Mooiste name..

Die boorgate en drinkplekke in die Kgalagadi Oorgrenspark,het die mooiste name.Die woord Kgalagadi kom van die woord Makgadikgadi,wat “soutpanne” of “groot dorsland”, beteken.In die omgewing suid van die park is reuse soutpanne,met name soos Hakskeenpan,Kykompan,Laaistokpan,Koppieskraalpan,Koopan,Eensaamheidspan… om maar net ‘n paar te noem.

Die name in die park self,is afkomstig van plase en gehuggies wat deur vroeĆ«re inwonersĀ bewoon is.Na die Eerste WĆŖreldoorlog, het’n Skotse opmeter,Rodger “Malkop”Duke Jackson,die area opgemeet en verdeel in plase.Jackson het baie van die plase vernoem na plekke in sy tuisland,Skotland.Vandag nog word van die name soosĀ Auchterloni,Monro,Strathmore,Craig Lockhart en Dalkeith gebruik vir die boorgate.

Van die inheemse name klink soos musiek op die ore en ek plaas sonder verdere kommentaar,foto’s van ‘n klompie.

bl35

bl48

My gunsteling name waarvan ek nie foto’s het nie,is Bedinkt,Langklaas,Kousant,Polentswa,Gnurrie,Kwang,Lijersdraai(let op die outydse spelling…Nederlandse invloed) en die heel mooiste ene:Cubitje Quap!(spreek uit:Koebietjie Kwap).

Ek vind toe wel die volgende in my versameling:

 

41 Replies to “Mooiste name..”

    1. Meeste van die name is Afrikaans en dan ook Khoe…van die eerste inwoners van die omgewing.Hulle was Boesmans en een van die laaste en oudste inwoners van daardie tyd,was Regopstaan Kruiper,wat oorlede is in 1996 op die rype ouderdom van 96!

      Like

    1. Ek het ook gaan kyk,maar daar is nie veel nie…net bietjie geskiedenis van die park.Ek dink as mens werklik wil weet,moet mens een van die boeke wat in die park te koop is,aanskaf.Dit sal seker meer lig werp.

      Liked by 1 person

  1. My oupa se huisplaas was Lazy y en die tweede was Bushby

    Vermoedelik is eergenome vernoem na ‘n ‘ranch’ in Texas geleĆ« by die punt van die ChisholmTrail

    Tweede naam verwys na ‘n dorpie in Leicestershire Britanje

    Oorspronklik blykbaar gerigistreer in die Stellaland Republiek

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĆŖreld, vir die wĆŖreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĆŖ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +