Hoe lank gaan ons…

nog die voorreg hê, om dit te sien?

Woestynleeuwyfie in Damaraland, Namibië…(twee jaar gelede)

IMG_8105_edited-1

My hart is bitter seer, want die volgende pragtige kraagmannetjie is nie meer met ons nie…(Kebble die woestynleeu van Damaraland).

IMG_8155_edited-1

Hy is geoffer op die brandstapel van menslike vraatsug, hebsug en verwronge waardes van toe-eiening en eie gewin…

IMG_8146_edited-1

Gelukkig het ons nog die voorreg gehad om hom in sy natuurlike omgewing te sien. Hy is nou ‘n trofee in een of ander macho grootwildjagter se sieklike versameling dooie diere…

IMG_8162_edited-1

Ekskuus julle, hierdie is ‘n baie negatiewe blog en nie my gewone styl nie, maar ek voel baie onsteld en hartseer hieroor!

49 Replies to “Hoe lank gaan ons…”

  1. Jinne, dis so hartseer Perdebytjie. Die laaste foto, daai gesig en oë 😦

    Kan nie dink mense is so – ek gaan maar nie vloek nie. Ek ondersteun ook nie die hele jag ding nie. My hart is sommer saam jou seer. En ek is sommer die donner in ook.

    Is mens nie veronderstel om net te jag wat jy gaan eet nie? As jy dan nou moet jag.

    Jammer, dit voel verkeerd om die like knoppie te druk.

    Like

  2. Ek HAAT trofee jagters. hulle is die kak (verskoon my woede woord) van die aarde. Normale jagters wat vir die potjag, of om die balans in die natuur reg te hou het ek nie probleme mee nie.

    Jou fotos is pragtig, maar ek kry saam met jou seer…

    Liked by 1 person

    1. Abrie ons het nou al so baie in Damaraland na die woestynleeus en olifante gaan kyk. Dit klink of hulle al hoe minder word. Dis sulke goed wat my so kwaad maak.Op plekke waar ons voorheen leeus gesien het, is daar nou net beeste, bokke en donkies.

      Like

  3. Ag nee, ek kan dit nie glo nie! Nee, ek lieg … ek kan dit wel glo – mense is so selfsugtig; hulle gun nie ander mense die plesier daarvan om so ‘n dier se lewe te deel totdat dit op ‘n natuurlike wyse uitloop nie. Ek is jammer maatjie. Ek is ook so bly dat jy hierdie pragtige fotos het om vir ons te wys.

    Liked by 1 person

    1. Hier is baie botsing tussen mense en wilde diere, want baie van Namibië se wildlewe is nie in parke nie. Wanneer beeste gevang word, deur leeus, gee dit ‘n gedoente af en meeste van die tyd eindig dit in ‘n tragedie vir die leeus…vergiftigde karkasse en doodskote.

      Liked by 1 person

    1. Ek wonder altyd hoe werk iemand se kop wat so ‘n majestueuse dier dood wil maak. Dis mos geen kuns om met ‘n moderne dodelike wapen tot amper by die dier te kom en dan die skoot af te trek nie!

      Like

  4. My biggest surprise during an African safari was how often the lions appeared scarred from their lives on the savannah. We call them the king of beasts, precisely because of photos like your closing capture which is so majestic. But they surely have to work hard to maintain their position at the top of the ladder, don’t they?!

    Liked by 1 person

    1. Yes Tina they have to fight and the law of nature is only the fittest survive and carry the scars to show it.Now if I only could issue them with thirty aught sixes and scopes we will see the die last of trophy hunters die within six months

      Liked by 1 person

    1. Yes Brian. Here in Namibia animals roam freely. These lions are monitored by private people, hence the collar on the female. The problem is the vastness of the areas tat they cover and also them catching the cattle of the locals. With the drought there aren’t many wild animals left for them to catch and poaching also depleted natural game like springbuck,oryx and zebra, which are food for lions.So now it becomes a “problem” and someone high up decides it is time to have it shot for a trophy!!

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +