Die hartseer van “ontwikkeling en vooruitgang”

Die mens het ‘n ontstellende vermoë om die wêreld behoorlik op te foeter. Dit word vooruitgang en ontwikkeling genoem en is eintlik meeste van die tyd ‘n dekmantel vir geldgierigheid.

Ses jaar gelede het ons in die Kahnrivierbedding naby Swakopmund gery en ‘n pragtige ongerepte natuurarea beleef. In hierdie dor landskap was volstruise, bobbejane, klipspringers en ander onsigbare wesens.

Ons het heerlik piekniek gehou onder hierdie boom…

_mg_3803

Teen die boom was ‘n kennisgewing wat aandring dat mens hierdie plek en boom respekteer…

_mg_3801g

Dit beteken kortliks dat die boom sy bas nodig het soos mens jou vel nodig het om te lewe. Neem jou sigaretstompies huis toe. Bewaar ons natuur.

Ses jaar later maak ons weer ‘n draai in die Kahnrivier en wat ‘n teleurstelling! ‘n Reuse pad is gebou, waar die ou historiese spoorlyn tussen Swakopmund en Jakkalswater geloop het. Die pragtige boom is vasgedruk in ‘n noute tussen die pad en die bergwand. Natuurlik is die atmosfeer heeltemal verpes. Niemand sal regtig daar wil stop en piekniek hou nie. Die kennisgewing het ook lankal letterlik in die stof gebyt. Die reuse opvulling van die pad is omtrent drie meter agter my, vanwaar ek die foto geneem het…

_mg_5211

Op sommige plekke lyk dit so…vieslike kragpale orals…

_mg_5208

Die brug oor die rivier…

_mg_5203

Ek moet toegee, dis ‘n pragtige struktuur…

_mg_5204

Die ou waterput, waarmee die lokomotiewe se tenks gevul is, is nog duidelik sigbaar in die sandbedding…

_mg_5206

Die ironie is, dis ‘n privaatpad na die Husabmyn, wat behoort aan Sjinese. ‘n Mens mag nie eers daarop ry nie! Gelukkig kon ons steeds in die rivierbedding ry en die ongelooflike natuurskoon geniet…

_mg_5192

en by ‘n ander piekniekplek…

_mg_5185

‘n koffietjie geniet, met my arm deur ‘n gat in die rots…

_mg_5183

 

 

51 Replies to “Die hartseer van “ontwikkeling en vooruitgang””

    1. Gelukkig is daar darem nog baie natuur oor. Dis net altyd skokkend om op ou weë te gaan en dan so ‘n verandering te sien. Ons het geweet van die padbouery, maar het nooit gaan kyk hoe dit lyk nie, tot nou Desember.Ontstellend is die Sjinese wat omtrent al die uraanmyne daar opgekoop het.

      Liked by 1 person

        1. Namibië is omtrent klaar oorgeneem. Hulle doen alle konstruksiewerk…nuwe paaie en selfs geweldige uitbreidings aan Walvisbaai se hawe. Hulle word gesubsidieer deur hul eie regering en kan dus lae tenders insit vir die werk. Omtrent geen plaaslike mense kry werk in die konstruksiebedryf nie. Daar is ook baie gerugte van omkopery en hulle het klaar begin om waardevolle hout te stroop en natuurlik ook renosters begin afmaai.

          Liked by 1 person

  1. Ah, jy’s terug Dina! Welkom en voorspoedige 2019!

    Ek kan my indink wat n vreeslike teleurstelling dit vir jul was om weer hierdie kant toe te ry en iets heeltemal aaklig op so n idilliese plek aan te tref…

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die terugverwelkoming en voorspoedige 2019 vir julle ook, Dries!
      Ons weet al lankal van die pad wat daar gebou is, maar het nog nooit die moed gehad om te gaan kyk nie. Gelukkig is daar darem nog baie lieflike plekke in die omgewing en het ons die uitstappie tog wel geniet

      Liked by 2 people

  2. This made my hackles rise! Your comments about the domination of the Chinese contain warnings about our future too! Ek is bly julle kon darem nog beeldskone plekke kry om te geniet.

    Liked by 1 person

    1. Ongelukkig is dit wat aangaan in Namibië. Die Namibiese regering is bankrot en die Sjinese doen alle konstruksie werk deur subsidies van Sjina. So kry hulle ‘n houvas op alles. Die Namibiërs voel baie ongelukkig daaroor, maar dis die gevolg weereens van korrupsie en swak regering. Ons probeer al tien jaar lank verblyfreg kry. Sjinese wals daar in met ‘n tas vol geld en woeps…hulle kry dit sommer dadelik en maklik!

      Like

    2. Hulle het selfs begin om water uit die Swakoprivier te pomp vir hul mynbedrywighede. Die rivier loop onder die sand. Die gevolg is dat die landbouers op die plotte, sukkel om hul boerderye aan die gang te hou. Waardevolle inheemse woude in die noorde van die land , word ook afgekap en lorrievragtevol word by Walvisbaai se hawe uitgevoer, Sjina toe. Ek word sommer naar daarvan.

      Like

    1. Mens moet mos polities korrek bly! Ek is al so moeg daarvoor. Het jy my kommentare gelees?Dis nie hoorsê nie. Alles in die koerante gelees. Daar is nog baie ander lelike dinge wat ook aangaan. Waar geld betrokke is, verloor die mens sy waardigheid!

      Like

  3. Noem die woord Chinees en ek word bang, want hulle neem net oor en hulle is ‘n nare nasie. Skuus dat ek so sê maar ek het baie met hulle te oden gekry die afgelope jaar….ons probleem is lankal nie meer swart nie, maar eerder rooi…..

    Liked by 1 person

    1. Dankie! Ek is nou sommer weer omgekrap toe ek die blog lees. Die Sjinese het Namibië omtrent oorgeneem…al die uraanmyne, Walvisbaai se hawe en verder kap hulle eeue ou bome af en voer lorrievragte uit.

      Liked by 1 person

Leave a reply to natuurfreak2 Cancel reply

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +