Brief aan iemand spesiaal

Dit voel soos eergister toe jy met jou pienk gesiggie en pikswart haartjes in my arms gelê het.Daardie groen ogies het niks gemis nie en nuuskierig rondgekyk.Omdat jy die jongste is,het ons baie saamtyd gehad terwyl die ander in die skool was.Ek onthou nog hoe jy orals altyd by my was,by plesierige plekke en minder plesierige plekke.

Dit was ‘n hartseer dag toe ons Oubaas,ons ou boerebrak,laat uitsit het.So klein as wat jy was,het jy op jou manier verstaan en my vertroos.Jou kreatiwiteit het al vroeg gewys,met al die goedjies en tekeninge wat jy vir my geskep het.Vandag nog lê dit onder in my kas,vir die dag wanneer ek seker moet opruim en uitgooi,vir trek na ‘n kleiner plek!

Alte gou is jy skool toe en moes ek die wel en wee van die grootword-stoeiproses saam met jou deurmaak.Daar was meer vreugde as smart en alles is heeltemal te gou verby! Die moeilikste was om jou op wiele te kry en jou vlerkies te laat sprei.Daar is niks so angswekkend vir ‘n ma as om te sit en wag vir daardie sms om te sê jy is veilig nie.

Saterdag was jou kombuistee en skielik het dit my tussen die oë geslaan…jy gaan  trou en nou is my kleinding lankal nie meer my kleinding nie!Sjoe,ek het Saterdagaand gehuil toe almal weg was,want die besef van dinge wat ewig verby is,kan mens soms soos ‘n skim van agteraf oorval.

My liefste dogter, jy het ‘n wonderlike keuse vir ‘n lewensmaat gemaak en ek gun jou alles wat mooi is op jou lewenspad.Voordat ek totaal uitrafel,onthou net dié goue reël:Liefde ,vergifnis,samewerking,toegewing,verdraagsaamheid,lag en liefhê,is soos klippies wat saam in ‘n sakkie gegooi word en deur die jare blink teenmekaar gaan skuur,totdat hulle glad en kleurvol is!

Van jou tranerige ma.

Advertisements

20 thoughts on “Brief aan iemand spesiaal”

    1. @vega
      Ek het darem al ‘n rok.Sommer een wat ek met ‘n vorige geleentheid gedra het.Het gaan rondkyk en sommer besluit al die duur “goedkoop”Sjinese gemors wat in die winkels is,sien my nie weer nie!

      Like

  1. O aarde, nou’s ek ook bewoë – oor die ongelooflike sterk, innige liefde tussen ma en dogter wat jy so goed beskryf. Ons is baie bevoorreg om dit te mag ervaar.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s