Liewe aarde!

IMG_8775.jpgGister sit ek en manlief heerlik buite in die tuinkafee van ons gunsteling kwekery. Orals begin die boomblaartjies uitstoot en verskillende bloeiselgeure hang in die lug. So tussen die stowwerigheid van die Augustuswinde deur, voel ons hoe die aarde weer begin lewe.

Na ‘n heerlike ete en met nog skuimende cappuccinos op die tafel, strek manlief homself behaaglik uit en leun selfvoldaan terug teen die stoel se rugleuning. Ek dink die voorste stoelpote was op daardie stadium nie heeltemal op die grond nie, alhoewel mannetjie stry! Die volgende oomblik is daar ‘n harde gekraak en ‘n helse slag en manlief verwyn buite sig. Ek dag eers dit was ‘n skielike wegraping, maar dit was ondertoe en nie boontoe nie!

Die restauranteur, waarmee ons baie goed bevriend is, kom vervaard aangehardloop, maar teen daardie tyd het manlief al vanuit die dieptes onder die tafel verrys en probeer so waardig as moontlik die plastiekflenters van die gewese stoel, van sy sitvlak aftrek. By nadere ondersoek, dat hy nie seergekry het nie, gaan ek so aan die lag, dat ek amper verstik.

Toe ons later wegloop, brom hy so onderlangs, dat daardie stoelpoot in sy fondament kon ingesteek het…toe lag ek eers!

Die les: vermy plastiekstoele en as dit nie anders kan nie, moet veral nie op hulle ry nie!

60 Replies to “Liewe aarde!”

  1. Ek het ‘n briefie van my dokter wat sê dis baie sleg vir my gesondheid om om daardie plastiekstoele te sit. Dit is ook byna elke keer fataal vir die stoel.

    Liked by 2 people

  2. Oh wat een hilarisch verhaal! Ik zie het zo gebeuren. Je hebt het beelden beschreven Dina! Gelukkig is hij er goed vanaf gekomen! Nee, voor mij ook liever geen plastic. Ik had ze op het balkon in ons appartementje op Gran Canaria. Een vriend die zwaar en lang was zat ook achteruit. En één van de voorpoten schoof vervaarlijk naar voren. Op het moment dat ik het zag gebeuren brak die poot af… Ook goed afgelopen, maar natuurlijk ook vreselijk gelachen… 😉

    Liked by 1 person

  3. Dis nou maar een van my :lelike” karaktereienskappe, maar ek kan myself nie help om te lag as iemand val nie. Het dit by my Ouma ge-erf. Ek sal jou maar ophelp en hoor of jy OK is so terwyl die trane by my wange afrol soos ek lag…

    Bly het het darem nie meer as sy ego seergemaak nie!

    Liked by 1 person

  4. Wha hahaha!!
    As sy waardigheid nie so sleg daarvan afgekom het nie sou ek ook gedink het dis snaaks… maar, een man mag nie lag vir ‘n ander man se teespoed nie!
    Ek hoop die sterre is nou weer minder seer… en die ego is weer herstel!
    Wha ha ahhaaa… moenie laat weet dat ek gegiggel het nie, aseblief… ek’s bang!
    😉 🙂 😀 🙂 😉

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +