Die storie begin so..

omtrent middernag,skrik sy wakker van ‘n gehamer aan haar sinkmakoekoe se lendelam deur.Met die oopmaakslag,word sy begroet deur ‘n woedende man wat sy hygende dogter vashou en vuur spoeg in haar rigting!Half deur die slaap probeer sy sin maak van die situasie.

‘n Kraampyn skeur deur die dogter se liggaam wat haar laat haar gil,terwyl die pa die saadsaaier se bloed hier by haar kom soek.Verward wonder sy wat aangaan,maar as haar seun agter haar praat,word sy yskoud en die legkaartstukke pas inmekaar.Woede en verwyte gaan nie nou help nie,want die meisiekind moet hulp kry.Die pa is meer besorgd oor die skande,as oor sy dogter se welstand.

Die ouma in wording is net so geskok,maar organiseer vinnig haar buurman se lendelam bakkie,om die meisie by die hospitaal te kry,waar klein Surprise  gillend die lewe binnekom.Sy is stom geslaan oor die situasie en woedend vir haar seun.Hoeveel keer het sy hom nie al gewaarsku teen juis hierdie soort van ding nie!Ergste van alles,dis ‘n skoolmeisie en hy is ook skaars nat agter die ore en boonop werkloos.

Nou volg dae van verwyte,woede,mooipraat en aanvaarding van die situasie.Die paartjie sukkel om aan te pas,want die meisiekind moet skool opgee en haar pa soek die nuwe skoonfamilie se bloed.Intussen sorg die bybie vir slapelose nagte en die nuwe ouma se werkgewer ondersteun met doeke,klere,kombersies en raad.Sy probeer die nuwe ouma moed inpraat en oorreed dat haar woede nie die situasie gaan verander nie.Die bybietjie is nou die belangrikste.

Skielik is daar “damages” van R10 000 wat van haar seun geëis word.Dis dreigemente en beskuldigings,ten spyte van die feit dat die mannetjie volle verantwoordelikheid aanvaar en aanbied dat sy ma die babatjie sal versorg dat die meisiekind kan klaarmaak met skool.Hy het intussen werk gekry en op aanbeveling van nuwe ouma se werkgewer,teken sy en meisiekind ‘n ooreenkoms,dat ouma die babatjie sal versorg vir die jaar.Mens weet nooit wanneer sy beskuldig word dat sy die kind gesteel het nie!

Ouma word aangeraai om elke strokie van elke uitgawe en die creche se onkoste,te bêre vir latere verwysing.Ouma se “damages” beloop in die jaar baie meer as R10 000…natuurlik met die hulp van haar werkgewer ook.

Soos Surprise groter word,gaan dinge beter en seunskind en sy boeties en sussies raak ontsettend geheg aan die knapie.Seunskind is ‘n goeie pa,wat omgee vir sy kind.Die meisiekind verneuk hom om elke draai en die verhouding is op die rotse. ….word vervolg…

22 Replies to “Die storie begin so..”

  1. Bliksem dis goed geskryf en hoe jy jou storie vertel gee dit ‘n regte realiteits gevoel,want kom ons wees eerlik, dit is harde realiteit wat jy hier skryf. Die soort dinge gebeur amper elke dag iewers maar jy skryf dit baie interresant en sit ‘n lekker spin aan die verhaal.

    Like

  2. En nou kom ek by die begin van die aangrypende storie!!! Ek kan soveel empatie hier ervaar omdat ek deur min of meer(sonder al die ellende wat die ouma ervaar het)deur dieselfde ervaring is Bytjie. My dogter was 15 toe sy swanger was met my eerste kleinkind. Dit was vir my baie erg en ek het gevoel ek het iewers gefaal in my opvoeding, maar elke ou babatjie het ‘n doel in die wêreld van ons. My liewe kleindogter het my aan die lewe gehou na my eerste man se dood, anders het ek sommer langs daai hopie grond gelê en doodgaan. Vandag is sy al 16 en so pragtig!! Sonder haar sou ons lewens baie leer gewees het.

    Baie dankie vir die menslike verhaal vol deernis wat jy so aanrypend vertel het!!

    Liked by 1 person

      1. Om in ander se lief en leed te deel laat my altyd onthou daar buite is altyd iemand met wie dit slegter gaan as met jouself. Ek het myself geleer om die positiewe uit ‘n negatiewe situasie te haal en om daarop voort te bou. Om die negatiewe saam met jou te bly sleep bring jou nêrens nie!!!!

        Liked by 1 person

Leave a reply to scrapydo2.wordpress.com Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +