More vat…

Perdeby,manlief en die drie Schnauchers weer die langpad Namibië toe.Dis twee dae se reis…net so amper 2000 kilometers.Dag een ry ons deur twee grensposte(Skilpadhek en Pioneer)tot in Tshotsha in Botswana en slaap daar in ‘n klein lodge met drie tente.Ons het al groot vriende geword met die bestuurderes van die klein juweeltjie en kan nie wag om haar weer te sien nie.Gewoonlik kook sy vir ons regte boerekos en kap ons ‘n botteltjie wyn saam met haar!

Die volgende dag is dit weer vroeg op en dan deur die twee grensposte…een uit Botswana uit en een in Namibië in.Dis nogal ‘n hele riekmeroul met die honde,want die regte sertifikate,staatsveeartsstempels en wat ookal,moet voorgelê word.Soms is dit ‘n nagmerrie en sukkel ons met die burokrasie,maar mens bly maar rustig,glimlag en maak asof jy heeldag tyd het.

Dan is dit Gobabis vir lekker koffie en brandstof en dan lok Windhoek,Okahandja,Karibib,Usakos en vyftig kilometer van die see af,begin die Schnauchers te tjank,want Swakopmund lê in die verte!

Daardie laaste ent is die langste!

Perdeby sal oor ‘n paar dae weer hier rond zoem.Mooibly tot dan!

55 Replies to “More vat…”

    1. Hehe,Abrie,ek dink nie ‘n Ferrari sal dit maak deur Botswana met al sy donkies en diere wat heeltyd op die pad staan nie!Ons is darem veilig hierdiekant na twee dae op die pad.

      Like

  1. Geniet elke oomblik van die reis. Ek hoop daar is baie spesiale foto-geleemthede wat jou altyd sal laat terugdink aan die tydperk. Dis altyd so lekker om terug te blaai deur vorige besoeke. Hoe hou dir drie honde dit om so lank te moet ry? Jule stop darem seker gereeld om bene te rek.

    Liked by 1 person

    1. Die brakkies is al gewoond daaraan.Net die een hou nie daarvan nie,maar ons gee hom kalmeertablette,wat die veearts voorgeskryf het.Hulle reis baie goed en ons stop gereeld,maar dan is hulle vol Botswana klitsgras en dorings.Ek sit heeltyd met ‘n klein skêrtjie en knip klossies hare met dorings in, af.Hulle lyk skoon motgevreet!😜😄

      Like

      1. Daardie pilletjies werk goed! Ek ken daardie klitsies wat so klou. Hier is daar n sekere tyd van die jaar vergeet-my-niertjies(wat n onkruid hier is) wat saadjies het wat klou om te hou! Trompie lyk dan ook baie uitgerafel as ek klaar met hom is. 🙂

        Liked by 1 person

  2. Dit voel dan net soos nou die dag dat ek die foto van daardie eensame tentjie tussen niks en nêrens gesien het…. en hier is julle alweer oppad? Geniet dit!!

    Liked by 1 person

  3. En dit hoekom ek nie werklik vakansies kan geniet nie. Die honde en katte bly tuis by die huissitter en ek wonder heeldag hoe gaan dit met hulle. Kan nie die diere saam neem Switserland toe as ons vir die kinders en kleinders gaan kuier nie.

    Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +