Hy was slegs drie maande oud toe hy per trein in ‘n houtkrat op Standertonstasie aangekom het. Hy is iewers op ‘n plaas naby Theunissen in die Vrystaat gebore en ons het hom vir R30 gekoop. Hy was net kop en kloue en maer van die wurms en ons was aanvanklik baie teleurgesteld. Na ontwurming en goeie voeding het hy pragtig begin word en min het ons besef, wat ‘n besondere hond hy sou word.
In Julie 1977 het ons verhuis na Klein-Letaba, waar manlief die plaaslike ingenieur van die nuwe Middel-Letabadamskema was. Oubaas was in sy element, want die oop ruimtes was sy kos en hy het orals saam met sy baas gegaan… soms agter op die bakkie en ook lang ente saam met die bakkie gedraf, totdat hy superfiks was.
Sy gunsteling tydverdryf was om te swem in die Klein-Letabarivier, wat naby ons huis verby gevloei het. Dit was nie ‘n standhoudende rivier nie en in die droë somermaande het hy in die poele baljaar.
Somtyds na groot reën, het die rivier woes afgekom en dan was hy in sy element agter stokke in die bruisende waters aan. Ek het niks daarvan gehou nie en was altyd bang dat hy sou verdrink. Tog het hy elke keer uitgekom met ‘n stok in sy laggende bek.
Soos wat hy ouer geword het, het hy allerhande toertjies begin doen. Elke toertjie het begin met: ”Dink my hondjie nie jy moet“…dan volg die opdragte: “gaan lê, rol op jou rug, gaan drink water, pas die baba op”, ens. Dit was geen stemverheffende bevele nie, bloot praat soos met ‘n mens. As hy wou water drink het hy doodstil langs die buitekraan gaan sit en wag totdat dit oopgedraai word en dan lustig die water in sy keel laat afloop. Hy het selde uit ‘n bak gedrink.
Hy was wonderlik lojaal en as iemand naby my kom het hy op bevel my beskerm..grommend en met oë wat geel word. Met kinders en in die familiekring, was hy baie saggeaard en daar was nooit enige voorvalle nie.
Terwyl ons op Klein-Letaba gewoon het, was Suid-Afrika steeds in ‘n staat van oorlog en F is opgeroep vir kommandodiens. Hy moes ses weke lank ‘n hondehanteringskursus bywoon. Daar aangekom, het die weermag ‘n Rottweiler aan hom toevertrou vir die opleiding. Van die ander kursusgangers het hulle eie Rottweilers saamgebring en toe F nie met die vreemde hond kon klaarkom nie, het hy aansoek gedoen om Oubaas te gebruik.
Aanvanklik was almal vreeslik skepties en het hom Plaashond gedoop. Dit was egter gou duidelik dat Plaashond nie sommer ‘n gewone hond was nie.
Dwarsdeur die kursus het hy stof in die ander honde se oë geskop. Hulle moes ses voet mure klim, deur tonnels en pype kruip, aanvalswerk doen, op smal planke loop en nog baie ander dinge. Saans het Oubaas vodde saam met F op sy kampbed neergeplons. Mens en dier was een.
Die ander kursusgangers, wat doerie tyd R130 vir ‘n Rottweiler betaal het, het gereken Oubaas was ‘n “bargain” teen R30! Die uiteinde van die kursus was dat F en Plaashond die hoogste punte behaal het. Plaashond het 100% gekry!
Ongelukkig het Oubaas se muurklimmery later baie probleme veroorsaak, want ‘n energieke viriele weermagopgeleide hond laat hom nie deur mure stuit nie.
Van dambouers het ons padbouers geword en na Ladysmith in Natal getrek. Toegekamp in ‘n kleiner erf as waaraan Oubaas gewoond was, het hy kort-kort ontsnap en by die plaaslike laerskool gaan speel met die kinders…hy was allemansvriend as ons nie naby was nie!
