Op eensame geheime paaie deel 4

IMG_1969
Oorhangende rotse met ‘n rivierbedding doer onder.
IMG_1967_edited-1
Die rivierbedding vol spore en geriffel deur die wind.
IMG_2017
Babatjie vat ‘n blaaskansie tussen die trop se bene.
IMG_2075
Ou grote staan amper op sy agterbene om blare van die Anaboom af te pluk.
IMG_0171
Skoene by ‘n verlate Himbavesting.Hierdie nomadiese volk trek met hul vee agter weiding aan en sal seker weer hier kom draai wanneer dit gereën het en hier genoeg gras is.
IMG_0169
Verlate hut waarvan die dak flenters is.
IMG_0188
Perdeby by nog ‘n verlate hut,wat in ‘n taamlike goeie toestand is.
IMG_0182
Die bed binne die hut,is gemaak van mopanietakke en beesmis gemeng met modder.Die houertjie bokant die bed is heel waarskynlik vir ‘n radio en die draadjie is dalk ‘n lugdraad.
IMG_0126
Welwitschia mirabilis..die eienaardige woestynplant wat net in Namibië voorkom.Hierdie is ‘n manlike plant.
IMG_0129
Die vroulike plant.Wetenskaplikes beskou die plant as ‘n vermiste skakel tussen keëldraende (denne of conifers) en blomdraende plante,aangesien dit beide eienskappe toon.
IMG_0134
Die vroulike blomme of keëls van naby.Hierdie plante word honderde jare oud en groei in rotsagtige ooptes en gruisvlaktes.

22 Replies to “Op eensame geheime paaie deel 4”

  1. Die tweeblaar kanniedood. Ek het iewers gelees dat dit eetbaar is. Het jy dalk geproe? 😀 Die hutte is baie interessant, maar ek kon nie help om te lag oor die idee van ‘n radio nie – beskawing dring ook oral in. Weer eens pragtige fotos.

    Liked by 1 person

    1. Die kanniedood behoort tot die genus Commiphora en daar is 26 spesies in Namibie.Ek dink die een waarvan jy praat is dalk die Commiphora saxicola,want sy blare is gerangskik in pare van twee of vier.Ek het dit nie geproe nie,maar gesien hoe ‘n olifant ‘n hele bos opvreet,wortel en tak…dit het hom ‘n uur lank besig gehou!

      Liked by 1 person

    1. Dit hang af hoe lank die droogte duur.Hulle het orals gehuggies wat verlate staan en wag vir die terugkoms.Dis eintlik wonderlik dat daar so ‘n groot stuk aarde is waar hulle enige plek kan bly en waar mens kan kamp waar jy wil….daar is geen grondeienaars nie,geen heinings en wilde diere kan vry rondbeweeg.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +