Die spooookhuis!

Ter aansluiting by Toortsie se inskrywing. https://toortsie.wordpress.com/2015/10/28/melkkamer-se-spook/

Ons was so drie weke gelede in die De Hoopnatuurreservaat en het tuisgegaan in hierdie einste huis waarvan Toortsie geskryf het.Ek het geen slegte gevoelens ervaar nie,maar met my skeptiese geaardheid is dit ook nie vreemd nie.Ons was wel heerlik vermaak deur die personeel met al die stories van hoe die spook hulle gereeld “gryp”!Dis die term wat algemeen daar ingespan word om ook op die lysie van beSPOOOKtes te kom.

Saans om die vuur in die donkerte het die kok en ons oulike gids,ons vermaak met hulle stories van die spookgrypery!As mens jou verbeelding laat gaan,kan mens nogal erge hoenderveloomblikke vir jouself opklits.Dis stikdonker wanneer die kragopwekker af is.Die ou huis se vloere kraak en klink soms of dit asemhaal.In die dak maak ‘n spul duiwe nes en hulle pote krap-krap so op die plafon.Voor die son opkom,glip massas vlermuise ook terug na hul skuilplekke op die dakbalke.Die gepiep en gefladder kan maklik klink soos die spook se laken wat aan ‘n spyker van ‘n balk vasgehaak het en hom verwoed laat rondspartel.Dis genoeg om iemand met dun nerwe te laat verbeel daar is ‘n verlore siel iewers vasgevang!

Verder is daar ook nie gordyne voor die vensters nie,net luike wat van buite af toegemaak kan word.Nou moet julle weet,daardie spook kyk al vroegaand van buite af in en slyp sy spooktande vir wie hy volgende kan “gryp”!

Die hele storie het begin met die selfmoord van ‘n man. Hy het homself glo opgehang in die perdestal,wat jare gelede vir spog renperde gebruik is.Ek dink die storie het deur baie jare sterte gekry en niemand weet meer wat regtig gebeur het nie.

Ek weet net…hy “gryp” gereeld iemand……

IMG_9682
Eerste blik van die Spookhuis,wanneer mens per boot oor die vlei soontoe geneem word.
IMG_9681
Hierna is dit die gesig wat mens begroet…die pragtige huisie wat in Ierse styl gebou is,met die perdestal links,waar die persoon homself opgehang het.Blykbaar is hierdie huis eerste gebou en die bouers wat aan die groot opstal gewerk het,het hier gewoon.
IMG_9678
Dis die mooiste huisie en kan gehuur word vir verblyf.Dis selfversorgend.
IMG_0021
Uitsig op die mooi huisie,vanaf die Spookhuis(Melkkamer) .Die twee geboue is net ver genoeg van mekaar,om die spook liewer in Melkkamer te laat vertoef.
IMG_9573
Murasie van ‘n halfvoltooide motorhuis wat vir die eerste eienaar se motor bedoel was.Die motor sou van Engeland af kom,maar het nooit sy draai hier kom maak nie!Dit staan naby Melkkamer se voorstoep en al wat daar bly is slange en voeltjies.
IMG_0080
Hier’s hy in sy volle glorie…Melkkamer,die tuiste van ‘n lankverlore rustelose siel!

47 Replies to “Die spooookhuis!”

  1. Dit lyk FANTASTIES!!!!! Maar beslis erg spokerig, ek kry sommer rillings. (Ek is DOODBANG).

    Ek dink rerig nie ek sal ‘n nag in daardie pragtige huis oorleef nie, veral nie met almal se stories nie. EK sal nou weer die gelukkige wenner wees van ‘n spook-gryp!

    Weet jy hoe bang was ek toe ons in Nieu Bethesda moes slaap die eerste aand? Die wolke het so pikswart in die lug gehang en dit was al sterk skemer toe ons die dorpie inry. En om als te kroon het ons langs die begraafplaas gebly!

    🙂

    Liked by 1 person

      1. Ons moet maar sien wat die toekoms inhou. Eintlik is ek nie so erg bang vir spoke nie, baie meer vir lewendige spoke met wie ‘n mens nie ‘n logiese redenasie kan hê nie. so, ek dink dalk, JA. 🙂

        Liked by 1 person

  2. Dis pragtig! Ek is bly daar is darem nog sulke ou plekke wat nog netjies bygehou word. My Vrystaatse familie se oorspronklike plaashuis het ook so gelyk met die twee flanke en die voordeur voor. Die “oumense” het langs die ou huis n spoghuis gebou en die een dogter het met haar familie in die ou plaashuis gebly.

    Liked by 2 people

    1. My ouma-hulle se huis het ook so gelyk.My broer het nou die dag op Google Earth daarna gekyk en was verstom om te sien die huis is gereduseer tot ‘n hoop bourommel!Ons was so hartseer.

      Like

      1. Dis rerig aaklig! Ek en Tina het in 2010 na ons plot gaan kyk. My pa het self die huis gebou met ons vier vrouens se hulp.Ons het net naweke gebou. Dit was 1958 -1960 toen ingetrek het Huis was toe wraggies nog daar met die ou pomphuis en windpomp. Die stuk grond self is heeltemaal bewerk en ommuur.

        Liked by 2 people

  3. Dis die mooiste geboue. Sulke ou huise en geboue hou so baie stories van vergange dae in hulle mure, dit laat my altyd wonder hoe daai mense se daaglikse lewens was. Ek wonder hoe my verbeelding die spook sou hanteer!

    Liked by 1 person

  4. Wat ‘n pragtige plekkie en spook of nie, ek sal beslis daar wil bly. Ek is ook baie skepties maar as daar ‘n spook is, sal hy beslis nie daar bly as ek daar is nie. Ek sal hom mal maak. 😆

    Pragtige foto’s Dina! 😀

    Liked by 1 person

      1. Whahahha! Jy ook! Dis goed om te weet. Klink na groot pret! Dalk moes ons een naweek daar gaan inboek. Shame, hulle sal nooit weer geld maak na ons daar was nie. 😆

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +