Op eensame geheime paaie deel 9

Na die piekniek ry ons met die hoofpad (goedgeskraapte gruispad) tot by Palmwag.Dis een van die min plekke waar mens brandstof kan kry en ons maak hier tenkvol.Die pompjoggie werk al jare hier en hy is altyd effe aangeklam.Ek neem hom nie kwalik nie,want dis ‘n dodelike warm bult waarop hy woon en sy lewe is bitter saai!

Twee jaar terug toe ons hier verby is,was daar darem nog ‘n boom.Nou het dit plek gemaak vir ‘n sinkafdakkie waar mense wag vir ‘n oplaai.Natuurlik steel ek ‘n paar foto’s van die toneeltjie in die bloedige middagson:

IMG_0399
Palmwag se petrolstasie…silwerskoon toilette links,mense wat wag vir wie weet wat,’n moedelose ou wat sit op ‘n stoel,’n satellietskottel,’n verfloiingde voĂ«lnes wat onder die huisie se dak uitsteek en ‘n afgeleefde vragmotor in die agtergrond.
IMG_0400
Ek zoom in..daar is ‘n hond onder die bankie,’n kinderfietsie,’n emmer en ‘n beker met ‘n lepel in,’n groot klip links op die bankie.
IMG_2511
Nog nader…my lang lens vang die outjie besig met ‘n selfoon.’n Paar minute later dans hy dat die stof staan met musiek wat hy uit die foon optower!Sy bekertjie en lepel is nou mooi sigbaar.
IMG_2507
Die geboutjie staan langs die huisie met die satellietskottel.Blykbaar huisves dit die kragopwekker,maar vir my is dit ‘n siniese verwysing na die petroljoggie wat jaar in en jaar uit hier voortslaaf !Armbandjies en krale hang aan ‘n dwarslat wat op twee mikstokke rus.
IMG_2523
Naby Vrede draai ons in die Huabrivierbedding in.
IMG_0447
Laatmiddag slaan ons vir die laaste keer tent op.Reg voor ons tent is die geheimsinnige spore van ‘n woestynolifant.Ons weet hulle is naby,maar dit moet wag tot mĂ´re,want ons is poegaai!
IMG_0437
Ons kampplek op ‘n eensame vlakte.
IMG_2554
Ek speel bietjie met die visooglens ..vuurmaakplek links en tent regs.Dit gee die gevoel van ‘n verlate aardbol…en wĂ¡s dit nou verlate!

 

17 Replies to “Op eensame geheime paaie deel 9”

  1. Sjoe! Dit lyk baie warm ja. Ek sou ook goed aangeklam gewees het. Geen bier kan daardie dors les nie. LOL! Toe ons in Keetmanshoop gebly het, moes manlief seker maak ek kry elke dag my Windhoek draught. Hulle het dit daar in 2L bottels verkoop. Dis ‘n pluspunt vir ‘n petrolstasie om skoon toilette te hĂª.

    Ek het ook ingezoom. haha! Waarvoor was daai klip, wonder ek?

    So ‘n pragfoto van die kleintjie met die selfoon. As ek sien hoe goed die jonges is met die nuwe tegnologie van ons, voel ek baie dae dom. Ek is nog steeds dom wat ‘n selfoon aanbetref. Nie een van my gunstelinge nie. đŸ˜€

    Daardie kraal armbandjies is tog te pragtig en weereens so mooi foto Dina! Mal daaroor. đŸ˜€

    Sjoe, dis darem so mooi daar. Net julle en die wye vlaktes.

    Die visooglens skoot is asemrowend. Ek het bietjie dronk begin voel jongie. LOL!

    Dankie vir die deel van hierdie asemrowende avontuur van julle. Dit voel asof ek saam jou daar was. ♥

    Liked by 1 person

      1. Jou foto’s vertel sulke fantastiese stories Dina. Ek verwonder my altyd en jy sal my beslis nooit kan verveel nie en ek is seker almal wat gereeld hier lees, sal saam met my stem. đŸ˜€

        Ek sal gaan loer en lees. Dankie. ♥

        Liked by 1 person

      1. Dit is die lekker van skryf…mens is vry om jou eie woorde te maak!! Dit is net ‘n plesier!! Ek moes myself gistraand dwing om te gaan slaap. Ek wou net nog en nog van jou foto’s kyk. Ek kry min tyd om te lees want ek moet genoeg slaap inkry anders voel ek bietjie soos ‘n zombie by die werk đŸ˜€ en my laptop is soooo stadig…dis ‘n frustrasie!!!

        Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĂªreld, vir die wĂªreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĂª:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +