‘n Heerlike dag…

op ‘n bootvaart in Walvisbaaihawe…Deel 2

IMG_0483
Reusagtige bote is oral op die water te sien.Regs agter sien mens van die sandduine wat vlak teen die hawe is.
IMG_0554
Allerhande vaartuie op ons roete deur die baai.
IMG_0628_edited-1
‘n Meeu of twee kom maak ook ‘n draai bokant ons boot en bedel ‘n vissie.
IMG_0604_edited-1
Met die son agter,het hy ‘n stralekrans.
IMG_0387
Selfs ‘n ou wrak lyk heel kleurvol!
IMG_0470_edited-1
Ons bereik die punt van die baai,waar die vuurtoring op ‘n groot sandbank staan.Duisende robbe word hier aangetref en dis ‘n kakofonie van geraas soos wat hulle swem,spat en rondwaggel op die sand.
IMG_0452_edited-1
Robbe blêr soos skape en hierdie klomp swem naby die bote rond.
IMG_0543_edited-1
Honderde Duikers (Cormorants) vlieg in ‘n reguit ry strandlangs.
IMG_0528_edited-1
Hierdie bote lyk of hulle gestrand is,maar hulle lê agter ‘n sandbank.
IMG_0470_edited-1
Die vuurtoring,robbe en honderde voëls..dit slaan die asem weg!

IMG_0486_edited-1

Dolfyne word ook opgemerk,maar dis onmoontlik om foto’s van hulle te neem.Na die tyd kry almal ‘n doppie sjampanje,heerlike vars oesters,(daar in die baai gekweek)en verskeie vingerhappies.

Dis die geld en moeite werd om hierdie vieruurlange toer in die baai te onderneem!

30 Replies to “‘n Heerlike dag…”

  1. Weereens pragtige foto’s Angeltjie. Ja robbe kan vreeslik raas. Toe ek ‘n paar jaar terug in Simonstad met vakansie was, het ons met ‘n boot om die eiland waar robbe woon gevaar. Daar was honderde van hulle wat ‘n vreeslike geraas afgegee het. Hulle blink lywe het geskitter in die son. ‘n Ou skeepswrak hou vir my net soveel bekoring soos ‘n ou murasie in en daar hang ‘n geheimsinnigheid om ‘n geroeste skeepswrak. Dis darm reusagtige vaartuie. Die foto waar amper net die maste van die skepe sigbaar is agter die duine is pragtig met die deinserige duin in die agtergrond. ‘n Fees jou foto’s en vertelling daarmee saam, baie dankie Angeltjie

    Liked by 1 person

    1. Dit is ‘n voorbeeld van mens en natuur tesame,Paul.Ongelukkig is die mens maar altyd ook teenwoordig.Gelukkig is die strandmeer in Walvisbaai ‘n Ramsarnatuurgebied…volgende keer plaas ek weer natuurfoto’s!😀

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +