Rooi rooier rooiste…

IMG_7574_edited-1
Rooijakkals van die Kgalagadi.(Blackbacked jackal)
IMG_2884_edited-1
Rooi sonsondergang..Nxaipan,Botswana.
IMG_2874_edited-1
Nxaipan.
IMG_4821
Die dag breek met warm kleure oor die Kgalagadi.
IMG_7550
Rooiste rooi…Rooiborslaksman,Kgalagadi.
IMG_7549_edited-1
Hoe rooier hoe mooier!(Crimson-breasted Shrike)

Die laaste twee foto’s is spesiaal vir Hanneliese en Wolfie…ter herinnering aan hul wonderlike naweek!

Advertisements

57 thoughts on “Rooi rooier rooiste…”

  1. Jissie Perdebytjie, jy neem rerig die MOOISTE foto’s!

    Interessant – my baas se man is afgetree en hy doen navorsing oor jakalse, hy probeer die boere en die jakalse help. Ek dink hy het ‘n baie interessante werk maar hy is ook nooit by die huis.

    Kgalagadi is een van die plekke waarheen ons kon gaan nou as my man se projek klaar is, maar hoe gaan ek soontoe met kinders wat skool en universiteit toe moet gaan? As dit oor so 9 jaar was het ek BESLIS daar gaan bly!

    Liked by 1 person

  2. Ongelooflike mooi foto’s! Die eerste een van die olifant met sonsondergang moet geraam word, dit kan pryse wen! Ek was baie lank gelede in Kgalagadi. Dit was nog Kalahari Gemsbok Park. Ons was jong kinders, dit was winter en die wasgoed het oornag op die wasgoedlyn ge-ys. Dit het ons vreeslik vermaak.

    Liked by 1 person

  3. Dis pragtige fotos! Dankie vir die deel. Ek dink ek moet op my lysie skryf om Kgalagadi toe te gaan- as ek eendag dalk weer SA toe kom. Ek het darem die voorreg gehad om rooiborslaksmanne te sien toe in Potties gebly het.(Ek het maar gereeld die bosse ingevaar as ek die kans gekry het)

    Liked by 1 person

  4. Perdebytjie, jy maak my dag. Ek en Hanneliese het so hard probeer om die rooilaksman te vang met ons kameras. Kan ek die twee fotos steel vir my ‘happy boks’? Hoekom? Want die rooilaksman is die mooiste voeltjie wat ek nog ooit gesien het.

    Liked by 1 person

    1. Natuurlik kan jy die foto’s steel!Dis vreeslik moeilik om hom af te neem,want hy beweeg heeltyd.Ek het plat gelê op die sand om hierdie outjie te kiek…toneel:perdeby met kamera,plat op die maag in rooi Kalaharisand!

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s