Die mens het ‘n ontstellende vermoë om die wêreld behoorlik op te foeter. Dit word vooruitgang en ontwikkeling genoem en is eintlik meeste van die tyd ‘n dekmantel vir geldgierigheid.
Ses jaar gelede het ons in die Kahnrivierbedding naby Swakopmund gery en ‘n pragtige ongerepte natuurarea beleef. In hierdie dor landskap was volstruise, bobbejane, klipspringers en ander onsigbare wesens.
Ons het heerlik piekniek gehou onder hierdie boom…
Teen die boom was ‘n kennisgewing wat aandring dat mens hierdie plek en boom respekteer…
Dit beteken kortliks dat die boom sy bas nodig het soos mens jou vel nodig het om te lewe. Neem jou sigaretstompies huis toe. Bewaar ons natuur.
Ses jaar later maak ons weer ‘n draai in die Kahnrivier en wat ‘n teleurstelling! ‘n Reuse pad is gebou, waar die ou historiese spoorlyn tussen Swakopmund en Jakkalswater geloop het. Die pragtige boom is vasgedruk in ‘n noute tussen die pad en die bergwand. Natuurlik is die atmosfeer heeltemal verpes. Niemand sal regtig daar wil stop en piekniek hou nie. Die kennisgewing het ook lankal letterlik in die stof gebyt. Die reuse opvulling van die pad is omtrent drie meter agter my, vanwaar ek die foto geneem het…
Op sommige plekke lyk dit so…vieslike kragpale orals…
Die brug oor die rivier…
Ek moet toegee, dis ‘n pragtige struktuur…
Die ou waterput, waarmee die lokomotiewe se tenks gevul is, is nog duidelik sigbaar in die sandbedding…
Die ironie is, dis ‘n privaatpad na die Husabmyn, wat behoort aan Sjinese. ‘n Mens mag nie eers daarop ry nie! Gelukkig kon ons steeds in die rivierbedding ry en die ongelooflike natuurskoon geniet…
en by ‘n ander piekniekplek…
‘n koffietjie geniet, met my arm deur ‘n gat in die rots…
Blij dat je terug bent in Blogland.
Ik hoop vlug meer van jullie avonturen te mogen lezen.
LikeLiked by 1 person
Dankie Paul…heerlike breek van vyf weke gehad. Nou is dit terug na realiteit. Ek het julle darem gemis hoor!
LikeLiked by 1 person
Dis jammer. Die natuurskoon daar is onverbeterlik.
LikeLiked by 1 person
Gelukkig is daar darem nog baie natuur oor. Dis net altyd skokkend om op ou weë te gaan en dan so ‘n verandering te sien. Ons het geweet van die padbouery, maar het nooit gaan kyk hoe dit lyk nie, tot nou Desember.Ontstellend is die Sjinese wat omtrent al die uraanmyne daar opgekoop het.
LikeLiked by 1 person
Hulle gaan nog die hele suidelike punt van Afrika beset.
LikeLiked by 1 person
Namibië is omtrent klaar oorgeneem. Hulle doen alle konstruksiewerk…nuwe paaie en selfs geweldige uitbreidings aan Walvisbaai se hawe. Hulle word gesubsidieer deur hul eie regering en kan dus lae tenders insit vir die werk. Omtrent geen plaaslike mense kry werk in die konstruksiebedryf nie. Daar is ook baie gerugte van omkopery en hulle het klaar begin om waardevolle hout te stroop en natuurlik ook renosters begin afmaai.
LikeLiked by 1 person
Ja en as al die renosters afgemaai is sal die oosterse sekslewe darem maar horingdroog wees. Hulle kan seker nie so ver in die toekoms dink nie.
LikeLiked by 1 person
As hulle nie sonder horing kan klaarkom nie, verdien hulle nie ‘n sekslewe nie!
LikeLiked by 1 person
Sê ek ook. Maar as hulle onnosel genoeg is om in sulke remedies te glo, gaan ons hulle nie oortuig van die teendeel nie.
LikeLiked by 1 person
Hoewel ik je volg, verschijn je niet meer bij mijn gevolgde sites. Vreemd toch!?!
LikeLiked by 1 person
Iets aan de instellingen “gerommeld” en het is weer ok.
LikeLiked by 1 person
Dankie tog jy het reggekom, Harme!
LikeLike
De vooruitgang is lang niet altijd een vooruitgang.
en is het gelukt met koffie dronken? Knap hoor! 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het.
LikeLike
Wat een mooie beelden. Behalve het beton dat de natuur doorklieft.
Blij dat je er weer bent!
LikeLiked by 2 people
Dankie, dis lekker om weer terug te wees en my blogvriende hier te sien, Bea.
LikeLiked by 1 person
Welkom Tuis … Ek hoop ek is dood voor alles vernietig is
LikeLiked by 1 person
Dankie Tina…ja ek hoop ook ek is teen daardie tyd weg!
LikeLiked by 1 person
Dit noemt men dan vooruitgang. Jammer dat die de natuur kapot maakt.
LikeLiked by 2 people
Die reuse pad vir een myn, wat uraan uitvoer na Sjina…beteken nie eers iets vir Namibië nie, behalwe vernielde omgewing en geld in iemand se sak.
LikeLiked by 1 person
Prachtige beelden!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie dat jy kom lees het!
LikeLike
Naturlijk! Altijd leuk
LikeLiked by 1 person
Bly hartseer dat soveel in die slag bly in die naam van vooruitgang, Dina.
LikeLiked by 1 person
Is dit regtig vooruitgang, as die pad net bedoel is vir ‘n gulsige myneienaar..Sjinese…Niemand mag daar ry nie!
LikeLike
Ah, jy’s terug Dina! Welkom en voorspoedige 2019!
Ek kan my indink wat n vreeslike teleurstelling dit vir jul was om weer hierdie kant toe te ry en iets heeltemal aaklig op so n idilliese plek aan te tref…
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die terugverwelkoming en voorspoedige 2019 vir julle ook, Dries!
Ons weet al lankal van die pad wat daar gebou is, maar het nog nooit die moed gehad om te gaan kyk nie. Gelukkig is daar darem nog baie lieflike plekke in die omgewing en het ons die uitstappie tog wel geniet
LikeLiked by 2 people
Die aanhoor van daardie land se naam stem my sommer van die begin af negatief…
LikeLiked by 1 person
Ja, ek moet dalk liewer niks sê nie!🙈
LikeLiked by 1 person
This made my hackles rise! Your comments about the domination of the Chinese contain warnings about our future too! Ek is bly julle kon darem nog beeldskone plekke kry om te geniet.
LikeLiked by 1 person
Ongelukkig is dit wat aangaan in Namibië. Die Namibiese regering is bankrot en die Sjinese doen alle konstruksie werk deur subsidies van Sjina. So kry hulle ‘n houvas op alles. Die Namibiërs voel baie ongelukkig daaroor, maar dis die gevolg weereens van korrupsie en swak regering. Ons probeer al tien jaar lank verblyfreg kry. Sjinese wals daar in met ‘n tas vol geld en woeps…hulle kry dit sommer dadelik en maklik!
LikeLike
Hulle het selfs begin om water uit die Swakoprivier te pomp vir hul mynbedrywighede. Die rivier loop onder die sand. Die gevolg is dat die landbouers op die plotte, sukkel om hul boerderye aan die gang te hou. Waardevolle inheemse woude in die noorde van die land , word ook afgekap en lorrievragtevol word by Walvisbaai se hawe uitgevoer, Sjina toe. Ek word sommer naar daarvan.
LikeLike
Grrrrrrrrrrrrrrrrrrr!
LikeLiked by 1 person
Jy kan dit weer sê!
LikeLike
Kan maar net my kop skud. Goed daar is darem nog ongerepte dele. Die aardverwarming gaan op einde ook die plekke opeis. Nou die aand wys hul die teel van salms en hoe die warmer water hul oorleweing al moeiliker maak. Dis dieselfde met plantegroei.
LikeLiked by 1 person
Die ou mensdom is maar DOM!
LikeLiked by 1 person
JA.
LikeLiked by 1 person
Jou eerste paragraaf sê alles!
Lyk my Sjina wil alles kom wegdra… Suider Afrika gaan erg betaal vir die kortstondige uitsig… maar ek sal maar my bek hou!
LikeLiked by 1 person
Mens moet mos polities korrek bly! Ek is al so moeg daarvoor. Het jy my kommentare gelees?Dis nie hoorsê nie. Alles in die koerante gelees. Daar is nog baie ander lelike dinge wat ook aangaan. Waar geld betrokke is, verloor die mens sy waardigheid!
LikeLike
Alles in die naam van vooruitgang. My profesie is dat Moeder Natuur haar moer nog erg gaan strip. Mooi fotos!
LikeLiked by 1 person
Sy is al klaar besig om haar moer te strip!
LikeLiked by 1 person
Wat jammer toch weer, De mensheid is zo schadelijk voor de natuur .
LikeLiked by 1 person
Geld sit maar altyd agter alles, Eveline.
LikeLike
Is that you, trying to catch a little tiny bit of shade or coolness from the rock? Or maybe I have it all wrong. 🙂
LikeLiked by 1 person
It is me and if you look closely, you can see that my arm is protruding through a hole in the rock.
LikeLike
Ah, I get it now! Cute! Silliness is good. 🙂
LikeLiked by 1 person
Noem die woord Chinees en ek word bang, want hulle neem net oor en hulle is ‘n nare nasie. Skuus dat ek so sê maar ek het baie met hulle te oden gekry die afgelope jaar….ons probleem is lankal nie meer swart nie, maar eerder rooi…..
LikeLiked by 1 person
Wonderbaar.Ik kijk al uit naar meer.Fijn dat je terug bent
LikeLiked by 1 person
Dankie Marylou.
LikeLike
Lief daardie foto van jou ♥
LikeLiked by 1 person
Dankie! Ek is nou sommer weer omgekrap toe ek die blog lees. Die Sjinese het Namibië omtrent oorgeneem…al die uraanmyne, Walvisbaai se hawe en verder kap hulle eeue ou bome af en voer lorrievragte uit.
LikeLiked by 1 person