Townshipstories 4

Die nuwe jaar breek aan en Surprise begin sy eerste skooljaar.Die mannetjie lyk te deftig in sy spierwit nuwe skoolhempie en grys langbroek.Sy gesiggie blink van opgewondenheid en in sy rugsak is ‘n splinternuwe kosblikkie met lekker toebroodjies,wat Gogo(ouma)vanoggend vir hom ingepak het.

Hy klou styf aan Gogo se hand terwyl hulle skool toe stap.Van oraloor swerm kinders soos miere by die skoolhek in.Sy ogies word al hoe groter,maar hy gooi manmoedig’n spierwit onseker glimlaggie vir sy ouma toe die onderwyseres hom wegneem.

Die eerste dag is verskriklik chaoties,want honderde kinders wat nie vroegtydig ingeskryf het nie,daag by die skool op…uniforms klaar gekoop.Al is daar nie plek vir ‘n muis nie,dwing die laatslapers dat hul bloedjies ingeneem word!Surprise verdwyn in die massa en die leerkragte spook om orde te handhaaf.

Intussen reël Gogo,dat ‘n taxibestuurder die volgende dag vir Surprise skool toe en terug vervoer.Die aand,kry sy nie veel uit die kind oor die eerste skooldag nie.Die outjie is redelik oorweldig en val pootuit in die bed.

Die tweede dag breek aan en laatmiddag na werk kom Gogo tuis en tref ‘n smerige Surprise aan.Sy spierwit skoolhemp is vol stof en die eens blink gepoetste skoene lyk of hy daarmee klippe geskop het.Sy gesig en hande is asvaal en die langbroek is stekelrig van die klitsgras!Sy probeer agterkom wat gebeur het,maar die mannetjie is kwaai ontwykend.

Die volgende oggend wag sy vir die taxibestuurder om by hom te hoor wat aangaan.Ewe verleë laat hy val,dat hy die kind by die verkeerde skool afgelaai het!Sy kry amper die piep en met moeite trek sy die storie uit Surprise uit.Hy het toe maar daar by die ander skool rondgehang.Niemand het eers agtergekom dat die kind verlore is nie.Dáár was dit net so chaoties en die oorweldigde personeel het nie eers die verdwaalde skapie raakgesien nie.

Die knapie het toe speel-speel huis toe gestap en natuurlik sy skoene en klere bevark in die proses.Tot vandag toe weet net hy waar hy gespeel het en hoe hy die pad huis toe gevind het!

NS. As jy dalk nie die verhaal voorheen gevolg het nie,lees Surprise se storie hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/04/die-storie-begin-so/  en hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/05/die-storie-gaan-verder/  en hier: https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/06/die-storie-gaan-nog-verder  en hier:https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/07/die-storie-gaan-nog-verder-en-verder-en/ en ten slotte hier:  https://perdebytjie.wordpress.com/2015/08/07/die-storie-eindig-so/

 

18 Replies to “Townshipstories 4”

    1. Ja,sy het!Dis omtrent ‘n riller.Die feit dat meeste kinders se ouers nie voertuie het nie en soggens vroeg moet uitgaan,laat ruimte vir sulke gebeure.Dis maar ‘n bose kringloop.

      Like

  1. Ek het gesien met die klein kindertjies as hul vir eerste keer skooltoe kom word hul maar aan die genade oorgelaat. Tog is hul oorlewers, hul instink bring hul meestal weer veilig terug. Die skool waar ek was het klomp kinders agter in n bakkie aangery. Hy maak die deur agter toe en laat waai, kinders is ingeryg soos sardientjies. Dit jil en raas vir Afrika tot by die skool! Dan peul hul uit. Ewe vrolik en reg vir die dag. Dan sit die kleintjies in die klas en slaap omdat hul so vroeg moet opstaan.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +