Townshipstories

Die bouwerk aan haar huisie vorder goed.Dae lank leef sy en haar gesin met die oop gate waar vensterruite nog ingesit moet word.Daar is ook nog geen plafon nie en bedags bak die somerson die dak kokend warm.Binne is die temperatuur versmorend.

Een oggend word hulle al hoesende wakker met verstikkende rookdampe in hul longe.By nadere ondersoek besef sy dis die rook van ‘n konka,amper reg onder haar kamervenster.Sy sug van verligting,dat dit nie haar huis is wat in vlamme opgaan nie.Sy sien dis een van die townshipmammas,wat mielies gaarmaak vir die taxipassasiers,wat op die hoek wag vir ‘n geleentheid.

Eers laat sy dit daar,want sy reken dis ‘n eenmalige gebeurtenis.Soos die week egter vorder,word dit net al erger en haar parmantige suster konfronteer die konkamieliekokendemamma.Die fris tante plant uitdagend haar hande op dikke heupe en skel vir sussie tot by oom Daantjie in die kalwerhok!Suster is nie links nie en gou ontaard dit in ‘n woeste bekgeveg.

Die konkatante waggel later straataf en kom terug met drie groot Zoeloes aan haar flanke.Hulle loop en kneukels kraak en blink spiere rol en pof onder styfgespande t-hemde.Sy kry hoendervleis van vrees,want mens sukkel nie met ‘n Zoeloe nie,veral nie as jy ‘n Pedi is nie!

Teen haar verwagting in,luister die mans aandagtig na beide kante van die storie en kies sowaar haar en sussie se kant.Haar persepsie van Zoeloes,word net daar nek ingeslaan.

Druipstert vat dikmamma haar rokende konka en gaan maak die kontrepsie staan by haar eie huis….eishh!

18 Replies to “Townshipstories”

    1. Dankie Rob.Ek het ‘n huishulp wat in ‘n township bly en ek gaan gereeld soontoe.Die atmosfeer daar is iets heel anders en ek probeer dit in my skrywes weergee.Sy vertel ook vir my al hierdie stories en soms lag ek heerlik.Ek is bly jy geniet dit.

      Like

  1. Kry asseblief vir my daardie 3-man-Zoeloehof-assessors se name. Ek het bure wat hulle vullis in die tuin verbrand en die rook regdeur my huis jaag en eenkeer my Telkom telefoonlyne afgebrand het dat daar net stukkies rubber bly hang het. Ek was ‘n week lank sonder foon en dus sonder internet.

    Liked by 2 people

  2. Ons lewe in so besonderse kleurvolle land of sal ek sê gebeurvolle land,en reg seëvier so saggies onderlangs deur. Soveel so dat ons dit as vanselfsprekend aanvaar. lekker gelees dankie

    Liked by 1 person

  3. Jinne, laat dikmamma sommer haar konka by iemand anders se huis kom opslaan! Ek is bly die Zoeloes het die situasie mooi opgesom en die regte besluit gemaak. 😀

    Baie dankie vir die lekker lees Dina. Jy skryf altyd sulke pragstories en ek geniet dit baie. ♥

    Liked by 1 person

      1. Ja, is dit nie verbasend nie? Ek ondervind dit ook so en verstaan ook nou hoekom ons doen Dina. Dit is omdat ons geleer is om altyd die mense om jou in ag te neem en respek vir hulle te hê. Duidelik is dit nie vir daardie mense geleer nie.

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +