Na ‘n baie steil rit berg-op, bereik ons twee spanne opgewonde blaffende brakke. Die lawaai is oorverdowend en hulle rem en trek aan hul leisels in pure afwagting…
In die somer word die honde op ‘n hoë hoogte aangehou, omdat hulle maklik oorverhit. Om hulle fiks te hou, word toeriste op karretjies rondgesleep en duidelik is dit vir hierdie werksesels pure genot. Hier is ons halfpad en die langtonge neem net gou ‘n blaaskansie…
Daar is gewoonlik 16 honde in ‘n span en dit word heel wetenskaplik uitgewerk watter een waar moet trek. Die tewe is ligter en blykbaar vinniger, terwyl die reuns meer in kragposisies ingespan word. Die hondehanteerder, genoem ‘n Musher, staan agter op die karretjie en skreeu bevele uit wanneer die honde van rigting moet verander. Uiteindelik is ons terug by die beginpunt…
Nou is dit tyd vir waterdrink…
en sommerso in die waterbak slaap…
Besoekers word aangemoedig om interaksie met die diere te hê, want hulle is saggeaarde, baie sosiale wesens. Hier het ek my kans waargeneem en ‘n hele paar foto’s van enkelinge geneem…
Soos julle kan sien, lyk hierdie honde nie soos die pragtige Siberiese Huskies, wat mens in die flieks sien nie! Hulle is allerhande kleure en groottes en hulle is nie ‘n suiwer erkende ras nie. Die diere is geteel uit verskeie noordelike rasse bestaande uit werkshonde, herdershonde, pointers en Salukis, om die beste, vinnigste sleehond te kry…
Tewe weeg 17 tot 19 kg en die reuns 21 tot 25 kg. Dus is hulle slank en lig, gebou vir spoed…
Hulle is allerhande kleure…
die pels is kort tot medium lank, want die dier moet maklik hitte kan vrystel, tydens lang hardloopsessies..
Soms het hulle verskillende kleure oë en blou is nogal algemeen. Die leier van die trop met sy pragtige onpaar oë…
Terug by die basis, gaan ons na die Musher kamp en daar vertel ‘n vrou wat al jare met die honde werk, vir ons allerhande interessanthede van wedrenne, hondeteling en die hele kultuur rondom die sleehonde…
Die slee is piepklein en lig. Die Musher sit en slaap sommer op die slee tydens ‘n wedren. Die honde is so slim, dat hulle self kan aanvoel waar die ys te dun is en waar gevaar dreig.Sy vertel dat sy al menigmaal die dood ontduik het, deurdat die honde se instink die gevaar uitwys…
Die bekendste sleereisies ter wêreld, is die Iditarod Trail Sled Dog Race. Dit geskied vanaf vroeg Maart vanaf Settler’s Bay na Nome. Dit duur van agt tot vyftien dae of langer, in uiterste omstandighede. Die kwik daal soms tot -73 grade C! Al om die ander jaar word ‘n suidelike en dan weer noordelike roete gevolg, om die impak op die gemeenskappe langs die roete te beperk.Die noordelike roete is 1,569 km en die suidelike roete 1,606 km lank.
Lees verder hier:https://en.wikipedia.org/wiki/Iditarod_Trail_Sled_Dog_Race
By die Musherkamp is daar ook ‘n telery en die musher vertel breedvoerig watter eienskappe sy in hondjies soek…
Nadat ek bietjie opgelees het oor die sleewedren en die stres waardeur die honde gaan, is ek nie meer seker of dit nie ‘n uiters wrede kultuur is, waar diere uitgebuit word vir menslike ego en geld nie. Maak jou eie gevolgtrekking..
Word vervolg…
Wat een mooie hondenfoto’s!
LikeLiked by 1 person
Dankie Anna.
LikeLike
Baie interesant maar klink erg op die honde soos jy sê😢
LikeLiked by 1 person
Daar is aktiviste wat heeltemal gekant is daarteen en dan is daar natuurlik die mense wat seker maak dat die honde net die beste behandeling kry. ‘n Saak het altyd twee kante,maar ek dink tog die honde word gemoor.
LikeLiked by 1 person
Hier het ek nou behoorlik aan jou lippe gehang, Dina. Nee wat, dit lyk of hulle baie mooi na hul honde kyk. 100% beter lewe as wat die rondloperhonde van Bali deurgaan.
LikeLiked by 1 person
Dis ook weer ‘n anderkant van die saak as mens so daarna kyk. Hierdie honde was glad nie getraumatiseer of enige iets nie en was so gelukkig en vrolik.Ek dink net met die sleewedren is daar wel gevalle waar honde so gedruk word,dat dit grens aan marteling.Ek het gaan lees,dat van hulle sterf tydens die ren en dat van hulle, agterna allerhande kwale ontwikkel.Dan is daar natuurlik hulle pote wat rou word van die hardloop,alhoewel hulle skoentjies aanhet. Die mens se wenmotief is soms ‘n euwel.
LikeLiked by 1 person
Nee wat dit maak my maar ongemaklik maar dan wonder ek selfs oor perderesies …
Dankie dit was baie interessant
LikeLiked by 1 person
Eintlik orals waar diere betrokke is om vir mense se vermaak te sorg, kan dit verkeerd gedoen word.
LikeLiked by 1 person
Dis waar maar ek probeer dit vermy want ek kan nie daaraan verander nie daarom is dit vir my makliker om in ontkenning te leef. Ek het ‘n vriendin wat sulke mishandelde honde op FB plaas Ek het haar eers gevra om dit nie te doen en nou het haar gewoon afgehaal … Ek wil die laaste deel van my lewe so positief moontlik leef.
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam,mens hoef nie van al die dinge te weet nie en jy kan in elkgeval niks daaraan doen nie. Ek kan jou egter verseker dat die honde wat ons gesien het,uitstekend versorg word.
LikeLiked by 1 person
Ek is baie bly
LikeLiked by 1 person
Baie interessant! Mooie foto’s ook!
En mooi om te weten dat er echt niet één ras is wat aan de eisen voldoet om goede sledehonden te worden!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person
👍😊
LikeLiked by 1 person
Hierdie moes ‘n absolute merkwaardige ondervinding gewees as mens en as fotograaf (as die twee geskei kan word). Or die honde debat gaan ek nie nou op ingaan nie maar die reels wat omskryf dat minstens 5 op die iende ingespan moet wees is nogal bekommerniswaardig (wat die wedrenne aanbetref).
Maar ek sou hierdie wat julle beleef het ook bepaald geniet het
LikeLiked by 1 person
Abrie,dit was vir my ‘n hoogtepunt.Ek het eers agterna bietjie gaan oplees en dink oor wat mense met die honde doen.Die aanvanklike gebruik van honde om die mens te help,maak vir my baie sin.Wanneer dit egter oor geld,eer en ego gaan,ten koste van die diere,kry ek ‘n bitter smakie in my mond.
LikeLike
Shades of Jack London without the snow. One of the dogs (at least) was part wolf for sure…
LikeLiked by 1 person
All dogs evolved from wolves,but I agree that one of them looks a lot like a wolf…the grey one.
LikeLiked by 1 person
That one. The face is different… 🙂
LikeLiked by 1 person
Sommige van die honden mogen toch wel eens dringend hun tanden poetsen, hoor!
LikeLiked by 1 person
Ek het ook opgelet hul tande is nie te skoon nie.😄
LikeLiked by 1 person
Aan het werk dan!
LikeLiked by 1 person
Om 16 honde se tande te poets,is ‘n dag se werk…ek wonder hoeveel hulle my sal betaal om dit te doen?
LikeLiked by 1 person
Als elk je twee drollen geeft, ben je op het eind van de dag strontrijk!
LikeLiked by 1 person
Dink net…uitstekende bemesting vir my tuin!
LikeLiked by 1 person
Baie mooi fotos, so uit die hond se bek! Ek het self ook maar my bedenkinge oor die wedrenne. Dis egter met alle kometisies die geval waar daar geld by betrokke is. Ek het Alaskan Malamute geteel. Die skoue het ek testaan gekom teen “Huskies” wat n tipe van sleehond is. Huskies is uitgesoekte honde vir slee werk soos jy verduidelik. Die “huskies” kon deelneem aan skou omdat hul die bou, kleur en aftekeninge van Malamute gehad het. Buitelandse beoordelaars was mal oor my reun omdat hy suiwer en tipies Malamut was.
LikeLiked by 1 person
Interessant!Het jy n foto van hom?
LikeLike
Ek het ja. Dit was n heerlike tydperk in my lewe om met my twee honde te werk. Hul het ook pragtige hondjies nagelaat.
LikeLiked by 1 person
Voor of tegen?Vroeger werden honden ook in België als trekdier gebruikt.De honden zien er niet ongelukkig uit en ze lopen flink rond.Wat dan te zeggen van China die honden gebruikt voor consumtie ..dat is heel wat anders en veel erger.Voor mij hoeft het allemaal niet maar denk dat dit het minst ongevaarlijke is voor honden.
LikeLiked by 1 person
Mens moet seker nie uit die oog verloor dat honde van wolwe afstam en baie stamina het.
LikeLike
Baie interessant tot waar ek jou hier gevolg het. Ek toer lekker saam.
LikeLike
Wonderlike ervaring en jy het nou ‘n interessante bespreking hier uitgelok. Ek sou ook maar jammer gevoel het vir die honde, hoewel hierdie klomp heel gelukkig voorkom.
LikeLiked by 1 person
Ja mens weet nie altyd wat om te dink nie.Die klomp was regtig gelukkige brakke.
LikeLiked by 1 person
Pragtige fotos !
Wat ‘n goeie idee, om sleë-honde in die somer te gebruik, ek het dit nog nie hier by ons gesien nie.
LikeLiked by 1 person
Ja,so bly hulle fiks en raak nie gefrustreerd van niksdoen nie.
LikeLike