‘n Mooi verhaal.

My bydrae tot blokraai woordsnoere.

Dis Woensdagmiddag. ‘n Gees van opgewondenheid heers in die township. Van orals kom hulle aan en gly teen die skuinste af wat lei na die oop grasveld, waar die klein lorrietjie elke week parkeer. Die rede vir hierdie samekoms, is ‘n wenresep vir opvoeding.

Dit gebeur juis na skool en kinders vol lewenslus, kom met hul honde hier bymekaar om ietsie te leer, oor versorging van troeteldiere. Honde so groot soos oerangoetangs, middelslag honde, klein brakkies, meeste aan leibande, kom met hul base aangeswerm om hul kleims  af te steek.

Aanvanklik lyk dit soos ‘n komedie wat hom hier afspeel en die hewige belangstelling, prikkel die buitestaander se nuuskierigheid. Wat sou die aantrekkingskrag wees en wat gaan eintlik hier aan?

Op eie inisiatief is iemand besig om elke Woensdag die kinders te help om hul diere te bad. Hulle moet self inspring, seep smeer, was en afspoel. As hulle klaar is, lyk die eens vuil en verwaarloosde diere weer moedermooi!

Sommige word eenkant geïsoleer en mooi ondersoek. Ontwurming word gedoen en raad uitgedeel oor moontlike makabere velsiektes of septiese aandoenings op die dierelyfies.

In ons droewe land moet politici ophou om deur hul enge getinte lense te kyk en liewer hulself vergewis van die fenomenale bydrae wat vrywillige engele daagliks verrig.

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=816031

34 Replies to “‘n Mooi verhaal.”

Leave a Reply to Suskeblogt Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s