Liefste Pa

Dis vandag presies ‘n jaar gelede dat Pa siek geword het.Dit was ‘n ellendige tyd en na drie weke se lyding is Pa weg.Vanoggend het ons met Pa se assies gery na een van die plekke wat Pa altyd so geniet het.

Daar by die pragtige Marievalevlei,waar Pa altyd so lekker voels gekyk het,het ons eers stadig deur die vlei gery en stil na die verskeidenheid geveerdes gekyk en die oomblikke saam met Pa in herinnering geroep.Dit was asof daar vandag meer skaars soorte te siene was,soos die skaam Dubbelsnip en die twee Bloubekeende.Daar was geen mens in sig nie en ons het rustig op die bruggie,waar die Blesbokspruit in die vlei inloop,stilgehou.Dis waar Pa gereeld koffie gedrink het en die geel kwikstertjies wat gewoonlik daar rondwip,bewonder het.Dis ook die speelplek van die sku otters wat ons al ‘n paar keer daar  blitsig  sien verdwyn het in die dieper water.

Waar die stroom lekker sterk onder die bruggie deurkabbel en waar mens deur die helder skoon water tot op die bodem kan sien,het ons die assies ingegooi.Met die pragtige lied van ‘n verskuilde rietsanger en die sagte gekrrk-krrk van die bleshoenders het dit stadig in die stroom afgedryf.Dit het sulke pragtige wolkpatrone gemaak en mettertyd deel geword van die ewigvloeiende waters van hierdie pragtige natuurwonder,tussen die mynhope.

So vloei al die herinneringe van ‘n wonderlike skoonpa,wat vir my soos ‘n eie pa was,vandag weer sterk deur my gedagtes en ek is dankbaar dat ek die voorreg gehad het om hierdie dierbare mens te ken.

 

21 Replies to “Liefste Pa”

  1. Ek moes nou opsluit dié Marievalevlei gaan google, maar sonder sukses. Kon toe darem Blesbokspruit kry. Jy’t my nou behoorlik lusgemaak vir die plek – is darem nie te ver van ons af nie.

    Like

    1. geitjiefluweel@gmail.com
      Die plek se naam is eintlik Marievale Bird Sanctuary en dis reg langs die ou myndorpie Marievale.Mens ry eintlik vanaf Springs na Nigel en kry dan die afrit Marievale toe.Mens ry so om die dorpie,agterom verby ‘n helse klip mynhoop.Dit lyk baie gopserig,maar in die reservaat is piekniekplekke en goedversorgde skuilings.Dis die wonderlikste plek om watervoëls te leer ken.

      Like

  2. ‘n Skoonpa soos wat voel soos jou eie pa, dis wonderlik! Ja, nou is dit ook gedoen… so stap die lewe, mag die mooi herinneringe voort leef!

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +