Ek haal ‘n ou brief van my LitNet dae aan,wat op 11 Augustus 2008 verskyn het as Bokomo-brekfisbrief.Ek hoop julle geniet hierdie stukkie uit my verlede.
Junie 2008
Ek het onlangs die voorreg gehad om deur Botswana na Zambië te reis. Ons was vier persone met twee voertuie. Ek kan nie beskryf watter ervaring dit was nie. Al wat ek weet is dat mens met ander oë na die wêreld kyk as jy so ‘n reis meegemaak het.
By die Kazungula-grenspos tussen Botswana, Zambië en Zimbabwe het die poppe al begin dans! Ons moes met ‘n pont oor die rivier waar die Chobe- en Zambezi-riviere bymekaarkom. Reuse vragmotors het vir kilometers tougestaan, want net vier voertuie en een vragmotor kon op ‘n slag oorgaan. Van die vragmotorbestuurders het gesê hulle staan al tien dae in die ry! Dit was juis in die tyd van Zim se tweede verkiesing en almal oppad na die DRK of enige Afrika-land is toe by hierdie grens. Gelukkig was die gewone voertuie se ry baie kort en ons het so na drie ure se gewag in vreeslike hitte aan die beurt gekom. Intussen is ons oorval deur sogenaamde “runners” wat namens jou alle papierwerk aan die Zambië-kant uitsorteer. Hulle doen dit kastig teen R10,maar op die ou end het dit ons baaaaie meer gekos, want mens is naderhand so moeg vir die rompslomp en algehele chaos dat jy net betaal om van die manne ontslae te raak!
Die pont is enige Amerikaner se droom … ons het lekker gespot en gewonder vir wie hulle sou “sue” as iets gebeur! Al wat ek kan sê is dat daai plat “skippie” in ‘n bedenklike toestand was! Met vier ander voertuie plus ‘n reuse tenker met sleepwa vol gifstowwe en omtrent 300 voetgangers, is ons toe oor. Elke voetganger het ‘n pakkaas der pakkase gehad … tien-liter dromme vol brandstof, bokse Autumn Harvest, komberse, kruideniersware en en en … Die enigste veiligheidsmaatreël waarop hulle baie gesteld was, was dat jy nie in jou voertuig mag sit tydens die oorgang nie. Ek het maar naby die reëling gestaan en my opsies oopgehou vir ‘n vinnige ontruiming!
Om ‘n lang storie kort te maak, ons het twee dae by die Victoriawaterval deurgebring … fantasties! Vandaar met die hoofpad na Lusaka om later af te draai na die Laer Zambezi Nasionale Park. Die eerste 75 kilometer tussen die Vic-valle en Zimba het ons drie ure besig gehou! Mense, dis die hoofpad na Lusaka en die enigste pad! Dit was een groooot slaggat op die ander. Aan entrepeneurskap het dit die landelike bevolking ook nie ontbreek nie. Orals langs die pad staan hulle met grawe en as hulle jou sien aankom, gooi hulle sand in die gate dat die stof so staan en vra dan vir ‘n aalmoesie!
Met ons kruising oor die Kafuerivier het ons benoude oomblikke beleef. Ons twee voertuie was die enigstes op die pont. Toe ons opgaan, het ons nog gespot oor ‘n yslike hoop ghriesbesmeerde gereedskap wat sommer daar op die dek lê … selfs foto’s geneem. Amper anderkant, helse slag en daar dryf ons met ‘n spoed rivier af oppad Mosambiek toe! Op een of ander manier slaan ons die oorkantste wal … biesies, riete, voëlneste en als wat leef in hulle maai in! Natuurlik skep die ou “skippie” toe water en ‘n klein twee-perdekrag pompie spook verwoed om ons van algehele sinking en verdrinking te red. Een ou stroop sy klere af … handige baaikostuum onder aangehad … duidelik ‘n alledaagse gebeurtenis. Die knaap is in die koue, krokodil- en seekoeibesmette waters in en voila! ‘n Halfuur later poef-poef ons rustig stroomop en land ongedeerd anderkant.
Die rede vir hierdie verskriklike lang skrywe is om te demonstreer dat Afrika absoluut uniek is. Met ons Westerse ingesteldheid kon ons nou galbraak oor alles wat “verkeerd” is. Wie sê dit is verkeerd? Op hulle rustige en vriendelike manier het die Zambiërs gesorg dat ons oral welkom is … miskien nou nie altyd so veilig nie. Sonder haas en met MIN impak op die omgewing, doen hulle ook hulle ding! Dit laat mens dink.
Groetnis
Perdebytjie
Die armoede maak my ongemaklik … mens wil graag help maar dis ‘n bodemlose put
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig,ja.
LikeLiked by 2 people
Dat is inderdaad vreselijk om te zien.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit was ‘n avontuur duisend!
LikeLiked by 1 person
Ja baie benoude oomblikke!
LikeLiked by 2 people
Dat was een bewogen avontuur.
Een werelddeel waar ik weinig van weet behalve wat ze ons in de media tonen. Ik werk momenteel met iemand uit Afrika samen en heb al heel wat geleerd over die jongen en zijn manier van denken.
LikeLiked by 1 person
Ons toer gereeld in die Suidelike Afrikalande en dis baie interessant.Mens moet egter goed voorbereid wees vir dinge om nie uit te werk soos beplan nie.Dankie vir kom lees.
LikeLiked by 1 person
Ek het hierdie safari nou saam met jou geniet. Afrika, ja. Ek dink as jy dit kan regkry om jou horlosie op Afrikatyd te stel, dan is die lewe baie rustig. Ek begin nou gewoond raak aan hierdie “laid-back” lewenswyse.
LikeLiked by 1 person
Dis nogal lekker as mens dit net van jou rug laat afrol!
LikeLiked by 1 person
Hoi Diana, wat een avontuur hebben jullie gehad, ik denk dat jullie dat nooit gaan vergeten. Ik kijk veel naar documentaires, ben zelfs al in Zimbabwe en Botswana (Chobe)geweest, de Vic Falls waren machtig en dan die regenbogen! In de Zambesi River lodge ‘s avonds een nijlpaard op de oever, we hebben ons vlug in veiligheid gebracht! Vertrek binnenkort naar Vietnam, dat zal weer kleurrijk zijn! Tot later
LikeLiked by 1 person
Dit was voorwaar ‘n groot avontuur,Knipperdeknip.Jy sal dit goed verstaan,aangesien jy al in daardie wêreld was.Bring interessante stories terug van jou Vietnamtoer,hoor!
LikeLiked by 1 person
Een avontuur op die ander! Ek dink jy skuld ons n paar fotos van hierdie safari, asseblief Dina?
LikeLiked by 1 person
Hierdie was in 2008,Dries.Toe het ek nog nie eers ‘n kamera besit nie!😄
LikeLiked by 1 person
Klink dan na n goeie rede om jul eie spore te gaan soek!
LikeLiked by 1 person
Hulle manier van dinge doen werk vir hulle al laat tot ons met angs
LikeLiked by 1 person
Beslis…ons het al geleer om rustig te wees en sodoende klits mens nie jouself onnodig op nie!😜
LikeLike
Je zult toch drie dagen in de hitte moeten wachten tot je op een bedenkelijk vaartuig kunt stappen.
Ik hoop dat je foto,s hebt gemaakt want ik zou graag met eigen ogen zien hoe dat er toe gaat.
Jullie hebben echt een droomreis gemaakt.
LikeLiked by 1 person
Dit was darem net drie ure,Eveline!Daardie tyd het ek nog nie ‘n kamera gehad nie,dus het ek geen foto’s geneem nie.My suster het wel ‘n paar geneem,wat ek by haar sal kry om te wys hoe dit gelyk het.
LikeLike
ai heerlike vermaaklike en interessante leesstof baie dankie Angeltjie. ek glo jy het nog baie interessante stories om te deel!! 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het…ek waardeer dit!
LikeLiked by 1 person
my plesier 🙂
LikeLiked by 1 person
I have been on this same Kazungula Ferry, Dina, and it was just as you described. A crazy adventure it was, and very beautiful. Great post!
LikeLiked by 1 person
You can say again that it was crazy!Thanks for reading here.
LikeLike
Sit time travel bemeester op jou bucket list dan kan jy truggaan en gaan fotos neem
Maar jou skrywery maak egter pragtige prentjies in die kop.
LikeLiked by 1 person
Hehe,Abrie,ek weet nie of ek die gal het om wéér hierdie trippie te doen nie.By tye was dit redelik angswekkend,veral toe ons in die rivier afgedryf het oppad see toe!!😜
LikeLike
inderdaad, afrika is uniek!
het ritme van afrika vind je nergens anders!
wie zijn wij, westerlingen, om daar verandering in te willen brengen?
LikeLiked by 1 person
Netso,Neusie!Dankie vir inloer hier.
LikeLike
Pragtig geskryf !
Afrika is beslis nie vir sissies nie.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie Linda.
LikeLiked by 1 person
Ik zou bang zijn. Heb van alles schrik. Maar jullie hebben een mooi werelddeel . Dat staat vast. 😊
LikeLiked by 1 person
Ek was baie bang,maar gelukkig het alles goed afgeloop.Ja ons het ‘n besondere land en buurlande hier aan die suidpunt van Afrika.
LikeLiked by 1 person
Dis regtig n avontuur wat mens nooit vergeet nie! Jy beskryf darem baie gevoelvol hoe tydsaam alles is. Daar is maar net een Afrika en een Suidelike Afrika deel ook. Dankie vir die besonderse Safarie wat jy gedeel het met ons.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie,Ineke.Dit was heerlik om ook deel te neem.
LikeLike
Ek is trots op jou dat jy geskryf het. Dit was lekker om jou skryfwerk te lees. Weereens dankie hoor, dit word waardeer.
LikeLiked by 1 person
A bit scary, that ferry. But it’s good that the people are welcoming, I guess 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek het hierdie nou vreeslik geniet, en glimlag innerlik van oor tot oor. Natuurlik sit ek op my relaxer en geniet die safari saam met jou!!!
LikeLiked by 1 person
Haha,jou skelm!Ek wens jou relaxer breek…lol!
LikeLiked by 1 person