Weerkaatsings..mymeringe oor wat verby is

Die oujaar lê op sy rug en skop nog net floutjies.Teen vanaand,sal hy ‘n oplewing beleef met klapperknalle en dronk lywe wat wieg op maat van die tot vervelens-gesingde “Old Lang Syne”.Daarna sal hy sidderend sterf.Miljoene pretmakers sal vir oulaas drink op dit wat vir ewig verby is en gillend met drankglase omhoog en spuitende sjampanjebottels,die nuwe jaar binneval.

Die nuwe jaar is eintlik maar net ‘n weerkaatsing van die ou ene,met hier en daar ‘n wysiging.Die siklusse in die natuur kom en gaan soos dit reeds vir miljoene jare doen.Ons ou spikkeltjie-mensdom wat maar ‘n kort tydjie deel van hierdie groot heelal is,gaan soos eeue reeds gebeur het,voortstoei om te oorleef..elkeen op sy eie mishopie.

Dit is egter die hier en nou en die realiteit,waarvan ons die beste moet maak.Mag die nuwe jaar vir elkeen van ons ‘n weerkaatsing wees van die goeie in ons verlede met die byvoeging van nog beter dinge in die toekoms.

325D
Die son sal steeds elke dag opkom en sy weerkaatsing iewers gooi..Dagbreek oor die Choberivier,Botswana.

 

 

21 Replies to “Weerkaatsings..mymeringe oor wat verby is”

      1. Dankie perdebytjie, mag die jaar wat voorlê vir julle ook baie liefde en vreugde inhou. En kom drink koffie as jy weer Sundowner toe kom.

        Like

  1. wat ‘n pragtige foto ! ! !

    (sommige hedoniste vind die lewe te eentonig en daarom soek hulle hul opwinding in enige vorm van lewensgevaarlike en risikodraende bedrywe )

    ‘n Rustige 2014 word vir jou en jou dierbares veronderstel.

    Like

  2. Baie dankie vir jou en jou mense ook, perdebytjie! Julle gaan die nuwe jaar in met ‘n nuwe lid in die familie. Tyd weer vir ‘n foto!

    Like

  3. Ons eerste landgoed Oujaar.Nuwe Jaar Ons braai wors en eetworsbroodjies – dan vlieg ons twaalf uur op om die om die vuurwerke op foto’s vas te lê – want ons kyk uit oor die dorp

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +