Sophia…
Dis vreeslik moeilik om ‘n naaldekoker in vlug af te neem.Hierdie insek hang soos ‘n helikopter in die lug voor jou.Net as jy dink jy sien sy gedaante in die lens en jy wil fokus,skiet hy weg!Dis interessant om hom dop te hou,want hy kom weer terug na min of meer dieselfde plek,hang rond,jy probeer fokus en weg is hy weer!
Na ongeveer dertig probeerslae en ‘n goeie uur se gespook,het ek een ou foto’tjie gekry,wat min of meer bruikbaar is.
Sjoe, dis pragtig! Wanneer hoor ons weer iets oor jou blou-oog kleinseun?
LikeLike
Een van die dae!Jou kleinkind is seker ook al yslik groot?
LikeLike
Sy is nou 16 maande oud en baaaie besig. Al wanneer daardie lyfie stilsit, is as ons ‘boekie lees’. Dis wonderlik om te sien hoe sy taal bemeester!
LikeLiked by 1 person
Beautiful! Hy sal op my lens moet sit vir my om n foto te neem 😊
LikeLiked by 1 person
ABSOLUUT BRILJANT, DINA!
Ek kan nie onthou dat ek al ooit n foto van n naaldekoker in vlug in n “amateur” se portfolio gesien het nie. Jy’s beslis geen amateur nie!
LikeLike
Hehe,as jy sien hoe ek gesukkel het…dit was blote geluk!
LikeLiked by 1 person
Pragtige naaldekoker – ek verwonder my altyd aan hullel fyn vlerkies.
LikeLike
Dis soos ballerinas se syrokkies.
LikeLiked by 2 people
Pratige foto. Jou probeerslae het darem iets opgelewer. My kamera neem nie sulke naby fotos nie. Ek is nog n regte leerling met die fotonemery
LikeLike
Jy het nie ‘n idee hoe ek gesukkel het nie!Maar dit was pret.
LikeLike
Lekker man
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Dina, dis pragtig! Ek wens ek kan hul so afneem as hul vlieg, maar hel, hulle is vinnig hoor. Ek is mal hieroor en vrek oor jou edit wat jy gedoen het in Photoshop. Die ‘gritty’ effek laat dit so mooi uitstaan. Dankie skat! Ek is altyd bly om te sien as ander ook die editing so geniet. 😀 ♥
LikeLike
Ek het nou die punt bereik waar ek nie meer bang is om oorspronklike foto’s te verander nie.Aanvanklik het ek gedink dis verneukery,maar omdat almal dit doen begin ek gewoond raak aan die gedagte.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly om dit te hoor. Die punt is, dit is jou foto’s en as jy kreatief met dit wil raak, het dit niks met enigiemand anders te doen. Hoekom ander dit as verneukery sien, weet ek ook nie. Almal sien dinge soos hulle wil. Mense hoor ‘n storie en las stertjies aan en skinder oor ander – dis verneukery. Om ‘n mooi foto net nog mooier te maak sodat ‘n plesier vir die oog is en iets in ‘n ander wakker te maak, is nie verneukery nie. Dis kuns. Ek dink die lot wat so kla en sê dis verneukery, is net naar omdat hulle nie weet hoe werk die ‘verneuk’ programme nie. LOL!
Geniet! 😀 ♥
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n wow foto!
LikeLike
hehehehe… ek probeer nie eers nie
Pragtige foto’s soos gewoonlik
LikeLiked by 1 person
Jy het baie geduld bytjie. 🙂 Die detail in die vlerkies is verbasend. Naaldekokers is maar skaars hier by ons. (Die bloues is my gunsteling)
LikeLike
Ons het by ‘n watergat gesit en daar was niks anders as hierdie naaldekoker.Sommer lekker gewees om hom te probeer “vang”.
LikeLiked by 1 person
En ek het gedog dit is moeilik om kleintjies af te neem wat gedurig uit jou foto uitloop 🙂 Jou geduld het vrugte af gewerp, mooi foto.
LikeLiked by 1 person
Sjoe – uitsonderlik! Dit verg baie geduld. Het self nog nooit probeer.
LikeLike
Hartlik geluk! Ek bewonder mense met sulke geduld. Well done
LikeLiked by 1 person
Goed gedoen, ek weet dit is nie maklik nie.
LikeLike
Dankie Tokeloshe,ek het eintlik al vergeet van hierdie pos.Moes eers gou weer kom lees.Dit was vrek moeilik om hierdie foto te neem.
LikeLiked by 1 person