My twee dae met die burokrasie

Siende my bestuurslisensie verval en ek ook ‘n nuwe ID kaart benodig, het ek besluit om hierdie week die onsmaaklike takie by die horings te pak.

Ek moes nou strategies dink…wanneer is die beste tyd? Middel van die maand het mense nie meer geld nie. Laatmiddag net voor sluitingstyd is die rye al goed weggewerk…jip! Dus, Maandagmiddag net na twee, sak ek en manlief daar by die  verkeersdepartement in die ry in. Die gebou is vuil en verwaarloos. Jy moet jou loop mooi loop, want jy moet koershou oor los bakstene en mooitrap om ‘n groot gat in die teerpad te vermy. Dan is dit nog ligvoets spring om oorvloei water uit ‘n verstopte drein vry te spring. Die tuin, bestaan lankal nie meer nie en gras groei wild deur gebreekte sementblokke. In die verwaarloosde parkeerterrein sit lui verkeersmense in hul voertuie en klets op selfone. Suggg…ek wil sommer klaar my polse sny!

Binne sit rye mense in ‘n lang donker gang, maar jy val maar in by die punt. Nou is dit skuif-skuif van een grillerige warmgesitte stoel na die volgende een. Ek sit so op die punt, maar besef my rug sal nie dié posisie te lank verduur nie en sak maar gelate voluit neer in die bekiemde plastiekgerief. Hou maar net my hande weg van my gesig en haal vlakkerig asem en hoop ‘n slegte kiem sweef nie by een van my ooptes in nie!

Die proses verloop maar stadig, dog heel efféktief en na twee en ‘n half ure is ons by die eindpunt. Manlief het sy oogtoets tweekeer gedruip, maar gelukkig ‘n sertifikaat van die oogkundige gehad. Dit was ‘n slim skuif om laat te gaan, want as die deure agter jou sluit, is daar ‘n haastigheid by die personeel om vinniger te werk. Sug van verligting…nou net die gesogte lisensie oor ses weke gaan haal, dan weer asemhaal tot oor vyf jaar vir die volgende burokratiese martelsessie!

Dag twee…Dinsdagmiddag takel ek Binnelandse Sake. Ook massas mense so by die intrapslag, maar die deure sluit agter my en vinnig word die plek al hoe leër en leër. Hier vorder dit werlik fluks…geen vorms, geen vuil ink en vingerafdrukke nie, geen vooraf ID-foto’s nie. Alles word elektronies gedoen en toe ek wil betaal, kry ek die goeie nuus, pensioenarisse kry dit gratis! Een uur in en uit!!

Buite kry ek die opbeurende notatjie onder my motor se ruitveër:

IMG_0331

IMG_0326

 

My dag is gemaak!

 

63 Replies to “My twee dae met die burokrasie”

  1. Ons is besig om slim te raak met wanneer om by die instansies op te daag! ñ Boer(vrou) maak ñ plan. Hierdie dr Lungile, hy kán hoor! Klink my niks staan verkeerd vir sy hande nie… Ek kon maar net my kop skud, want ek besef daar is werklik mense wat na so ñ iemand toe gaan.

    Liked by 2 people

  2. Die Dr Lungile is werklik n talentvolle mens!
    Ek en my Ma is so maand of wat gelede deur Bedfordview se lisensiekantoor gehelp – flink, vinnig en bowenal vriendelik! Ons was 7 uur in die ry, 8 uur maak hulle oop, en teen 9 uur was ons al weer in die pad!

    Liked by 2 people

    1. Hehe! Dr Lungile het beslis ‘n geheim waarvan ons nie weet nie. Ek dink tog dinge word bietjie meer opgeskerp. Ek word net vies as ek sien hoe verwaarloos alles is. Die mense wat daar werk, kan mos nie trots wees op hul werk as die omgewing so sleg lyk nie.

      Liked by 2 people

  3. Ek moes verlede jaar paspoort hernu. Intussen het my ID boekie verdwyn. Doen dit toe by ABSA Iin Centurion. Voorsien ‘n probleem, sonder ID. Wat ‘n aangename onervinding. Kry toe die Smart ID, ook gratis. Die ouderdom, julle sien.

    Liked by 2 people

  4. Ek hou van die “Bring back lost lover” idee. Ek gaan nou ‘n lys maak en besluit watter een ek graag wil terughê. Ek moet sê die smart ID werk soos ‘n bom, selfs om te registreer in ons nuwe kiesafdeling was ‘n breeze.

    Liked by 2 people

        1. Ek verstaan nou…bietjie gaan Google. Kafkaiaanse toestand is die onheilspellede beheer wat burokrasie oor individue het.Dankie Bea, nou het ek ook weer iets geleer by jou. Jy het dit dan ook reg vertaal…”state”sou ek net vervang met “toestand” …dus Kafkaanse toestand.

          Liked by 2 people

  5. Hierdie manne wat so adverteer is nie veel werd nie. So hgier en daar in die kleiner plekkies kry jy nog die wat siektes met kruie behandel wat werk.

    Ek en n vriend het een slag baie jare terug in Potch enn van die karavaan anties se kop so gesmokkel met twee minatuur twee rigting radios. Ek was die klient wat wou weet of my “oorlede” broer my vergewe het. Ek vra die vrae in afrikaans en hy gooi sy met sy stem die antwoorde in portugees hier onhar stoel Toe ons daar uitloop was sy so wit soos tikpapier en die karavaan was die volgende dag weg

    Liked by 2 people

    1. Dankie vir die kompliment, Joke.
      Jy sal verstom wees hoeveel mense hierdie nonsens glo en hul geld daarop mors. Dis eintlik skandalig dat sulke mense nog in die moderne tyd toegelaat word om bogtery te verkondig…dis eintlik bedrog.

      Liked by 2 people

  6. Lees graag je taaltje
    Moeten jullie altijd een oogattest hebben of is dat vanaf een bepaalde leeftijd. Bij ons in België is dat niet

    Je zult maar zo een briefje vinden …

    Liked by 2 people

  7. Die liewe rye en verwaarloosde plekke. Dis hartseer en jammer om dit te hoor. Ek het so n klein stelletjie hier afgetrap met ons SA ambasadeur wat my paspoortpapere moes teken sodat dir hernu kon word. Op ou end het die dame (sekretaresse) my gehelp. Ek moes net die vorm voor hom teken want hy moes die verklaring maak dat dit ek was. Arme man het nie geweet wat aangaan nie.

    Liked by 3 people

  8. Wat een gedoe is het bij jullie.
    Maar hoe het hier gaat gewoon rijbewijs na 10 jaar verlengen door pasfoto in te leveren en een dag of 5 later ophalen nooit lange wachtrijen alles werkt op tijd en zonder keuring.
    Maar over 2 jaar als ik 75 word dan kom ik in de molen van keuring en hoe lang het dan gaat duren ik zie wel.

    Liked by 2 people

    1. Hier is geweldig baie korrupsie. Mense koop hul rybewyse by korrupte amptenare en om al hierdie dinge uit te skakel moet ons deur hierdie marteling gaan. Dis ook werkskepping…geweldige klomp amptenare in ons staatsdiens en ook ‘n vorm van geld insamel, want net ‘n klein gedeelte van SA se inwoners dra die hele belastinglas.

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +