Uit my dagboek deel 3

Volgende stop:Berlyn.Hierdie stad is pragtig en skoon en vol moderne geboue.Dis omdat die hele plek verwoes is tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Ek moes gewoond raak aan die vreemde konsep,om in iemand anders se “apartment”te bly,terwyl die eienaar iewers anders nesskop.Hierdie plekkie was pragtig skoon en netjies.Ons Air-BnB in die oostekant van Berlyn,baie naby aan Checkpoint Charly..dus heerlik sentraal.IMG_0169_edited-1Die reuse swart koffer was nie myne nie!

Ek was net jammer vir my seun en sy vriend,wat bo moes slaap en uitgelewer is aan ons snorkery…dit was soos ‘n paddakoor in die vlei!IMG_0175_edited-1

Die Berlyners het ‘n gunstelingdis…kerriewors.Dis ‘n Bratwurst met ‘n kerriesousie.IMG_0181_edited-1

Die beertjie is Berlyn se gelukbringer en is gebruik in ‘n veldtog om verdraagsaamheid en vreedsame naasbestaan te bevorder.Hierdie is een van die Buddy Bears,lewensgroot veselglasbeelde,wat sedert 2001 ‘n simbool van Berlyn geword het.Hulle staan orals in die stad.IMG_0215_edited-1

‘n Deel van die stadsmuur,wat vir soveel hartseer en ellende gesorg het.Die oostekant is links.Vir my is dit nogal simbolies,dat die neus van ‘n splinternuwe BMW die foto binnery vanaf die oostekant!IMG_0182_edited-1

Stukkies van die stadsmuur is gemonteer teen geboue by Checkpoint Charly.Natuurlik kan die gekke toeris ook stukkies muur koop teen asemrowende pryse! IMG_0193_edited-1

Die stukke muur is beskilder met interessante simboliese prente.Hierdie een wys ‘n vasgekeerde persoon wat smag na die vryheid van voëls..(My eie interpretasie)IMG_0192_edited-1

Hierdie is die oorblyfsel van  die muur,(links met die plaatjie:Deutsche Demokratische Republiek)nog steeds op die oorspronklike plek.Deesdae staan geboue oor die area,maar binne in al die geboue is twee rye bakstene wat aandui waar die muur was.IMG_0195_edited-1

Berlyn se trots…Fernsehturm (TV-toring).Dis tussen 1965 en 1969 deur die Duitse Demokratiese Republiek opgerig en moes dien as simbool van Kommunistiese mag.Maak nie saak waar jy in die stad is nie,jy sien dit heeltyd.IMG_0196_edited-1

Met ‘n hoogte van 368 meter(antenna ingesluit),is dit die hoogste struktuur in Duitsland en tweede hoogste in die Europese Unie.

Uitsig vanuit die toring oor Berlyn,met die Spreerivier.IMG_0213_edited-1

Berlyn vervolg….

53 Replies to “Uit my dagboek deel 3”

    1. Dit is ‘n kil stad,Anna.Ek dink dis ook as gevolg van die bitter geskiedenis.Ek probeer egter objektief kyk na wat die Duitsers vermag het in ‘n kort tydjie.Dit geld natuurlik die hele Europa,waar alles platgeskiet is en weer opgebou is.

      Liked by 1 person

  1. Ek wil so graag eendag net my voorkop teen daardie muur gaan druk en net vir ‘n paar oomblikke met toe oë so te staan. (ek het geen idee hoekom nie). En dit laat my wonder, as almal deur die jare stukkies van die muur koop, wie sê dis nogsteeds stukkies van die regte muur? Ek sou graag so stuk wou hê, net omdat ek dink daar is soveel emosie in daardie muur.

    Ek hou ook van die persoon met die voëls.

    Liked by 2 people

    1. Ja,slegs daardie een gedeelte op my foto.Dis omtrent ‘n halwe straatblok lank.Die ander stukke is teen mure gemonteer en seker ook in museums.Natuurlik kan mens klein flentertjies as aandenkings koop…gaaa..ek wonder hoe eg dit is?

      Like

  2. Die toring het my gou gaan laat oplees oor die JG Strijdom toring wat vanaf 2005 (toe eers) as die Hillbrow toring bekend staan. Dit is steeds die hoogste struktuur in Afrika teen 269m dus sowat ‘n 100m korter as daardie een. Tot 1978 was die die hoogste gebou in die Suidelike halfrond tot Mount Isa Chimney in Queensland Australia opgerig is wat 1 m hoër is – natuurlik so beplan vir bragging rights. Die JG Stijdom toring is begin middel 1968 en in 1971 voltooi. Ek dink dieselfde kommunistie wat die toring gebou het, het nadat hulle die berlynse toring stuk vir stuk gebou het oorgeskuif en vir JG kom bou 🙂 🙂

    Liked by 2 people

        1. Ai daar het lelike dinge aangegaan…die een komplot op die ander!Ek wonder nog of die Amerikaners op die maan geland het en of Hitler selfmoord gepleeg het…ek grap sommer…daar is mos altyd een of ander komplotteorie by sulke goed😜😜😂

          Liked by 1 person

  3. Duitsland lê my nogals na aan die hart, vir een of ander rede. Dalk is dit omdat, volgens oorlewering nou, die eerste van ons familie vanaf Duitsland was.
    Ek wens ek kon so toer soos jy van die land onderneem het. Jy neem baie mooi foto’s!

    Liked by 1 person

  4. Ons het in ‘n woonstelletjie gebly reg bokant ‘n Vietnamese restaurant in die ooste,dus ook weg van die toeriste,maar steeds sentraal genoeg.Die feit dat ons oos gebly het,het ons ook ‘n gevoel gegee van hoe dit moes wees agter daardie vieslike muur,wat twee blokke van ons blyplek was.

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +