Gautrein =Goutrein

Vanoggend het ons weer vir die eerste keer in ‘n jaar met hierdie heerlike trein Sandton toe gery.Ons was werklik verbaas om te sien dat die parkeerarea by Rhodesfieldstasie tjok en blok vol geparkeer was.Toe ons laas gery het,was daar baie oop parkeerspasies..dit was ook in die middel van ‘n werksweek.

‘n Ou galbraker het in gister se Beeld ‘n brief geskryf waarin hy vreeslike ingewikkelde somme maak wat bewys dat dit onmoontlik die tienmiljoenste passasier kon wees,wat verlede week op die trein gery het.Ek erken somme is nie my sterkste punt nie,maar dit smaak my,daar moet altyd een of ander ou suurknol wees wat naar word,wanneer iets ‘n sukses is.

Sulke mense kry jy oral.Selfs voor die treinprojek aan die gang gekom het,was ons eenkeer in geselskap waar hierdie doemprofeet,met OUTORITEIT, let wel, vertel het wat ‘n mislukking dit gaan wees.Ek wens ek kan die omie in die hande kry en hom saamsleep op die trein.

Wanneer ons Sandton toe ry,neem dit ons soms meer as ‘n uur-en-‘n-half,afhangende van die verkeer.Vanoggend het ons binne twintig minute stasie toe gery,twee minute vir die trein gewag en by tye teen honderd-en-sestig kilometer per uur Sandton toe gejaag.Ons is half-elf hier by ons huis weg en kwart-oor-elf in Sandton City..dis die loop na die sentrum ook ingesluit!

Op die trein is daar twee sekuriteitsbeamptes per wa en almal is baie vriendelik.Die instruksies is ook baie duidelik en ‘n mens kan nie maklik verkeerd gaan nie.

Nadat ons ons besigheid gedoen het,toebroodjies en koffie geniet het,was ons kwart voor twee alweer tuis.

Dis nou wat ek noem ‘n GOUTREIN! 

26 Replies to “Gautrein =Goutrein”

  1. Ek is paslik beĆÆndruk met die trein… wat die kostes betref kan ek nie ‘n uitspraak lewer maar as mens aan tyd en stres dink is dit uit en tuit die moeite werd.

    Like

  2. Of suurknollie dit nou wil erken of nie, die stelsel is ‘n sukses. Hulle kan gerus die diens uitbrei na ander stede toe ook.

    Like

  3. Al wanneer baie mense Sandton toe gaan en koffie drink en nie lank bly nie is as hul hul visumaansoeke daar inhandig šŸ™‚

    Like

  4. Ek wens dit ook.Al daardie honderde geparkeerde karre by die stasie,sou ook op die pad gewees het,as dit nie vir die trein was nie!

    Like

  5. Ek dink die busroetes is nie mooi deurdink nie,en baie mense wil letterlik by die stasie parkeer.Dit gaan nie meer lank werkbaar wees nie,want die stasies se parkering is beperk.Hulle sal dalk moet dink aan Park ‘n Ride op ander sentrale plekke.Dan sal die busse werk.

    Like

  6. Sal seker nooit ooit in my lewe Gautrein ry nie, treinrydae vir my verby, maar die afgelope 10 jaar baie in Europa gery, fantastiese treine, oor lang afstande; net tussen Wene en Budapest was dit so-so, maar die omgewing het opgemaak. Terloops, jou ssssspyyyker-storie by die water-storie is mos die rede vir die populution, nie waar nie? :-)) Groente

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĆŖreld, vir die wĆŖreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĆŖ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +