Kuier-safari: Die waarheid is uit.

IMG_0469

In vanoggend se Kromkoerant, verskyn hopelik die laaste berig oor hierdie aangeleentheid, onder die opskrif:

Broodjie kry haar loontjie.

Gistermiddag was hier totale chaos by ons kantore. Alles het begin met ‘n blou Uno, wat met skreeuende bande en met verskeie knalgeluide, reeds van vêraf hoorbaar, deur die voorportaal se deure gebars het.

Verskrikte kantoorpersoneel moes tot hul skok agterkom, dat die insittende die immergewilde me Broodina Barber was. Sy is soos reeds bekend, ons koerant se verslaggeefster van damsake en plaaslike morele standaarde. Die druipnat,  modderbesmeerde me Barber was gelukkig ongeskonde en het al swetsende, uit die verwoeste Uno gestrompel.

Die ore het behoorlik getuit oor die taalgebruik uit hierdie puriteinse dame se mond. Iemand het grappenderwys ‘n koekie seep aangebied, wat nog ‘n string totaal onbekende woorde vir geskokte lede van ons behoudende kantoorgemeenskap, tot gevolg gehad het.

Kort na die voorval, het een van die dames van die nou reeds berugte Broodbus, haar opwagting by die kantore gemaak en ‘n volledige verslag van gebeure aan ons beskikbaar gestel. Sy was smaakvol geklee in ‘n geel kniehoogte ontwerpersrok met bypassende stiletto’s en knyphandsakkie.

Na ‘n lang intense gesprek, het ons tot die gevolgtrekking gekom, dat ons joernaliste, die dames van hierdie bus, onnodiglik en onregverdig in ‘n heel slegte lig gestel het. Me Barber se felle aanslag, was die finale brood wat die kameel se rug gebreek het.

Om me Barber verdere verleentheid te spaar, sal ons nie verder ingaan op die gebeure by die Elephant Sanctuary nie. Haar ontslagvorm lê klaar gereed op haar tafel en sy het reeds aanduiding gegee dat sy nuwe weivelde gaan opsoek om haar brood te verdien.

Ongelukkig het die storie ‘n nadraai met ‘n kaserige klankie. Met openingstyd, vanoggend, kon niemand die kantore binnegaan nie. Al die vertrekke was gehul in ‘n rioolagtige walm en ons personeelbeampte het almal gemaan om vir eie veiligheid nie die gebou te betree nie.

Die munisipaliteit se rioolwa het later opgedaag en onder die bekwame leiding en toesig van mnr. Poen Schuyters en me Letrine Spoelsma, ingenieurs water en  riolering, is die septiese tenks agter die kantoorgebou, leeggesuig.

Desnieteenstaande al hierdie pogings, het die walm hardnekkig bly vasklou. Uit desperaatheid het ons Sersant Sputnik Beeslaar, van die plaaslike polisiekantoor ontbied. Sy snuffelhond, Kaasje, het vinnig die bron van kwaad uitgevis. Op me Barber se lessenaar was die kamerasak, wat sy die vorige dag op haar vervolgings-en agtervolgingstog van die Broodbusdames, saamgeneem het.

Selfs Kaasje, wat nogal daarvan hou om per geleentheid vir homself ‘n kamoefleerkakkragie te skep, deur met sy skof in ietsie misserigs te rol, het verskrik teruggedeins by die geur uit genoemde sak. Na ‘n deeglike terplaatse ondersoek, het ‘n met sakdoekgemaskerde Sersant Beeslaar bevind, dat die sak lewe van stukke baie beleë bloukaas en ander onbekende sterk variëteite.

Die vermoede ontstaan, dat dit by die Van Gaalen Kaasmakerij gesteel is en met ‘n kinderagtige wraakmotief, deur me Barber geplant is. Haar ontslag kon nie op ‘n beter tydstip gekom het nie.

img_0473.jpg

Die verdagte kamerasak met verskeie sterkgegeurde kase.

Ons hier by die Kromkoerant, slaak ‘n sug van verligting dat die afgelope week se gebeure tog goed afgeloop het. Ons vra ook nederig om verskoning vir die aantygings en baie swak beriggewing aangaande die groep hoogs gesofistikeerde dames op die Broodbus.

Hiermee ons beste wense vir die res van hul toer vorentoe.

Vis de Arend, Redakteur en hoofaanvoerder van reggestelde sake.

Volg die verdere avonture van die dames op die Broodbus hier:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=797928

54 Replies to “Kuier-safari: Die waarheid is uit.”

  1. Ek het nou die rustende nyalas in die veld langs die Watervalhuis uit hulle middag siësta geskater. My gesin dink ek is stapelgek. Perdebytjie, my maat van yster en plaat. Briljant, skreeusnaaks en minoraskerp. 100 uit 10. 🏅🏅🥇🥇🏆🏆

    Liked by 3 people

    1. Dankie Theo…dis ‘n heerlike verspotte reisverhaal, wat deur ons groep aangepak is. Tussen die grappies deur, stel ons elk ons interessante woonplekke se besienswaardighede aan mekaar bekend.So leer ons ook plekke in ons eie land ken. Sal lekker wees as jy soms kan meelees.My beurt vir bekendstelling van ‘n pragtige area in SA, sal op Donderdag 1 November geplaas word.

      Liked by 1 person

  2. Hierdie verhaal is ‘n verbeeldingryk kragtoer. Daai Dam sal nooit weer dieselfde wees nie. Die Towerinne het seker gemaak daarvan. Die gesofistikeerde dames – whahaha. Hulle weet darem hoe om ‘n goeie voetjie voor te sit nè? Dis briljant Bytjie.

    Liked by 3 people

  3. Dis kostelik verby Perdebytjie 😁😁😁 Briljant!!. Bly om te hoor jy het weer jou geel rok en stiletto’s aangehad!! Hester is reg… die dam gaan nooit weer dieselfde wees nie.

    Liked by 1 person

    1. Ek waggel steeds op daai stiletto’s, maar dit gaan darem na dese al hoe makliker. Het ook nou al geleer dat die uiterlike baie tel om skurfheid te verdoesel…dis nou ekke, daar vanaf die mynhope op die Oosrand!

      Liked by 2 people

  4. Ek sit verstom hier in Bangkok en lees hierdie uitmuntende berig. Verstom, en toe begin ek giggel, en toe kom die snorke deur…soos ek lag. Natuurlik, as mens hier aan die lag raak, dink iemand in die onmiddelike omtrek dis omdat hulle iets snaaks gesê het. So word ons toe ń groepie wat lag. Ek vir jou skrywe, en twee ander vir mekaar want elkeen dink hy is die een wat die snaakse ding gesê het. Ja, dis hy-e, want ek was besig om speelgoed karretjies vir die kleinkinders te koop, en twee verkoops-ouens het albei ewe hard probeer om hul ware aan my te verkwansel. Als dit terwyl dogter weereens tekere gaan omdat sy seker is sy het ń rot se boude en stert agter die toonbank sien ingaan. Ewenwel Perdebytjie, jy het hierdie briljant berig. My dorpie is nou amptelik op die map.

    Liked by 3 people

  5. Dit was nou n briljante beskrywing. Ek hou van jou snuffelhond se manier van weg steier van die reuk en ook die reukies wat hul so graag om hul nek hang.(gelukkig het Trompie nog nie geleer om dit te doen nie, hy’s mos deur n mens grootgemaak, ha ha) Die name wat jy vir die verskillende persone gegee het is kostelik en heel beskrywend. Hoop net nie ou Broodina wys weer haar gesig nie!

    Liked by 3 people

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +