Agtermiddag in die seekoeigat

Lexi Langtoon (AfricanJacana) staan gerieflik op Saartjie Seekoei se neus gebalanseer…

IMG_4573

Sarel Seekoei verrys uit die borrelende water met ‘n paar riete oor sy neus gerangskik…

IMG_4576

Lexi besluit dis tyd om na ‘n ander drywende platvorm te wip en voeg sommer dadelik daad by die gedagte…

IMG_4577

Sarel sak alweer weg en nou moet Lexi klou vir al wat sy werd is en gou besluit wat die volgende stap gaan wees…

IMG_4579

Sy kyk bietjie rond en klem daardie lang tone om Sarel se oogbanke…

IMG_4583

Dis te heerlik op hierdie dobberende dierasie en dis ‘n goeie uitkykpos vir moontlike kos soos ongewerweldes, saad en vis…

IMG_4584

Sarel raak darem nou te onstabiel. Tyd vir ‘n ander boot om op te vaar…

IMG_4586

Mooi, daar verrys nog ‘n logge liggaam…

IMG_4587

Nou net mooi vastrap…

IMG_4588

en rats oorspring …

IMG_4589

Nee wat, hier lyk dinge nie beter nie…

IMG_4590

Laat waai maar terug na bekende terrein…

IMG_4591

Sarel moet vinnig sy oë toeknyp, voordat ‘n ellelange toon sy sig verduister…

IMG_4592

Grootlangtoon (African Jacana) hou by watermassas met drywende plantegroei, veral waterlelies. Die lang tone is perfek aangepas om maklik in so ‘n habitat te beweeg. Hulle is poliandries…dit beteken dat die wyfie 3-5 eiers vir tot sewe opeenvolgende mannetjies lê. Die nes is swakkerig en van drywende plantegroei. Die mannetjies voer die ouerlike pligte uit… goeie voorbeeld vir die mens.

37 Replies to “Agtermiddag in die seekoeigat”

        1. Ek het weer gaan lees.Die mannetjies vou letterlik hul vlerke om die eiers, dat dit droog en warm bly. As die kuikens uitbroei is hulle onmiddellik vol vere en gereed om self rond te loop. Hulle noem dit “precotial”. Hulle kan vinnig die nes verlaat en soms self kos soek.
          As gevaar dreig neem die mannetjie hulle letterlik onder die vlerk. Jy het dalk al foto’s gesien waar die lang tone so uit die mannetjie se veredos steek… dis kostelik. Daar is seker nie plek vir al die tone nie, dan steek dit buitentoe.

          Like

        2. Het nou juis weer gelees en was van plan om te gaan nalees. Dis nou darem n pragtige voorbeeld van oorlewing. Sommer van begin al vere en dan op sy eie eet wil gedoen wees. Dan is daar nog n vaderlike vlerk wat beskerming gee ook. Kostelik.

          Liked by 1 person

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +