Bos-testosteroon.

Kameelperdbulle is baie interessante diere om dop te hou,veral as daar koeie in die omtrek is.Die groot bul steek sy kleim af by die koei en die ander manne kan maar net toekyk en hul frustrasie op mekaar uithaal.Dis dan wanneer die nekslaan speletjies begin.Dit kan vir ure aanhou en is ‘n towerspel van tandemnekswaaie en soms harde kopslane.

Die lywe word styf teen mekaar staangemaak.Vandaar sak die nekke gelyktydig ondertoe en kom boontoe met ritmiese swaai en draai bewegings.Af en toe is daar ‘n woeste geklap soos hulle mekaar slaan met die koppe.Soms lyk dit soos kobraslange wat uit oosterse mandjies opgetower word en mens voel sommer lus om musiek te speel,wat by die ritmiese kameelperdery pas.

IMG_6703
Die nekke word in tandem rondgeswaai.
IMG_6729
Krul en draai.
IMG_6734
Bo gekom,nou weer die hele swaaiproses herhaal.
IMG_6716
Dit lyk liefies,maar dit is nie!
IMG_6706
Dis hier waar mens musiek uit ‘n opera hoor,want dit lyk of die twee ‘n duet aanhef.
Advertisements

13 thoughts on “Bos-testosteroon.”

  1. Sjoe – en kyk net hoe vas staan die bene, so effens uitmekaar. Pragtige twee bulle, en fotos mooi skerp. Ek het gehoor dat hul mekaar blykbaar ‘uit’ kan slaan, en dan sal die ander een geduldig wag totdat die een wat flou geword het weer wankelrig opstaan… voor daar voortgegaan word.

    Like

    1. Dis interessant.Dan is dit ook maar gevaarlik om so te speel,want hulle kan leeukos word.Daardie dag was daar ses wat so geslaan het.Ons het nie geweet waar om te kyk nie.Hulle het meer as ‘n uur aangehou.Ons was naderhand moeg en het maar gery.

      Like

  2. Neewat,hulle is tawwe Tienies en die spelery lyk erger as wat dit is.Dit kan seker soms gebeur dat hulle mekaar doodmaak,maar ek dink dis eerder per ongeluk as aspris.

    Like

  3. Ek wil net weet, hoe kry jy dit reg om altyd op die regte plek op die regte tyd te wees? Hoor jy dit van die voëltjies se gefluit?

    Like

    1. Ons is baie bevoorreg om te “bushwack” tot teen die diere.Die mense van die reservaat is met almal in radioverbinding en wanneer daar iets besonders is,laat hulle mekaar weet en dan gaan ons soontoe.Daar is egter ‘n spesiale kode,net drie voertuie by so ‘n dier.Almal kry ‘n beurt,sonder om die dier te traumatiseer.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s