Nog verrassings…

Laatmiddag neem die gids ons na die hoofgebou en ons snak na ons asems oor die mooie plek daar in die dor wêreld…

IMG_3041

IMG_3043

IMG_3036

Twee reusagtige wildevybome op die houtdek…

IMG_3037

Die stamme van naby…

IMG_3035

Vervlegte lugwortels wat soos reuse knuppels lyk, hang van die bome af…

IMG_3039

Ons gaan stap die bergwandelroete, voordat dit donker word. Dis darem nou heelwat koeler…

IMG_3047

Van die tonele oppad…

IMG_2992

Nog ‘n oorhangrots met verskuilde Boesmantekeninge…

IMG_3051

IMG_3055

IMG_3053

Oppad terug sien ons ‘n besondere plant…

IMG_3060

Dis ‘n Botterboom, ook genoem Baadtjies (Tylecodon paniculatus). Dis ‘n kremetartagtige klein boompie wat op klipperige plekke en koppies in die Karoo voorkom…

IMG_3059

Vanaf die hoogte, kan mens die Lodge mooi sien…IMG_3067

Hierdie grasdakhuis is pas klaar gebou en het nog geen gaste gehuisves toe ons daar was nie…

IMG_3066

Nog ‘n verrassing, is die keurige tuin, waar mens alles denkbaar aantref. Die pragtige speldekussingblomme word hier gekweek en dien as tafelblomme op die gedekte tafels…

IMG_3073

Die tuin is met presisie uitgelê en laat mens met verwondering dat iemand soiets kon skep in hierdie dorre landstreek. ‘n Laning olyfbome en ‘n bankie, skep ‘n rustige atmosfeer…

IMG_3075

Die tuin is omring deur ‘n witgekalkte muur met houthekkies op drie uitgangspunte. Dis soos ‘n park…

IMG_3074

Laventel en ander kruie is oral in smaakvol beplande baksteen- en houtbakke aangeplant…

IMG_3076

In twee reuse gaastente is verskeie groentesoorte, kruie en blaarslaaisoorte geplant. Alles byderhand vir die vele etes wat daagliks vir gaste voorberei moet word…

IMG_3077

Hier het my kamera se battery pap geword en dit was ook die einde van ons toer. Die volgende dag is ons huis toe en moes weer afskeid neem van ons ses ander reisgenote…jarelange ou vennote en vriende. Wat ‘n heerlike reunie!

58 Replies to “Nog verrassings…”

        1. Leipoldt se graf is nie vêr daarvandaan op die hoofpad en skielik verstaan ek hoekom hy gesê het Oktobermaand is die mooiste maand in die Karoo.
          Oktobermaand in die ou Transvaal was nog altyd vreeslik lelik vir my…natuurlik totdat die reëns kom. Gister begin…ons het al oor die veertig mm gehad. Wonderlik!

          Liked by 2 people

    1. Wanneer jy so sê, besef mens eers hoe vêr ons onsself van die natuur verwyder het. Almal het daardie stilte nodig. Sal elke dag vir jou kos stuur, dan kan jy lekker lank daar bly.

      Like

      1. Ja… daar op daai vlaktes skroei ‘n mes oordentlik! Ek was ‘n paar jaar op Langebaanweg en kontrei… dit kook! In die somer het vliegery gestop tussen elf en drie op party dae… (as ek reg onthou…)

        Liked by 1 person

    1. These are some of the best preserved paintings. Did you notice they are mostly headless. Theory has it that the heads were painted with a different paint that didn’t last as long as the red ochre, used on the bodies. Thanks for visiting, Brian.

      Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +