Verdere verwikkelinge in die BLIXEM-sage

Nouja,manlief kom toe tuis met sy twee-dae-oud mens-pakkie en vinger-geborselde tande en vertel vir my hulle het speurder gespeel.Die plek waar die ongewenste inkopie gedoen is,was by ‘n splinternuwe Engen 1Stop oppad van Rustenburg af.Dis blykbaar naby Pretoria.

Op die garage se sekuriteitsfilm kan duidelik gesien word hoe manlief en kollega langs ‘n wit voertuig met vier insittendes parkeer.Hulle klim uit en dis duidelik dat kollega die motor sluit met sy afstandbeheerder.Hy en manlief stap kleedkamers toe met een van die insittendes van die wit motor,reg agter hulle,besig om op sy selfoon te gesels.Die wit motor ry en parkeer in ‘n wegkomposisie.Een vent klim uit,stap houtgerus na kollega se motor,haal die tas uit ,stap terug en siedaar die manne ry rustig weg met een van die dag se groot visse wat hulle gevang het!

Een se gesig is taamlik duidelik en hulle probeer die motor se registrasienommer sien.Nouja,ons hou nie asem op dat hierdie vuilgoed vasgetrek sal word nie.Intussen het skoonseun,wat ‘n rekenaarfundi is,al manlief se inligting geblok.Vir veiligheid moes ook alle pinnommers en kodewoorde by die bank verander word.Manlief is al heel oggend besig daarmee

Dis die nadeel van virtueel wees..alles is daarbuite vir almal om te sien!Dit maak mens eintlik bang!

Perdeby is nou ekstra die BLIXEM in!

14 Replies to “Verdere verwikkelinge in die BLIXEM-sage”

  1. Ai tog ek sou ook baie moerig gewees het! My rekenaar is my kosbaarste besitting al is dit stok oud! Dink nou net aan al die werk wat ook weg is.
    Voorwaar sulke blixems

    Like

  2. Kan mens nie die foto groter maak en orals opplak nie. Sit die clip op Youtube en op elke koerant webwerf en waarsku mense. Miskien kom daar iewers inligting uit en word hulle gevang. Mens kan seker hoop?

    Like

    1. @vega Ons wag nog vir die videomateriaal en sal dan sien of dit duidelik genoeg is om iets daarmee te maak.

      Like

  3. Gaan gooi ‘n paar bottels stukkend dan voel jy beter šŸ˜‰

    (al weet ek presies hoe jy voel, ek sou ook )

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wĆŖreld, vir die wĆŖreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sĆŖ:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +