Toe ek die volgende oggend wakker skrik, is dit die gesig wat my begroet…
Die boot staan styf vasgemeer teen ‘n loodregte krans met al hierdie “kunswerke” van reisigers uit die onlangse verlede…(Op die boonste foto is ‘n verfsel van ons skippie, wat ook hier aangedoen het in 1994, met ene Kaptein Knight aan die stuur.)
Op die beknopte hawekant staan reeds ‘n trein en etlike busse gereed om passasiers na verskillende interessante bestemmings te vervoer…
Die dorpie se naam is Skagway. Dis in 1897 gestig en lê in ‘n smal gletservallei in die Alaska “panhandle”, negentig myl noordwes van Juneau. Met ‘n inwonertal van 1,036 mense, is dit piepklein. In die somermaande is daar meer inwoners om die toeristebedryf aan die gang te hou. Daar was ook ‘n goudstormloop in die laat agtienhonderds. Die meeste van die dorp is gerestoureer en lyk soos in die dae van die goudstormloop. Op ‘n stadium was daar tagtig kroeë en natuurlik ‘n berugte bordeel, die Red Onion Saloon,wat vandag nog daar is…
(Google Images)
Een van die tipiese straatjies met ou hout geboue…
Die volgende geboutjie is in 1899 gebou van dryfhout…die enigste voorbeeld van Alaska-dryfhout-argitektuur. Dis bekend as die Arctic Brotherhood Hall…
Ons neem ‘n bustoer uit die dorp uit, na ‘n afgeleë plek in die berge, waar ons vandag die beroemde sleehondbedryf van Alaska gaan leer ken…
Die voertuig waarmee ons teen steil hoogtes gaan uitry om by die honde te kom, staan reeds gereed…
Word vervolg…
Dat is hier heerlijk reizen. Ik kijk al uit naar de volgende!
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer en jou mooi woorde.
LikeLiked by 1 person
Kan nie wag vir die volgende een nie
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy saam met my reis.Ek waardeer dit baie!
LikeLiked by 1 person
Jeetje zeg, wat een prachtig dorpje en wat een verhaal erbij! Kom maar op met de volgende…
LikeLiked by 1 person
Baie dankie…die volgende prut al in die pot…
LikeLiked by 1 person
Aha en daar staan my game se naam op die gebou. Ek is nuuskierig of die hout huise darem warm binne is?
LikeLiked by 1 person
Klondike of Red Onion?😃
Die houtgeboue is heerlik warm binne as verwarmers en kaggels brand.
LikeLiked by 1 person
Klondike – hulle gebruik ook slee honde as vervoer.
Klink knus!
LikeLiked by 1 person
Haha 😀 Waar sou die naam Red Onion nou vandaan kom – wat is die storie?
LikeLiked by 1 person
Ek wonder ook waar die naam vandaan kom…dit was in elk geval ‘n baie gewilde bordeel in die dae van die goudstormloop😄
LikeLiked by 1 person
mooie foto’s en leuk verslagje.Op naar de volgende.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.Ek werk aan die volgende een.😄
LikeLiked by 1 person
Dat zal zeker een heerlijke reis worden en wat zal je veel ontdekken onderweg
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het.
LikeLike
Die Wesp weet duidellik van die dramatiese pouse. Om ons nou so teen die opdraende te los sonder om te weet of ons daar gaan uitkom…😀🚙
LikeLiked by 1 person
Die dorpie lyk soos filmstel
LikeLiked by 1 person
Ja nogal…en so netjies en skoon.
LikeLike
Dalk kom ons nie daar uit nie…dis ‘n hengse hoë berg…..🚜🏔
LikeLike
Ik sprong in die vrachtwagen om het vervolg van die reis zelf mee te maken.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n stampende rit teen benouende skuinstes uit!
LikeLiked by 1 person
Jy wys ons ñ pragtige wêreld, Dina. Dit moes vir julle omtrent ñ ondervinding gewees het!
LikeLiked by 1 person
Dit was altyd ‘n lewensdroom vir my!
LikeLike
Prachtig deze reis had ik ook wel willen maken.
LikeLiked by 1 person
Dis dit werd,hoor!
LikeLike