Siende my bestuurslisensie verval en ek ook ‘n nuwe ID kaart benodig, het ek besluit om hierdie week die onsmaaklike takie by die horings te pak.
Ek moes nou strategies dink…wanneer is die beste tyd? Middel van die maand het mense nie meer geld nie. Laatmiddag net voor sluitingstyd is die rye al goed weggewerk…jip! Dus, Maandagmiddag net na twee, sak ek en manlief daar by die verkeersdepartement in die ry in. Die gebou is vuil en verwaarloos. Jy moet jou loop mooi loop, want jy moet koershou oor los bakstene en mooitrap om ‘n groot gat in die teerpad te vermy. Dan is dit nog ligvoets spring om oorvloei water uit ‘n verstopte drein vry te spring. Die tuin, bestaan lankal nie meer nie en gras groei wild deur gebreekte sementblokke. In die verwaarloosde parkeerterrein sit lui verkeersmense in hul voertuie en klets op selfone. Suggg…ek wil sommer klaar my polse sny!
Binne sit rye mense in ‘n lang donker gang, maar jy val maar in by die punt. Nou is dit skuif-skuif van een grillerige warmgesitte stoel na die volgende een. Ek sit so op die punt, maar besef my rug sal nie dié posisie te lank verduur nie en sak maar gelate voluit neer in die bekiemde plastiekgerief. Hou maar net my hande weg van my gesig en haal vlakkerig asem en hoop ‘n slegte kiem sweef nie by een van my ooptes in nie!
Die proses verloop maar stadig, dog heel efféktief en na twee en ‘n half ure is ons by die eindpunt. Manlief het sy oogtoets tweekeer gedruip, maar gelukkig ‘n sertifikaat van die oogkundige gehad. Dit was ‘n slim skuif om laat te gaan, want as die deure agter jou sluit, is daar ‘n haastigheid by die personeel om vinniger te werk. Sug van verligting…nou net die gesogte lisensie oor ses weke gaan haal, dan weer asemhaal tot oor vyf jaar vir die volgende burokratiese martelsessie!
Dag twee…Dinsdagmiddag takel ek Binnelandse Sake. Ook massas mense so by die intrapslag, maar die deure sluit agter my en vinnig word die plek al hoe leër en leër. Hier vorder dit werlik fluks…geen vorms, geen vuil ink en vingerafdrukke nie, geen vooraf ID-foto’s nie. Alles word elektronies gedoen en toe ek wil betaal, kry ek die goeie nuus, pensioenarisse kry dit gratis! Een uur in en uit!!
Buite kry ek die opbeurende notatjie onder my motor se ruitveër:
My dag is gemaak!
Ons is besig om slim te raak met wanneer om by die instansies op te daag! ñ Boer(vrou) maak ñ plan. Hierdie dr Lungile, hy kán hoor! Klink my niks staan verkeerd vir sy hande nie… Ek kon maar net my kop skud, want ek besef daar is werklik mense wat na so ñ iemand toe gaan.
LikeLiked by 2 people
Eintlik is dit bedrog en behoort so iemand vasgevat te word. Die Rat that brings money, is vir my skreeusnaaks!
LikeLiked by 2 people
Maar Una dit is dan guarenteed
LikeLiked by 2 people
🤔🤔🤔😓😄😂
LikeLiked by 2 people
Die vagevuur van die lisensie lê binnekort vir my ook voor. Jy is dapper om twee dae agter mekaar met die burokrasie te gaan stoei!
LikeLiked by 2 people
Dit was toe darem nie te erg nie, maar ek is bly dis gedoen, Frannie!
LikeLiked by 2 people
Ek raak net so moedeloos-verontwaardig dat ‘n mens (ten minste) twee ure uit jou lewe uit moet opoffer om in ‘n bleddie tou te sit!
LikeLiked by 2 people
Ja en onthou tog al die nodige dokumente en jou eie pen!
LikeLiked by 2 people
Ons het ‘n oumensry!!!!!!
LikeLiked by 3 people
Nee wat, hier sit jy jou sitte…geen genade!
LikeLiked by 2 people
hehehehe julle is nog jonk! Spring chickens
LikeLiked by 2 people
Nie hier in my valley nie!
LikeLiked by 3 people
Jy is mos nog bloedjonk! ❤
LikeLiked by 3 people
🙂
LikeLiked by 3 people
Die Dr Lungile is werklik n talentvolle mens!
Ek en my Ma is so maand of wat gelede deur Bedfordview se lisensiekantoor gehelp – flink, vinnig en bowenal vriendelik! Ons was 7 uur in die ry, 8 uur maak hulle oop, en teen 9 uur was ons al weer in die pad!
LikeLiked by 2 people
Hehe! Dr Lungile het beslis ‘n geheim waarvan ons nie weet nie. Ek dink tog dinge word bietjie meer opgeskerp. Ek word net vies as ek sien hoe verwaarloos alles is. Die mense wat daar werk, kan mos nie trots wees op hul werk as die omgewing so sleg lyk nie.
LikeLiked by 2 people
Ek moes verlede jaar paspoort hernu. Intussen het my ID boekie verdwyn. Doen dit toe by ABSA Iin Centurion. Voorsien ‘n probleem, sonder ID. Wat ‘n aangename onervinding. Kry toe die Smart ID, ook gratis. Die ouderdom, julle sien.
LikeLiked by 2 people
Dit was die lekkerste verrassing…gratis!
LikeLiked by 1 person
Win tenders? Guptas seker van hom gebruik gemaak en nou gaan hulle van hom gebruik maak vir court cases.
No side effects and 100% guarenteed
LikeLiked by 2 people
Hahaa, skerp Abrie! Ek dink net hulle sal meer die “rat that brings the money”, nodig kry.
LikeLiked by 1 person
Volgens navorsing is hulle die rat 🐀 that takes the money…
LikeLiked by 2 people
Ook weer waar🐀🐀🐀
LikeLiked by 1 person
I laughed and I chortled and laughed again. See my experience here: https://somethingovertea.wordpress.com/2015/12/03/renewing-my-driving-licence/ – and to think it will happen all over again next year!
LikeLiked by 2 people
I think everyone has a story to tell about these visits.
LikeLiked by 1 person
Ek hou van die “Bring back lost lover” idee. Ek gaan nou ‘n lys maak en besluit watter een ek graag wil terughê. Ek moet sê die smart ID werk soos ‘n bom, selfs om te registreer in ons nuwe kiesafdeling was ‘n breeze.
LikeLiked by 2 people
Moenie Carlos en Pablo vergeet nie, hoor!
LikeLiked by 2 people
Whaha
LikeLiked by 2 people
Die bon onder de ruitenwisser zal er teveel aan geweest zijn.
Mijn dag zou niet meer goedkomen.
LikeLiked by 2 people
Vreemde advertensie….ongelukkig glo baie mense dit en mors hul geld op sulke bog. Eintlik is dit bedrog en behoort dit nie toegelaat te word nie.Never a dull moment in SA!
LikeLiked by 2 people
Nog een beetje erger dan bij ons! Maar briefjes van waarzeggers heb ik hier nog niet gehad. Leuke post, Dina.
LikeLiked by 2 people
Dis altyd ‘n ervaring en mens moet maar geduldig wees, Anna.
LikeLiked by 1 person
Dat is zo, maar ik vind het zo’n tijdverlies!
LikeLiked by 2 people
Oeioei, dit is regtig Kafkaanse state! Is dit goed vertaal?
LikeLiked by 2 people
Jammer genoeg verstaan ek nie, Bea. Miskien kan jy in Engels verduidelik.
LikeLiked by 1 person
Unfortunately, I do not know how to translate ‘kafkaiaans’ (from Kafka) to English.
LikeLiked by 2 people
Ek verstaan nou…bietjie gaan Google. Kafkaiaanse toestand is die onheilspellede beheer wat burokrasie oor individue het.Dankie Bea, nou het ek ook weer iets geleer by jou. Jy het dit dan ook reg vertaal…”state”sou ek net vervang met “toestand” …dus Kafkaanse toestand.
LikeLiked by 2 people
So wanneer is jou afspraak by die gesogte dokter? 😂
LikeLiked by 2 people
Ek was al klaar daar😂
LikeLiked by 2 people
Hierdie manne wat so adverteer is nie veel werd nie. So hgier en daar in die kleiner plekkies kry jy nog die wat siektes met kruie behandel wat werk.
Ek en n vriend het een slag baie jare terug in Potch enn van die karavaan anties se kop so gesmokkel met twee minatuur twee rigting radios. Ek was die klient wat wou weet of my “oorlede” broer my vergewe het. Ek vra die vrae in afrikaans en hy gooi sy met sy stem die antwoorde in portugees hier onhar stoel Toe ons daar uitloop was sy so wit soos tikpapier en die karavaan was die volgende dag weg
LikeLiked by 2 people
Hahaa dis so snaaks! Sy het seker daarna haar “beroep” prysgegee.
LikeLiked by 1 person
Moet self Junie so ‘n roete in Potch aandurf en wonder hoe myne daar gaan uitsien
LikeLiked by 2 people
Sterkte…ek is bly myne is verby vir ‘n wyle!
LikeLiked by 2 people
Dus als je bij Dr Lungile een ID-kaart aanvraagt, dan blijft die rechtstaan?
LikeLiked by 2 people
Op en wakker, Thomas!😃
LikeLiked by 1 person
Jij kan erg leuk schrijven. Ja burocreatie is bij jullie duidelijk nog wat erger dan hier 😀. Maar waarzeggers? Nee dank je, ik trek mijn plan 😹
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die kompliment, Joke.
Jy sal verstom wees hoeveel mense hierdie nonsens glo en hul geld daarop mors. Dis eintlik skandalig dat sulke mense nog in die moderne tyd toegelaat word om bogtery te verkondig…dis eintlik bedrog.
LikeLiked by 2 people
Lees graag je taaltje
Moeten jullie altijd een oogattest hebben of is dat vanaf een bepaalde leeftijd. Bij ons in België is dat niet
Je zult maar zo een briefje vinden …
LikeLiked by 2 people
Ja ons moet elke keer ‘n oogtoets doen en as jy druip, moet jy na ‘n oogkundige vir ‘n sertifikaat.
Die briefie het my darem lekker laat lag!
LikeLiked by 1 person
Die liewe rye en verwaarloosde plekke. Dis hartseer en jammer om dit te hoor. Ek het so n klein stelletjie hier afgetrap met ons SA ambasadeur wat my paspoortpapere moes teken sodat dir hernu kon word. Op ou end het die dame (sekretaresse) my gehelp. Ek moes net die vorm voor hom teken want hy moes die verklaring maak dat dit ek was. Arme man het nie geweet wat aangaan nie.
LikeLiked by 3 people
Ek moet sê die amptenare weet wat hulle doen, maar die spasies is te klein en die aanduidings is nie altyd duidelik nie.
LikeLiked by 1 person
Jy kan so bly wees dis agter die rug. Sal netnou die dr se pamflette lees…my foontjie maak skrif te klein.
LikeLiked by 2 people
Wat een gedoe is het bij jullie.
Maar hoe het hier gaat gewoon rijbewijs na 10 jaar verlengen door pasfoto in te leveren en een dag of 5 later ophalen nooit lange wachtrijen alles werkt op tijd en zonder keuring.
Maar over 2 jaar als ik 75 word dan kom ik in de molen van keuring en hoe lang het dan gaat duren ik zie wel.
LikeLiked by 2 people
Hier is geweldig baie korrupsie. Mense koop hul rybewyse by korrupte amptenare en om al hierdie dinge uit te skakel moet ons deur hierdie marteling gaan. Dis ook werkskepping…geweldige klomp amptenare in ons staatsdiens en ook ‘n vorm van geld insamel, want net ‘n klein gedeelte van SA se inwoners dra die hele belastinglas.
LikeLiked by 1 person
Dit kan net in Suid Afrika so wees!
LikeLiked by 2 people
Eintlik dink ek dit het heel goed gegaan.😃
LikeLiked by 1 person
hahahaha, die pamflet is histeries snaaks! En wys net hoe baie van ander mense se kultuur weet mens nie… (bly die admin het goed gegaan 😉 )
LikeLiked by 2 people
Ek wonder hoeveel klandisie kry hierdie kwaksalwer? Dankie vir inloer, Karen.
LikeLiked by 1 person
Hhehe, ja nee, dink nie ek wil weet nie 😉
LikeLiked by 2 people
Ai… dis swaar om the lees hoe dinge agteruit gegaan het!
Maar dis ook goed om te lees dat die ID prosess werk! 😉
LikeLiked by 2 people
Hier is baie positiewe en negatiewe dinge. Ons maak maar die beste daarvan.
LikeLiked by 2 people