Gelukkige einde

Toe ek gister Kwaaitjie Koekoek se nes besoek,was hy weg en daar is geen spoor van sy uitgemergelde Janfrederik-ouers nie!Aanvanklik was ek baie hartseer,want ek het gedink die bure se kat het hom dalk bygekom.’n Rukkie later hoor ek egter die Janfrederikke se kenmerkende roep en ek sien hulle het nog wurmpies in die bek! Toe weet ek,klein Kwaaiste is nog hier iewers!Na ‘n rukkie se gesoek,sien ek hom taamlik hoog in ‘n boom en my kamera kliek vir oulaas.

Vanoggend het hy iewers anders heen geskuif,want ek hoor nog steeds die Janfrederikke se geroep.Kwaaitjie is daarby nog skelm ook..met sy gestreepte lyfie,is hy ‘n uitstekende kamoefleerder.Dis hoekom hy gaan oorleef.

Ek het ‘n lekker pad saam met hom gestap en hopelik wanneer die Piet-my-vrou volgende somer roep…wie weet,dalk is dit Kwaaitjie!

Oorlewing is ‘n sterk drang.Laaste foto,voor Piet-my-vrou die wrede wêreld aandurf!

 

15 Replies to “Gelukkige einde”

  1. Baie dankie dat jy met ons gedeel het. Ek het dit nou baie geniet. Ek hoop nog steeds dis ‘n hy en dat sy vroutjie haar eier in ‘n ander nessie sal lê!

    Like

    1. @losbek
      Op hierdie stadium is hy omtrent so groot soos een en ‘n halwe mossie.Ek het hom gister weer gesien,hoog in ‘n digte bos met mammie en pappie wat hom voer.

      Like

    1. Dankie dat jy gaan loer het.Ongelukkig was daar hierdie jaar nog nie eers ‘n enkele geroep van ‘n Piet-my-vrou nie.Die Janfrederikkies het egter “normale” kuikens groot gemaak.

      Liked by 1 person

      1. Hier by ons in Pretoria het die Piet-my-vroue darem al hul opwagting gemaak; altyd n mooi geluid om die somer aan te kondig.

        Jou janfrederikkies was seker aansienlik minder oorwerk hierdie jaar, ne Dina?

        Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +