‘n Reis op ‘n agterpad(6)…

neem mens deur die hek van die Baviaanskloof Natuurreservaat..IMG_0222

Die omgewing is droog,maar ons ry tog verskeie kere oor die Rietrivier met pragtige helderskoon water en mooi plante..IMG_0224

Ons kom by ‘n piekniekplek,met goeie inligting op ‘n groot bord.Die Kougadam waarvan die water hier sigbaar moet wees,is heeltemal opgedroog!Die damwal is ‘n ent verder aan,maar ons het nie soontoe gegaan nie.IMG_0229

Ons sien heelwat boksoorte en die elegante agterkant van ‘n bedonnerde buffelbul..IMG_0240

Die pad klim die steiltes uit en sorg vir pragtige tonele..IMG_0225_edited-1

Net 4×4 voertuie word aanbeveel.Dóér onder kronkel die pad op en af..IMG_0228_edited-1

Sommige plekke raak die pad baie nou en gaan dit maar broekskeur,wanneer ander voertuie van vooraf kom.Dan is dit versigtig agteruit ry,totdat daar genoeg verbykomspasie is.By erge steiltes lê ‘n tweespoor betonstrook,vir tye wanneer die pad nat en glyerig raak..IMG_0243

Die uitsig is asemrowend..IMG_0241

Ongelukkig is ons tydjie te kort om meer te sien en doen,maar ons het ‘n goeie idee van al die skatte in hierdie wonderlike plek…

25 Replies to “‘n Reis op ‘n agterpad(6)…”

  1. Shoe… dinge stap aan! Toe ons laas daar was was daar geen borde of ingangs hutte nie! Ons het lekker geswen in die poele en met ‘n 2×4 bakkie daar aangekom! By gesê… ons moes so stadig ry dat dit ons meer as drie uure geneem het van Patensie na die kamp! Lekker geskud! 😉

    Liked by 1 person

    1. Ons het van die anderkant af gekom en die pad was nie sleg nie.Dis nou ‘n werelderfenisgebied,so daar word baie moeite gedoen om die plek te bewaar en toerisme aan te moedig.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +