Op 16 November 1908 sien hy die eerste lig in Rotterdam, Nederland. Dis vandag presies honderd-en-tien jaar gelede.
My pa was ‘n besondere mens. In baie opsigte geheimsinnig en nie vrygewig oor vertellings van homself en sy verlede nie. Sy vader was ‘n skeepsingenieur en was maande lank op see. Sy moeder moes meestal op haar eie regkom met die opvoeding van drie seuns en twee dogters. Sy een sussie sterf tragies op vierjarige ouderdom aan witseerkeel en dit het lewenslank ‘n letsel op hom gelaat.
Die Eerste Wêreldoorlog het vir groot swaarkry gesorg en hy onthou dae van geweldige honger en die slegte kos wat hulle te koop kon kry. Hy het vertel van die broodmes wat sy ma moes skoonvee, elke keer as sy deur ‘n pikswart kluitjierige brood moes sny. Dit het hom altyd bygebly en hy het gereeld vir ons gepreek om nie kos te mors nie. Een van sy sêgoed: “Dis sonde om weg te gooi”, maak vandag nog deel uit van ons familiewoordeskat.
Op skool was hy verveeld en sekere onderwysers het hom as dom bestempel.Tóg het hy later jare studeer en ‘n siviele ingenieur van beroep geword. Die jare dertig in Europa, was moeilik en werkloosheid was aan die orde van die dag. Dit het hom genoop, om vingeralleen ‘n veertien dae seereis aan te pak en in 1936 in Kaapstad aan wal te stap. Hy het sy verloofde en familie agter gelaat met die waarskynlikheid dat hy hulle nooit weer sou sien nie.
Hierdie tydperk is baie duister en ek weet nie veel daarvan nie. Later het hy in Pretoria beland waar hy my ma ontmoet het, waar hulle toevallig in dieselfde losieshuis gewoon het. Op 29 Junie 1946 is hulle getroud en drie kindertjies is gebore in 1950, 1953 en 1955.
My eerste bewuswording van my pa, was die liedjies wat hy saans met bedtyd vir my gesing het…Nederlandse liedjies …”heb je wel gehoord van de zilvere vloot van Spanje”…”Piet Hein zijn naam was klein”…woorde wat vandag uit my onderbewussyn opslaan. Hy het ook sy eie storietjies opgemaak en ons saans daarmee aan die slaap vertel. Op ‘n stadium het ek vreeslik nagmerries gekry en hy het elke aand as ek verskrik huil, by my kom lê en my vasgehou totdat ek weer rustig raak.
Hy het ons geleer van kuns, musiek, ballet en opera en ons gereeld na uitvoerings geneem. Ek het nou nog sy ou plateversameling, wat ‘n paar waardevolle stukke insluit. Ongelukkig het ons nie meer ‘n grammofoon nie en daardie goed sal seker verlore gaan.
Gereelde uitstappies na Pretoriase Dieretuin, het by my ‘n kennis en liefde vir die natuur gekweek. Ironies genoeg het ons nooit ‘n wildtuin besoek nie. Ek weet nou nog nie wat die rede daarvoor was nie. Ek weet hy was kleurblind en het ook altyd verdwaal….miskien was dit ‘n rede…hy kon nie die diere sien nie!
Hy was verskriklik onhandig en ek onthou toe ons motor eenkeer ‘n pap wiel gehad het, hoe hierdie Nederlander gesukkel en geswets het! Ek het natuurlik met ‘n goeie dosis Nederlandse swetswoorde kennis gemaak en ek onthou hoe ek as tiener, my doodgeskaam het vir my pa se aksent.
Sy humorsin was heerlik en ons het ons soms slap gelag vir hom. By tye kon hy egter baie stil en teruggetrokke raak en het ek later jare besef hy was ‘n depressielyer. Tydens sy laaste jare was hy geweldig siek aan emfiseem vanweë jare se kettingrokery. Hy het wel opgehou, maar dit was te laat. Tydens sy siekbed het hy nooit gekla nie en nog een van sy humoristiese, dog half siniese uitdrukkings was:” Suffer in silence”. Hy het dit behoorlik uitgeleef en is rustig heen vier dae voor sy vier-en-tagtigste verjaarsdag. Sy laaste woorde terwyl die doodsweet hom afpêrel, was: “Heerlik, heerlik!”
Dit sal my altyd bybly, want my lewe saam met hom was altyd net heerlik, heerlik!
Hierdie foto van hom as jong man is waarskynlik vroeg in die dertigerjare geneem…
Troudag 1946…
prachtig deze herinneringen …
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het, Gerrit.
LikeLike
Wat een prachtmens moet je pa zijn geweest.
Maar hij moet toch al een zekere leeftijd hebben gehad vooraleer hij Dina verwekte?
LikeLiked by 1 person
Ja hy was 45.. reeds ‘n ouerige pa. Maar dit het hom nooit weerhou om vir ons net die beste te wees nie.
LikeLiked by 1 person
Lieflike herinneringe vir altyd en nog meer! Mooi geskryf!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLike
Mooi onthou!
LikeLiked by 1 person
Ek voel vandag nostalgies as ek so terugdink aan hom. Daar is eintlik nog so baie wat ek kan sê.
LikeLike
💐💐
LikeLiked by 1 person
Pragtige herinneringe Dina!
LikeLiked by 1 person
Dankie Aletta.
LikeLiked by 1 person
Dit is altyd vir my goed om te hoor as dogters goeie verhoudings met hul pa’s gehad het. Ek glo nou maar eenmaal dit help baie in ń vrou se huwelik. Jy was bevoorreg, Dina, en ek verstaan dat jy graag vashou aan jou goeie herinneringe.
LikeLiked by 1 person
Dit het beslis ‘n uitwerking op mens se huwelik. My pa was nooit baasspelerig oor my ma nie en het baie respek teenoor haar getoon. Inteendeel, ek dink hy was die Suid-Afrikaanse mans van daardie tyd, jare vooruit. Niks patriargaal of dominerend nie, baie verlig en ‘n persoon wat niemand veroordeel het as hy anders was nie.
LikeLike
Amazing, dis al wat ek kan sê.
LikeLiked by 1 person
Wat een mooie herinnering. En prachtig die foto’s. Wat een mooie mensen.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Bea.
LikeLiked by 1 person
Mooi artikel en aansluitend het Liedje dat jouw pa graag hoorde
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Theo! Ek het nou hierdie lied so geniet en ek onthou presies die woorde, toe ek dit nou hoor. Nou verlang ek eers ekstra na my pa en wens hy kon dit weer vir my sing!
LikeLiked by 2 people
Dat begrijp ik.
Ik zou jou de plaats gaan opzoeken van zijn geboorteplaats en foto’s opsturen.
Spijtig genoeg is Rotterdam tijdens de tweede WO volledig platgebombardeerd en is er NIETS meer van de oude stad of enig archief.
Goed dat jij nog enkele foto’s van hem hebt.
Koester U aan de goede herinneringen.
Groetjes
Theo
LikeLike
Een heel mooi eerbetoon aan je vader 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie Koen.
LikeLike
Wat ;n mooi skrywe. Snaaks, my pa, het ook altyd van daardie liedjies gesing. Ek het altyd, seker nou nog, gewonder oor daardie zilvere vloot en gedink aan Piet Hein, met die klein naam en groot dade. Wie was Piet Hein? Lekker gelees em skielik, verlang ek ook na my pa.
LikeLiked by 1 person
Piet Hein was ‘n Nederlandse admiraal wat ‘n Spaanse vloot vol silwer gesteel het. Dit was tydens die Tagtigjarige Oorlog teen Spanje..1568 tot 1648.
LikeLiked by 1 person
Dankie en nou kan ek lekker luister, hierbo. Ons was, bevoorreg, met sulke ouers.
LikeLiked by 1 person
Jy kan diept weer sê…my ouers was net die beste!
LikeLike
Pragtige herhinneringe. Drukkie v jou
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondeltjie.
LikeLike
Sulke mooi herinneringe maak mens se hart so warm.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie.
LikeLiked by 1 person
Ag ek het nou te lekker gelees en daar is soveel ooreenkomste met my eie pa dat ek skoon ‘n knop in die keel het Baie dankie hierdie is ‘n baie spesiale blog vir my.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het, Tina. Ek het jou lanklaas hier gesien. Dis so lekker dat ons soveel ooreenkomste kan deel.
LikeLike
‘n Regte Kaaskop – net soos vuurklip se pa. Gebore 9 Julie 1908 in Scheveningen en in 1938 in ZA aangeland – met ma ‘n jaar later agterna …
LikeLiked by 1 person
Interessant! My ma was egter ‘n boerenooi!
LikeLike
Wou nog sê: Pa het ook weens emfiseem gesterf. Ma was Duits, het as jong meisie in Holland gaan werk soos tienduisende ander Duitse vroue – tye gedurende die laat 1920’s en vroeë 1930’s in Duitsland was haglik.
LikeLiked by 1 person
Sjoe ons vaders het omtrent baie ooreenkomste. Dis dalk ook hoekom ek baie dieselfde dink as jy en meestal saamstem met wat jy pos.😉
LikeLiked by 1 person
Pragtige fotos en baie inspirerend ♥♥♥
LikeLike
Ek stem saam met Tina oor die ooreenkomste. Dis vir my pa moeilik gewees om oor die verlede te praat. Hy het nooit nie. OP sy sterfbed het hy bietjie terug herleef . Dit was maar baie swaar vir hom. Hy het ook twee Wereldoorloe oorleef. Ek gaan hierdie stkkie van jou diep in my hart bere. Noudat ek my herinneringe neerskryf kom ek op baie dinge af wat ek nooit verstaan het nie. Tog kry ek stelsemaatig insig in omstandighede.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig het my pa die tweede oorlog vrygespring, maar sy ouers en familie was daarin en hy het hierdiekant gesit en hom morsdood bekommer oor wat met hulle gebeur het. Dit was maar ‘n donker tyd. Ek is bly my skryfsel kon vir jou iets beteken, Ineke.
LikeLike
My pa het in Indonesie grootgeword. Die tweede wereldoorlog het my tante(pa se suster) vir twee jaar in n konsentrasiekamp vasgesit in Indonesie. Sy was n verpleegster gewees wat vir rooikruis gewerk het. Al wat ek weet dat my Oupa-hulle nie gedink het om haar lewendig te sien nie. My oudste suster was 4 jaar gedurende die 2de WO en kan selfs onthou van ontberings in Holland.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n skreiende tydperk in die geskiedenis!
LikeLike
Beslis en dan kry mens leiers wat alles in hul vermoë doen om onrus te saai. Dis die gewone vredeliewende mense wat die spit meestal moet afbyt.
LikeLiked by 1 person
This is a WONDERFUL tribute to your father! Ons kan so baie van ons ouers leer – al is dit somtyds te laat om daardie nodige vrae te vra.
LikeLiked by 1 person
Dankie Anne. Ja ek is spyt ek het nie meer vrae gevra nie. Ek dink as kind neem mens jou ouers so as vanselfsprekend, dat mens nie bodder om iets te bevraagteken nie.
LikeLike
Baie mooi geskryf Bytjie. Ek het ook ‘n “ou” pa gehad (50 toe ek gebore is) en ek dink as kind het ek sy meer besadige jare beleef. Ons het ook Piet Hein met oorgawe gesing in ons skoolkoortjie 🙂
LikeLiked by 1 person
Ons het dit ook op skool gesing…dit was seker in die kurrikulum van daardie jare…haha!
LikeLiked by 1 person
Wat een bijzondere pa! Dat hij jullie liet kennismaken met muziek, kunst ballet en opera is voor die tijd wel speciaal. Zoveel mooie herinneringen om te bewaren…
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het, Els.
LikeLike
Dit is pragtige herinneringe.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het. Sonell.
LikeLiked by 1 person
Altijd leuk om zien, die oude foto’s
Mooie herinneringen heb je er nog aan.
LikeLiked by 1 person
Dankie Suske.
LikeLiked by 1 person
Lekker lees ek aan jou “trip down memory lane” ons herinneringe aan ons geliefdes is al wat mens het vir die toekoms se terugval.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het!
LikeLike
Piet Hein en de zilvervloot leerden wij ook op school. Ik denk niet dat onze kleinkinderen ze nog kennen. Maar we leerden ook zuid Afrikaanse liedjes. Oh breng mij terug naar die ou transvaaL, daar waar mij Sary woon.
Wat leuk dat je vader nog een Nederlands accent had.
Dat kettingroken heeft veel slachtoffers veroorzaakt. Empyseem is een afschuwelijke ziekte. Daar zou je al depressief van worden.
Bewaar de mooie herinneringen maar.
LikeLiked by 1 person
My vader het nooit sy aksent verloor nie. Dankie dat jy kom lees het, Eveline.
LikeLiked by 1 person
Baie mooi geskryf! Jy’s gelukkig jy kan soveel ondhou en dat jou pa daar was vir julle!
Moenie daai langspelers laat weg raak nie… deesdae is draai tafels weer vrylik beskikbaar! Hou vas aan jou skatte! 😉
Dankie… ek het lekker gelees… en ek wonder of ons meskien nie op ‘n dag saam in die Pretoria dieretuin was nie… ek was as klein seuntjie mal oor daai plek! 🙂 Ek was ook eers as ‘n jong man in ‘n wildtuin!
LikeLiked by 1 person
Ek hoor mens kry weer draaitafels. Ek het Pretoriadieretuin soos die palm van my hand geken en ook eers as student my eerste besoek aan ‘n wildtuin gebring. Dankie dat jy kom lees het, AJ.
LikeLiked by 1 person
A lovely tribute. And photos. Of a handsome man and a handsome couple. So, your father was Dutch. Sorry he died so young. He was ten years older than my own father who was from 1918. Other times and other worlds.
About the records: I have bought a new turntable a few years ago. Works wonders. You should get one. Those records are priceless. And there are even options where you can play the record and digitalize the music.
Tot ziens Dina
LikeLiked by 1 person
My father died at age 84, so he wasn’t young. Maybe it got lost in the translation, Brian. 😉Yes I heard one can buy turntables again. I am definitely working on getting one.
LikeLiked by 1 person
The translation into Spanish can be… surrealistic. 84? One always wishes more of course, but I’m glad he had a long life and that you could accompany him for a while. And do get a new turntable. You will be fascinated. (I just changed my stereo/amplifier, it works very well)
Bon week-end.
LikeLiked by 1 person
Pragtig
LikeLiked by 1 person
Wonderlike storie!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person