Spinnekop tragedie

Arme spinnekoppie is verlam deur die steek van ‘n perdeby.Tans word sy binnenshuis versorg deur Perdebytjie.Elke dag word haar lam beentjies versigtig heen en weer gewikkel,sodat hulle nie styf word nie.Sy kry ook ‘n druppeltjie water in haar mond met ‘n druppertjie.Hopelik sal die gif oor ‘n paar weke uit haar sisteem wees,of genadedood sal dalk die beste wees.

Ek het ‘n rukkie gelede gelees van ‘n bobejaanspinnekop wat dieselfde oorgekom het en toe so behandel is totdat sy herstel het.

Hierdie is ‘n Reënspinnekop (Palystes superciliosus) en sy lê my handpalm vol…voorwaar ‘n pragtige skepseltjie!img_0214‘n Spinnekopwesp geklassifiseer as Pompilidae,jag spinnekoppe,verlam dit en sleep die ongelukkige spinnekop na sy nes,waar hy  ‘n eier op die spinnekop se abdomen lê en die nes verseël.Die larwe wat later uitbroei voed dan op die steeds lewendige verlamde agtpotige,totdat hy alles verorber het.Daarna spin dit ‘n kokon en verskyn later as volwasse perdeby.

In hierdie geval het die wesp ‘n vroeë dood gesterf,nadat hy my tuinier verwoed aangeval het en dié hom die ewigheid in geklap het.Ongelukkig het hy toe alreeds die spinnekop verlam.

Die natuur is baie wreed!

70 Replies to “Spinnekop tragedie”

    1. Haai Wolfie,lekker om jou weer te sien.Ek eksperimenteer maar .Ek weet nie of dit gaan werk nie,maar oor ek ‘n rukkie terug van die bobbejaanspinnekop gelees het,het ek besluit om haar ‘n kans te gee.

      Liked by 1 person

      1. WIe nie waag nie wen nie. Ek het groot respek vir jou probeerslag. Veral as ‘n spinnekop liefhebber. Ek speel altyd met hulle as ek op hulle afkom, en weet nie eers of hulle giftig is nie lol. Eendag het ek op ‘n grasperk gesit en met ‘n pragtige spinnekop gespeel en my beste vriend het dit gesien en bleek geword. “Dude, that is a violin spider, it’s poisonous” het hy gesê. Ek het net geglimlag en gesê:”Aww, it too cute to hurt me”. hehehehehe En die spinnekop laat gaan, voor my beste vriend ‘n aartjie laat bars het van bekommernis.

        Lekker om jou ook te sien, vriendin. Het jou gemis!!!!

        Liked by 1 person

        1. Ek het gaan oplees oor die vioolspinnekop en is baie versigtigger nou vandat ek uitgevind het hoe gevaarlik hulle is. Ek was baie gelukkig dat daardie een my nie gebyt het nie. Miskien het dit geweet ek is nie die soort wat enige wese (behalwe ‘n vlieg, kokkerot en by) sal skade doen nie. Voor iemand vir my preek, ek sal net ‘n by skade doen as dit my gemaksone binnegaan. Ek is erg bang vir bye.

          En jy is welkom. Dis ‘n plesier

          Liked by 1 person

        2. Ek neem jou nie kwalik oor bye nie.Bye kan mens se dood veroorsaak.Bly nou maar weg van vioolspinnekoppe,sakspinnekoppe,sesoogkrapspinnekoppe en knopiespinnekoppe.Dis die vier spinnegagies waarmee mens nie speel nie!

          Liked by 1 person

  1. Dina, jou inligting saam met die fotos het my vasgevang. As ek weet ñ sekere spinnekop is nie giftig nie, is hulle by ons ook welkom. Dis net, my Kieter vermoed hulle almal is daarop uit om my aan te val, so sy versamel die dooies en bêre hulle onder haar speel mat. Die spinnekop is voorwaar mooi.

    Liked by 1 person

    1. Ek het onlangs waargeneem hoe die perdeby ‘n spinnekop vang.Ek het ‘n video met my selfoon gemaak,maar ek sukkel om dit te plaas.Ek sal weer probeer.Dankie dat jy kom loer het.Ek kom nou so stadig terug op die lug.

      Liked by 1 person

  2. Spinnekoppe kom en gaan ook soos hulle wil in my huis, behalwe dan en wan ‘n Rooi Roman (wat nie eintlik ‘n spinnekop is nie maar meer angswekkend is as ‘n spinnekop!!!!!)

    Die natuur is vreeslik wreed 😦

    Ek hoop jou spinnie herstel vinnig.

    Liked by 1 person

  3. Jy kort ‘n medalje! Nie dat ek daarteen is dat die natuur haar gang gaan nie. Mense is nie minder wreed nie (maar ons is mos deel van die natuur 😉 ). Ons het laas winter ‘n tuinspinnekop genaamd Tinkerbel in die huis gehad. Leeeekker vet geword en amper ‘n jaar in die kombuis gewoon. Ek is ook MAL oor spinnekoppe! Hoop sy voel gou beter.

    Liked by 1 person

    1. Ek laat gewoonlik die natuur sy gang gaan,maar dit was so ‘n vermorsing om haar te los,nadat die perdeby in elk geval dood is.Ek sal maar sien wat gebeur.Dis ook ‘n eksperiment vir my.Sy ly beslis nie en as ek sien sy trek swaar,sal ek maar genadedood toepas.Dankie vir inloer.

      Liked by 1 person

  4. Die reënspinnekoppe se groote maak dat hul gavaarlik lyk. In die Bosveld het ons maar gereeld besoeke gekry. Sal interessant wees om te hoor of die arme spinnekop die gif uitgesweet het met die water. Ek lag nou ook vir die Romanspinnekop. As opgeskote kind wou ek altyd my toon hou dat hy my kon vang. Sodra hy naby genoeg is trek ek gou terug. Hul hol mos maar agter jou skadiwee aan. Ons het doerdie tyd mos maar kaalvoet geloop dis hoekom dit my gefasineer het om hul te sien storm. Veels geluk ouma met die kleinding ook. Bly alles het goed afgeloop. Ek pas nou eers weer vir 2 weke huis op.

    Liked by 1 person

      1. Jong, ek was altyd geinteresseerd in insekte en spinnekoppe. Biologie was my beste vak omdat ons verskillende goggas bestudeer het. Ek het heelwat goggas skooltoe gevat. Die romans was steeds maar grillerig met hul kakke en harige lywe en pote
        Ek hoe my maar besig met hekel op oomb,ik want die kinders moet maar eers hul voete vind met die nuwe mensie, Sy is egter te pragtig. My seun is n regte pappa! Baie lef vir hulle aldrie.

        Liked by 1 person

    1. Ek het besluit om die natuur sy gang te laat gaan en vir spinnekoppie iewers neergesit in die tuin.Dis eintlik nie goed om in te gryp nie.Wat ek wel geleer het,was dat ek haar vreeslik goed kon bekyk van alle kante af.Andersins sou dit te grillerig wees om ‘n bewegende gediertetjie so te bestudeer.

      Liked by 2 people

  5. Spinnekoppen zijn wonderlijke dieren. Ik sta altijd versteld van hun meesterschap bij het bouwen van hun web en doe mijn best dit niet te verstoren. Maar een spinnekopje reanimeren, dat is pas nieuw! Hopelijk lukt het je om het venijn eruit te masseren. Bij mij mogen ze ook binnen, maar in België lopen er bij mijn weten niet echt gevaarlijke spinnen rond. Veel beterschap aan jouw potige patiënt gewenst. .

    Liked by 1 person

  6. Soos my kleinseun sou sê “tanks but no tanks” vir ‘n spinnekop…. verlam of te nie. Die inligting van die perdeby is baie interessant. 🙂

    Like

Leave a reply to perdebytjie Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +