkeerd met my kamera en lens nie.Ek het net gewonder watter soort lens Sonel gebruik vir haar pragtige makrofotografie.Lyk my mens moet ‘n oog he vir daardie klein goedjies.Sy doen dit fantasties.

      Like

      1. Ja, sy is vrekgoed. Iewers op haar blog het sy beskryf hoe sy dit doen. Ek dink net dat sy haar tegnieke en instelfunksies vervolmaak het. Volgens haar (lees bietjie onder haar ‘about me” hoofmenue) meen sy nie dat sy ‘n uitsonderlike kamera het nie.
        Sy praat ook van ‘n gratis program wat jy kan aflaai om fotos te ‘edit’. Wou dit nog gedoen het …
        Hoop sy antwoord ons hier … anders het ons openlik oor haar geskinder. (Gllimlag)

        Liked by 1 person

    2. Spokie ek het dit in die Sabie-Sand reservaat geneem.Blykbaar is dit Sonel se kommentare wat gesluit is.Sy se dit sluit na vier dae.

      Like

      1. Pfffft! Julle sit en skinder lekker van my né? 😆 Gewoonlik lees ek nooit kommentare van ander nie – en ek het gee idee hoekom ek hier geland het nie. Julle is altwee baie dierbaar met jul mooi kommentare maar ek is regtig nie so goed nie en my kameratjie raak ook nou al oud. Nes ek. 😛 Ek het ook bietjie gagga gevoel, maar dit gaan nou bietjie beter. Dis goor om oud te word. 😆

        In elk geval, die gratis program wat ek gebruik is Photoscape.
        http://www.photoscape.org/ps/main/download.php en ek gebruik dit meestal om my foto’s te resize en bietjie meer kleur te gee en so nou en dan ‘filter’ ek dit so bietjie. Hang af hoe ek voel. 😀

        Nouja, skinder maar verder. Ek watch julle. 😆 ♥

        Liked by 1 person

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +