(Vir my gereelde lesers, hierdie is net ‘n pretblog en sal geen sin maak nie. Gaan gerus verby. To my regular readers, this is just a fun blog and will make no sense to you. Please pass).
Dis doodstil by die Toweropstal. Orals lê lywe rond. Toortsie se gefranjelliekoseerde poeding en die nag se kaperjolle in die bankkluis, het sy tol geëis. Sersant Gigaba lê heerlik lepel teen ‘n uitgepaasde kollega se deinende boepens. Wanneer sy drankasem met elke asemteug buitentoe geforseer word, tril sy mondhoeke ritmies en maak sulke klapgeluidjies. Verskeie van die voortvlugtiges lê ook hand om die blaas, met die polieste en met mekaar. Almal lyk ekstra dik en rondborstig van die bondels banknote, wat in trippel D’s en deurskynende tentgrootte Balipênties ingestop is.
Oom Paul en Oom Piet sweef bokant die dronknes rond, skud afkeurend hul spookkoppe en klik met hul tonge, terwyl rookwolke uit brandende pype borrel. Die twee is dit eens dat die moderne mens sleg en lui geword het en sonder sedes en waardes is.
Skielik is daar ‘n oorverdowende knal en die twee spoke skrik hulself vir die tweede keer in hul grafte in. Kisplanke, eierklitsers, kombuisware, rooibosteesakkies, Frangelicobottelproppe, twee bloedrooi stiletto’s, ‘n lipstiffie, mascara en ‘n verflenterde blonde pruik, sif neer op die verdwaasde motgevrete spul, wat nou skoon nugter geskrik is.
Una se “container” se deur hang aan een skarnier en in die boom langsaan, wapper ‘n kopdoek, wat alteveel na Toortsie s’n lyk. ‘n Swaargelaaide trippel D fladder skeef-skeef soos ‘n reuse tandemvalskerm af aarde toe. Die Bali-stalletjie is nou ‘n ali-stalletjie, want dit het letterlik sy g..alie gesien!
Lekkervurig se vuur is heeltemal geblus en nou voel sy ook nie eers meer lekker nie. Die klippers en graspolle spat soos Sonell, Woestynkind en Wegkruipertjie, wild dekslaan agter die stewige stêrre, van ‘n flou man in blou. Camilla, ontdaan van al haar verleidelike bybehore, het heeltemal haar sexy aanslag verloor en huil warm snot en trane, in die kroes borshare van die Latynsevoorkomskonstabeltjie. Abrie duik verskrik uit die pad van ‘n Baliaanse blou bal-en-klou tafelpoot, wat trillend langs hom in die grond vasslaan en sy volgestopte monnikjaspante netjies vaspen.
Tannie Frannie is helder wakker geskrik uit ‘n salige droom en gryp vervaard in die lug rond na vallende voorwerpe, onder andere ‘n uitgeholde brood vol skitterblink kroonjuwele. Scrapydo se Porkie-uil klou verbete aan haar skouer en rittel van die koue en skok. Sy veerlose lyf lyk soos dié van ‘n geplukte hoender. Sy hele veredos is in sy maai in en warrel stadig aarde toe, saam met stukkies suurgeworde gefranjelliekoseerde poeding. Scrapy self, lyk of sy so pas met haar Muskvuurpyl deur die klankgrens gebars het.
Ekmyself se bewerige vinger druk per ongeluk die musieksisteem aan die gang en ‘n klipharde sarsie kanonskote uit die 1812 Overture van Tchaikovsky, sorg vir nóg nat en vuil onderklere.
Op die plaas langsaan, in die koeistal, sweef rasperige Mozart en Bach musiek, spookagtig deur gebuigde luidsprekers. Die klomp Friese se uiers is drooggeskrik en hang soos trosse rosyntjies onderaan die rondmalende beteuterde diere. Die melk wat reeds uitgemelk is, het geskif en staan nutteloos in skeefgeduikte emmers.
Perdebytjie steier verdwaas na haar byeboerwa met ‘n plan om alleen te vlug. Sy weet nie waarheen en waarvan sy moet wegkom nie. In haar benewelde toestand besef sy net, iets groots het vanaand hier gebeur. Sy wonder of Hester en haar katelknapie se pappie, Pablo Escobar, nie iets hiermee te doen het nie. Hy is hoeka nog kwaad oor die goud wat uit sy seun se voortande gesteel is én hy het ‘n ogie op onse Hes! Natuurlik ook gehoor van die vonds in die bankkluis. Slyp seker sy geelgerookte Colombiaanse tande vir die Towerspan se swaarverdiende buit, om sy onheilige dwelmbesigheid ‘n hupstoot te gee.
Dan is daar ook nog die moontlikheid dat Abrie se Definitive Dictionary of Dubious Denotation al die tyd eintlik ‘n Definitive Dictionary of Dubious DETONATION is.
Die Perdeby het nou vaal vrede met joernale, rokende-bebaarde-ou-omie-spoke-wat skelm-boudknyp-in-die-donker, tonnels, goud, Krugermiljoene, opdragte van ‘n afwesige afkakebeen Hester-wat-in-luuksheid-in-‘n-druglord-se-villa-lê-en-tjoklits-vreet, zoemende stekende bye, botteltjies omkoopheuning vir bankamptenare, korwe en vuilgevatte banknote…sy gaan nou soos ‘n wafferse skelm die nag in verdwyn. Sy koers eers gou kombuis toe om te sien wat sy vinnig kan aas om saam te vat. Die verwoesting laat haar ‘n oomblik in haar spore vassteek en dan tref dit haar soos ‘n gatslag/slaggat/donderslag?? Sy is nou heel deurmekaar en die regte woorde ontwyk haar.
Stadig registreer die oorsaak van die nag se fiasko in haar warkop. Op die versplinterde tafel in die hoek van die verfloiingde kombuis, is ‘n Tupperbak vol poeding, wat duidelik krioel van die lewe. Die deksel bult gevaarlik uit en dis ‘n gegewe, dat dit enige oomblik met ‘n moerse knal, saam met strale deeg die lug in gaan skiet. Langsaan lê die flarde van nog so ‘n bak, bruisend en borrelend met gefranjelliekoseerde-Abrie-en-Toortsie-se-watsenaam-se-tiraGISmoe. Die plafon hang vol druppende stalagtiete en Perdeby lek vies ‘n taai, suur blerts deeg van haar harige voorarm af.
Met ‘n paar bottels Frangelico stewig onder een fris getatoeëerde arm vasgeknyp en verskeie dik pakke blou banknote, wat sy vinnig in haar bonsende oorvol trippel D en gatsakke stop, storm sy na haar byeboerwa. Skielik staan sy versteend, want dis die gesig wat haar begroet…Zoomaway het plek gemaak vir…
Dis seker waarheen die B van die Bali-stalletjie, wat minute gelede verfomfaai is, gelanseer is. Nou glo sy sowaar in spoke.
Skielik ontwikkel sy ‘n vretende lus vir een van Hester se Pablo Esco-tjoklit-Bars…
Ekmyself sal nou verder kalmte met haar musiek moet bring.
Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965
Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).
Wonderlik! I loved every minute of this!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het, Anne.
LikeLike
Een humoristisch verhaal!
LikeLiked by 1 person
Dankie Joke.😄
LikeLiked by 1 person
Bwahahaaaaaah!!! Van al die groot en klein, fyn kwinkslae in hierdie fantastiese hoofstuk, het die disleksiese wisseling tussen DENOTATION en DETONATION my die meeste verkneukel. Briljant, ‘Bytjie!
LikeLiked by 3 people
Baie dankie Frannie. Toe ek die eerste keer Abrie se woordeboek se naam lees, het ek ” detonation ” gelees en toe kry ek die idee.
LikeLiked by 1 person
Dubbel- EN trippel-D 😀
LikeLiked by 1 person
Toe ek die woordeboek se titel uitgedink moes ek kophou om nie self disleksies te leef nie. En ja ek het Tina se detonation (in al sy vele fasette) self baie geniet. Ek speel dikwels in my kop met sulke tipe woorde, soos
Right of access is reserved
Right of access is reversed
Right of access is severed
Wel die gefranjelliekoseerde poeding wat Bytjie nogal volgens my oorspronklike spelling gespel het ons amper van ons lewens ge-severe en nou sal Net-Ek ‘n bom deskundige of poedingdeskundige of ‘n brawe gefranjelliekoseerde persoon moet kry om die poeding te ontlont.
LikeLiked by 3 people
Jy speel ook heerlik met woorde, Barie!😉😂
LikeLike
Aard na jou Nita 🙂
LikeLiked by 1 person
Dit moet eintlik Nida wees🤣
LikeLike
Deel van my disleksie
LikeLiked by 1 person
Jy is gervewe!
LikeLike
Of Anid.
LikeLike
Koekemekranka! Perdebytjie, hierdie is ñ hengse mondvol! My oë bly omtrent uitpop van al die senarios wat jy so gemaklik hier laat rondvlieg! En dan wil jy wegvlug in jou Boomaway-wa, nogal met my B op. Ek moet nou eers diep sit en dink oor wat ons vannag hier oorgekom het.
LikeLiked by 2 people
Solank die B net nie die B van jou bra is nie, né Una!
LikeLiked by 1 person
Jong ja. Lyk my die partytjie was willer as wild!
LikeLiked by 1 person
Ek hoop nou maar die B het afgeskiet tydens die ontploffing in die kombuis.☺
LikeLiked by 1 person
Ja, want as skeptikus wil ek regtig nie glo aan spoke nie!
LikeLiked by 1 person
Ek het my nou so gelag vir die spul. Dit is so goed geskryf!!! My en Una se pruik 😢😢😢😢 Hoe gaan ons weer orde skep!!!! Liewe Moses my kop spin…. wonder of die Latynse beampte darem genade met Kameel sal hê as Camilla nou in haar glorie in geskiet is. Ek sal soos Una eers moet sit en die spul inneem. Voel asof ‘n aardbewing my getref het.
LikeLiked by 3 people
Ek weet ook nie hoe lank hy snot en trane gaan verduur, van ‘n ontmaskerde Camilla nie!
LikeLiked by 1 person
Ag en hy was so handsome 😕
LikeLiked by 1 person
Verstaan jy nou hoekom ek vanoggend besluit het mens moet hierdie stuk happie vir happie lees wanneer jy tyd het, nie sommer gou vinnig en verby nie?
LikeLiked by 2 people
Ek is bly jy het Hester se kop so bietjie gewas wat sit en tjoklits eet terwyl ons al die werk moet doen!!!
LikeLiked by 1 person
Dis hoogtyd dat sy daai Escobar skurk nou in sy maai stuur en bietjie terugkom aarde toe. Sy is heel waarskynlik in die swewende hemel van sterkgekruide rookgoedjies. Die tjoklits is seker ook gedokter…. spesiale “brand” Esco- bars!
LikeLiked by 1 person
😁😁😁😁 Onse Hester en haar luukse lewe.
LikeLiked by 1 person
Jy verskyn nie op InLinkz nie… behalwe as ek opvangsprobleme het. Heel oggend gesukkel om te connect.
LikeLiked by 1 person
Ek is te dom om dit te link. Hester het gesê sy sal dit later vir my doen. Ek is so gestremd hiermee!😜
LikeLiked by 1 person
Dis wanneer ‘n Ken handig te pas kom. Dis eintlik maklik…. Toorts neem partykeer fotos van elke stap en leer my so. As jy dit eenkeer regkry… het jy dit… 😕 of…. ook nie altyd nie.
LikeLiked by 1 person
Ek moes jou op die ou end bel! 😂
LikeLiked by 1 person
Ek lees hoe skinder jy van my! Hoe moet ek nou voel?
LikeLiked by 1 person
Hester as ek geskrik het raak ek kwaad en was almal se koppe om my…. nog erger ek gryp hulle aan die keel (vra my dogter) Jy sit bietjie vêr vir dit 😄
LikeLiked by 1 person
Ja, dankie tog. Ek het ‘n lyfwag ook.
LikeLiked by 1 person
Vir hoeveel mense het jy plek in daardie wa van jou? Dink ek moet ook spore maak 😨
LikeLiked by 1 person
My trippel D laat geen ruimte in die voorste sitplek nie. Ek weet ook nie of my voete die pedale gaan bykom nie, want daai boesems druk my vêr van die stuurwiel af. As jy nog kans sien om onder sulke omstandighede te vlug, is jy welkom.
LikeLiked by 2 people
Ek lyk ook soos ‘n bakkie skeefgelaai vir die naweek oppad Lesotho toe met al die buit… maar tussen ons twee sal ons wel jou zoomwa bestuur kry.
LikeLiked by 1 person
Nou ja, klim, dat ons kan ry. Sorg net dat jy die brood met die kroonjuwele by Tannie Frannie afvat.
LikeLiked by 3 people
Ooooo waar is Sonell… sy doen die karate ding 😤
LikeLiked by 1 person
Dink jy karate sal nodig wees om die dierbare Tannie Frannie tot ander insigte te dwing?
LikeLiked by 2 people
Kyk jy nie movies nie…. weet jy wat ‘n brood vol kroonjuwele aan die sagmoedigste mens gaan doen? Jammer Frannie as dit karakterskending is… maar ek het noual soveel dinge by toweropstal beleef dat niks my meer sal verbaas nie.
LikeLiked by 3 people
Dis ook weer waar…dis juis die mens van wie jy dit die minste verwag, wat dalk kan sorg vir opslae.
LikeLiked by 1 person
Tannie Frannie, hou daai brood styf vas. Niemand verlaat die Toweropstal voor die kombuis nie skoon is nie en basta.
LikeLiked by 4 people
Jy klink nou nes Hester 😯
LikeLiked by 3 people
Ek is nie lus om alleen kombuis skoon te maak nie.
LikeLiked by 1 person
Ons los die kombuis vir later wanneer almal bedaar het… en jy weer jou kopdoek op het.
LikeLiked by 1 person
Right! 😁
LikeLike
Reg so Toortsie, ek’s goed met skottelgoed…
LikeLiked by 1 person
Iemand wat gaan help!
LikeLiked by 1 person
Ja-a, maar teen ‘n prys…
LikeLiked by 2 people
En WAT sal dit wees? 😱
LikeLiked by 1 person
Ag wat, ek sal settle vir die ou broodjie hier onder my arm…
LikeLiked by 2 people
Sien, sien, wat het Kameel gesê van wat geld en skatte aan mense doen?
LikeLiked by 1 person
Net ‘n ou broodjie, né 😁🥁🥁🥁🥁
LikeLiked by 2 people
Tannie Frannie begin al klaar soos ‘n gulsige skelm dink. Waar is die sagte vriendelike tannie nou heen?
LikeLiked by 1 person
Dis mammon, ‘Bytjie, dis net daai mammon!
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is dit net ‘n ou broodjie…
LikeLiked by 1 person
Umm…ja…
LikeLiked by 1 person
Nee, glad nie karakterskending nie – net goeie mensekennis. Brood? Watse brood??
LikeLiked by 2 people
Ek het vir Perdebytjie gesê!!! 😁😁😁😁
LikeLiked by 2 people
Almaskie – onthou my terrible tweelingseuns Frangelico en Vangelis!
LikeLiked by 1 person
Ag neewat. Ek sal net my oorredings talente gebruik.
LikeLiked by 2 people
…en hier handhaaf ek so ‘n lae profiel in die hoop dat julle nie my kameerolletjie (met gepaardgaande buit) sal agterkom nie…
LikeLiked by 1 person
Wag jy ook nou eers, Perdebytjie. Jy is in elk geval nie klaar gewerk nie, die bye is woedend na die slag, en Toortsie hol nou al om die boom. Jy moet gaan red wat te redde is!
LikeLiked by 1 person
Ek maak nou gatskoon…klaar met julle!
LikeLiked by 1 person
Sies vir jou.☺
LikeLiked by 1 person
Miskien moet ek heroorweeg…gee my nog ‘n kans. Dis die skok en trauma wat my verward laat optree!
LikeLiked by 1 person
Hier is tweede kanse 100% verniet! Ek kom help gou met die bye.
LikeLiked by 1 person
Jy gaan nêrens! Bly net sit of lê waar jy ook al wakkergeskrik het. Mens maak nooit belangrike besluite as jy ge-traumatiseerd is nie. Kyk net rond dat niemand fotos neem nie, mens weet nooit…Waar presies was jy heelnag, Kameel?
LikeLiked by 3 people
Moet ek sê?
LikeLiked by 2 people
Ja jy moet. Dit kan help met die ontleding van jou gemoedstoestand.
LikeLiked by 1 person
Jy moet onthou Camilla is weg 😭… en Kameel staan nou ontbloot voor julle. Ek voel werklik naak sonder haar. Hoekom het jy haar met Toorts se konkoksie die lug ingeskiet?
LikeLiked by 1 person
Jy kan net in die rommel gaan rondkrap vir haar stilettos 👠 pruik, mascara en lipstiffie en ‘n “comeback” maak. Jy moet net eers die warm snot en trane afvee…miskien met Toorts se opgehangde kopdoek of een van Una se tentgrootte deurskynende Balipênties.
LikeLiked by 3 people
Balipêntie sal dit moet wees. Ek sien voor my maar ‘n patetiese Camilla…. maar met ‘n bietjie sta soft???? 😗
LikeLiked by 2 people
Bieghoekie! Ons het mos nou ons eie biegplek. Kry jou daar!
LikeLiked by 2 people
Ek is oppad…. jy weet ek is rigtingbeduiweld… hoe moet ek dit kry tussen al die chaos?
LikeLiked by 2 people
☺☺ Jy kry dit alweer reg om my te laat giggel! Ons kommentaar-skrywery het my in die moeilikheid. Gisteraand wou manlief baie, baie verergd weet hoekom ek so op my foon lê! ‘Ek neem deel aan ñ blog kompetisie, en vanaand is my beurt, anders verloor ek.” Blatant gelieg!!! Die bieghokkie, Abrie moes inderdaad een saanvlans want die rytjie is l…a…n…k van bloggers wat moet praat.
LikeLiked by 4 people
Una 😀😀😀😀 dis erg. Dis soos ek wat verlede naweek met my foon heeltyd hmmm toe verdwyn.het… terwyl daar ‘n volskaalse partytjie aan die gang is.
LikeLiked by 2 people
Ek begin net al hoe meer besef dat niemand ‘aan die buitekant’ presies kan verstaan nie. Jy moes my verduideliking gehoor het toe middel-kind my bank-besigheidskaartjie vinnig moes ontwerp!
LikeLiked by 3 people
Bieghokkie toe met jou!!! 😁😁😁😁 Nee hulle sal nie verstaan nie… nog minder hoe ons ons so kan inleef in die storie.
LikeLiked by 2 people
Perdebytjie. Jy laat my weer en weer lees en ek skater. In volkleur geskryf. Puik! een vraag…waar is die bye? As ons dit in jou wa waag en die bye is nog daar…dan is dit kismet met ons.
LikeLiked by 2 people
Ek het hulle lankal in die bankkluis losgelaat. Dit sal die amptenare etlike dae neem om daar in te kom om die diefstal te ontdek. Dit gee ons genoeg tyd om te laat spaander.
LikeLiked by 2 people
Sit Ma se slim kind!
LikeLiked by 2 people
Doorlopen?
Overslaan?
Ik lees juist heel graag bij jou!
Vrolijke groet,
LikeLiked by 1 person
Jy kan maar lees, Rob. Dit sal dalk net bietjie onverstaanbaar wees as jy nie ons groep bloggers se storie van die begin af gelees het nie.
LikeLiked by 1 person
Kan iemand asseblief nou vir Toorts tot bedaring bring…. sy maak my kop dronk met haar gehollery om die boom. Abrie… ag tog jy lê vasgepen op die grond… iemand klim in die boom en kry Toorts se kopdoek ASSEBLIEF!!!!
LikeLiked by 2 people
Dat zijn leuke dingen voor de mensen.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het, Anna. Dit was seker heel onverstaanbaar, want ons is ‘n groep bloggers wat ‘n humoristiese storie skryf.😄
LikeLike
Ook al begreep ik niet alles, ik vond het toch grappig.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Anna.
LikeLiked by 1 person
Jammer, ek het vanoggend die drade van my kakebeen af laat verwyder en nou eers hier opgedaag. Net betyds om te sien hoe ek beskinder word oor my lewensstyl-voorkeure en my keuse van mans. Mansvriende bedoel ek. Jy is geskakel Perdebytjie.
LikeLiked by 1 person
As jy so lank afwesig wil wees, verloor jy beheer oor wat hier aangaan.
Dankie vir die skakel, Hester.
LikeLiked by 1 person
Ek het beheer gehad?
LikeLiked by 1 person
Eintlik nie…net in een van jou gerookte drome.Die werklikheid slaan hard, Boss!
LikeLiked by 1 person
Hoë bome en so aan …
LikeLiked by 1 person
Bome soos in boom…die rookgoedjies?
LikeLiked by 1 person
Ek is ‘n nie-roker, nie-drinker, nie-slukker, nie-snuiwer … Dit laat my nou dink aan die keer toe ons ‘n nuwe bestuurder gekry het baie jare gelede toe ek net by die bank begin werk het. Die personeelbestuurder het ons ingelig dat die nuwe bestuurder ‘n man van sobere gewoontes is – hy rook nie, hy drink hy vloek nie … en toe vra ons afdelingshoof: “Het hy kinders?”. Ons het gegil van die lag en is goed oor die vingers getik.
LikeLiked by 4 people
Ons is net bang ou Pubbles het jou teen jou sin verlei na al hierdie onheilighede!
LikeLiked by 1 person
Nee, ons speel net rummy en drink gebottelde watertjies.
LikeLiked by 1 person
🤥🤥🤥
LikeLiked by 1 person
Ek dink nou aan ‘n soortgelyke een! 😂
LikeLiked by 1 person
Vertel!
LikeLike
Klink soos joune. ❤️
LikeLiked by 1 person
Presies net so?
LikeLike
Ek sit kliphard en lag. Ek sien die prentjie so voor my en jy maak my beangs, want ek het twee bakke van daardie einste gefrangelikoliseerde poedings by my in die kar!
LikeLiked by 1 person
O jimmel, jou kar kan dalk verander in ‘n Muskvuurpyl!
LikeLiked by 1 person
Hoop nie so nie! Maar met my man se voet op die dieselpedaal is enige iets moontlik. 😂
LikeLiked by 1 person
🚀🚀
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Briljant geskryf, ek was nou so geskok dat ek dit drie keer moes lees voordat ek kon besluit wie, wat en waar alles nou skielik onderstebo geraak het. Ek het geweet Toortsie se gebrou gaan backfire. Nou wil die misdadigers elkeeen sy eie rigting inspat. Wat het geword van lojaliteit en samewerking? Is alle take al uitgevoer? En moenie weer ‘n vinger na my wys nie – ek is hier by julle, alhoewel nou nie juis in vaste gedaante nie! Dankie vir hierdie bobaas entertainment Bytjie.
LikeLiked by 2 people
Dit was lekker om te skryf, maar ek moes kophou met al die kommentare en insetsels om hierby uit te kom.
LikeLiked by 1 person
Jip, die storie loop vinnig; dis soos die poeding so sous wat oorkook en jy moet weet waar om te keer.
LikeLiked by 1 person
Julle gaan nie nou almal weghardloop nie! Ek gaan nie die gemors alleen skoonmaak nie! Kom hier! Almal wou help klits, nou moet julle help skoonmaak ook!
LikeLike
Ek en Kameel staan in die rytjie wat moet bieg. Sodra ons ons praat gepraat het, en ‘regger’ voel, kom ek help.
LikeLiked by 1 person
Jul mag eers rus en bieg, moet net nie verdwyn nie.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek gaan nêrens, net terug bank toe! Het my dubbelDdubbelD daar vergeet, en al daai ponde lê ook nog daar. Nee, my naam is op die spel. Hoe sal dit nou lyk as my besigheidskaartjies SAAM met die res van die buit gekry word!!! My naam gaan nie aan ñ halwe poging gekoppel word nie. Ek kan nie eers onthou hoe ek terug in die Toweropstal geland het nie! Nou-nou het ek belangrike “evidence” daar gelos.
LikeLiked by 2 people
Reg so. Kameel het my ook datem gerusgestel.
LikeLiked by 1 person
Ek is nou so deurmekaar soos ‘n pizza in ‘n tuimeldroer. Kan ek net ‘n bietjie boere nikotien kry vir my hoofpyn? Dis Grandpa vir die wat nie weet nie… Hierdie ontploffing het my kop nou in alle rigtings geskiet. Kan almal net kalmeer? Dis die poeding wat geskiet het. Die Filistyne is nie op ons nie.
LikeLiked by 3 people
Hulle is die Vistuine en hulle is boonop gefranjelliekoseer
LikeLiked by 2 people
😂😂😂😂
LikeLike
Al wat ek wil weet is wat het Toorts in daai poeding gesit om dit te maak ontplof? Sy wil hoeka nie die resep deel nie
Ek vetrou die hele spul b(l)oggers niks nie, het almal die regte bedrae neergeskryf? En hoekom sien ek nerens die stuk papier nie? Gaan ons nou van voor af moet tel?
En daai poliesmanne se boude is ietwat ronder as vantevore, ek is seker hulle het ook Balipenties aan
LikeLiked by 4 people
Almal het Balipênties gekry. Una het ‘n hele wavrag hier laat aflewer.
LikeLiked by 1 person
Iemand het vergeet om die poeding in die yskas te sit en dís waar die probleem gekom het. Nog so ‘n bietjie asemhou, die resep volg binnekort en dan sal julle sien daar is niks onheiligs in nie.
LikeLiked by 2 people
Klink vir my na opsetlike sabotage, dalk is ek net alweer wantrouerig teenoor die b(l)oggers
LikeLiked by 3 people
Was nie my Dictionary of Detonation nie. Is nie was nie
LikeLiked by 4 people
Ek dink eerder dat dit ‘n geval was dat die sopies Frangelico saam met die spookskok te gou begin werk het en iemand se aandag dalk maar per ongeluk gedwaal het.
LikeLiked by 1 person
Net vergeet om die poeding in die yskas te sit sê Toorts. Tussen haar en Sonell klink dit asof die uil wat sy vere verloor en die koeie se melkemmers wat duike in het en haar eie kopdoek wat in die boom hang en die spoke wat tweekeer graf toe is en en en en, sommer maar net ‘n blapsie was…. niks om oor huistoe te skryf nie. Wonder of sy en Sonell nie kop in een rooi doek is nie?
LikeLiked by 3 people
In hierdie hewige krisis is dit al waaraan hulle dink…ai!!
LikeLiked by 1 person
Wat probeer jy insinueer? Ek het my nie eens vreeslik aan die geld gesteur nie, net daarin gerol?
LikeLiked by 2 people
😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek was maar solank skottelgoed. My hande in onskuld ook…
LikeLiked by 2 people
Hierrr is jy! Waar kruip jy weg??
LikeLiked by 1 person
Hehehehe julle het darem flukse verbeeldings
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan nie alles nie, maar ek hou van die taal om te lees. Die storie lyk baie skreeusnaakse!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het, Matroos. Dis so lekker as jy die taal geniet.
LikeLiked by 1 person
Tina hierdiie is absoluut puik. Al die navorsing wat jy gedoen het kom sterk en snaaks deur. As herdie ‘n film was sou mens dit keer op keer kon kyk en elke keer iets bysien en weer snaaks vind. Soos die groot filosoof (verwysende na sy postuur) Shrek gese het: it is layered like an onion!
LikeLiked by 4 people
Dankie Abrie, dis nou baie lekker om te hoor. Ek moes omtrent my neus op die grond hou om almal se kwinkslae, snaaksighede en idees bymekaar te sit. Gelukkig was ek met vakansie en ek het genoeg tyd gehad.
LikeLiked by 2 people
Dit klink amper na ‘n Jack Sparrow sorie. Pirates of the Caribian, hoe spel mens dit?
LikeLiked by 1 person
Toorts eerder Jack Parrow se My koningkryk….😉
LikeLiked by 2 people
Ek ken nie dit nie, maar chaos is nie die woord nie. Elkeen maak wat hy wilen op die ou end werk alles goed uit. 😁
LikeLike
Nee ,hel, pedeby jy kan sommer n eie boek skryf. Ek het my nou skoon gate uit geniet met al die skietende, barstende goete. Arme Porkie se vroutjie gaan hom nie ken as ons weer tuis is nie.
LikeLiked by 2 people
Gaan jou mense jou weer herken nadat jy deur die klankgrens met jou Muskvuurpyl gebars het, Scrapydo?
LikeLike
Jy moenie nog praat nie. Die vorige keer moes hul my n spesiale permit gee om uit te klim. Hierdie keer gaan hul my en Porkie in kwarentyn sit omdat arme Porkie nakend is en op vreemde aarde getrap het. Sal maar n plan moet maak om verder te ontsnap. Hoop om darem so n paar ponde/goud of note te he om spul hier om te koop. Ongelukkig sal ek so baie nodig he dat ek twyfel of dit genoeg gaan wees.
LikeLiked by 1 person
Skerp!
LikeLiked by 1 person
Wat leuk geschreven en prettig om lezen
LikeLiked by 1 person
Haha, dankie dat jy kom lees het, Marylou!
LikeLike
wat een leuk verhaal
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy die vreemde verhaal kom lees het.
LikeLike
Bytjie ek het nou so gelag! Ek sit by kleinkind se skool revue en wag toe lees ek solank want ek is alleen…die mense kyk my eintlik skeef aan oor ek so lag
LikeLiked by 1 person