Met sy buite-die-erf-uitstappies, is natuurlik vele klein Oubasies en Ounooitjies ook geskape. Die dag toe ons van Ladysmith af moes trek, Oosrand toe, was die meubelwa al gelaai en ons motor ook. Oubaas was net weg en F het gedreig dat ons sonder hom gaan ry. Ons het die hele dorp toe al plat gery op soek na hom. Gelukkig kom die posman daar verby en toe ons vra of hy so ‘n hond gesien het, kon hy ons die presiese adres van die romantiese eskapade gee.
Die meubelwa was al om die draai toe ons die rondloper se wittebrood wreed kortknip en hom in die kar boender, Johannesburg toe. By ons nuwe adres het hy hom nie veel beter gedra nie en Don Juan het baie nasate agter gelaat.
Op ‘n stadium het ek gereeld groot vleisbene op ons grasperk sien lê en kon nie dink waar dit vandaan kom nie. Ons plaaslike predikant het lig op die saak gewerp en vertel hoe hy Oubaas bo van die slaghuis af sien kom het, met ‘n reusagtige been in sy bek. Toe hy nog wonder, spring hond se kind gemaklik oor die sesvoet muur in ons erf in. By nadere ondersoek het die slagter erken dat Oubaas elke dag kom regstaan het vir ‘n been.
Wanneer hy op ‘n romantiese uitstappie was, het hy maklik ‘n hele paar dae lank verdwyn en later in ‘n gehawende toestand teruggekom. Eenkeer het F hom uit iemand se erf gaan haal en die vrou het vir hom gesê: “He sleeps with my dog“. F het hom huis toe gebring, hy het ‘n hele bak water opgeslurp en woeps oor die muur gespring terug na waar die romanse was.
Die mooiste ding wat ek van Oubaas onthou, is die dag toe hy my peuterdogtertjie gekeer het om in ‘n besige straat in te hardloop. Ons tuinhekkie het oop gestaan en ek het my rug net vir ‘n oomblik gedraai, toe ek uit die hoek van my oog sien hoe Oubaas my dogtertjie stoot met sy snoet. Sy het sowaar uitgegaan en was oppad om in die straat in te waggel op haar kort beentjies! Ek het yskoud geword en is vandag nog dankbaar teenoor hom.
Ouderdom het sy tol begin eis en die muurspringery het Oubaas se heupe aangetas. Soggens het hy gesukkel om op te staan en een koel Apriloggend het ek besef dis nou tyd. Ek en my huishulp het hom saam gedra tot in my motor en ek is veearts toe. Ek het by hom gestaan totdat hy sy laaste asem uitgeblaas het….
Oubaas ons mis jou nog elke dag en ek is bly dat ek jou storie kon deel.
Baie dankie vir Oubaas se storie. Omdat ek julle twee ken, weet ek hoeveel wedersydse liefde daar tussen julle en oybaas was, en steeds is. Julle het al telkemaal oor hom gepraat en vertel. Dis so jammer dat ‘n engel soos oubaas vir net ‘n kort tydjie vir ons geleen word. Dogs are the best people I know!!
Die kleuter in dis baba waentjie lyk presies soos jou kleindogter tjie!!!
Baie liefde en nog meer verlange
LikeLiked by 2 people
Dankie dat jy kom lees het. Ek mis jou verskriklik!
LikeLike
En ek is bly jy het Oubaas se storie gedeel – met trane wat oor my wange val!
LikeLiked by 2 people
Anne ek huil altyd maklik oor dierestories…seker oor hulle so hulpeloos is in die hande van mense. Dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person
‘n Hond soos min.
LikeLiked by 2 people
Dankie dat jy kom lees het. Ek weet jy sal ‘n hondestorie waardeer, want jy skryf altyd met soveel deernis oor jou brakkies.
LikeLiked by 1 person
@perdebytjie, wat ‘n wonderlike storie. Pragtige pragtige hond, die Oubaas van julle. Dankie dat jy sy storie met ons gedeel het.
LikeLiked by 2 people
Dankie dat jy ingeloer het. Ek waardeer dit baie.
LikeLike
Wat een lief verhaal Dina. Jullie hebben een geweldige hond gehad. Een meer dan passend eerbetoon.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie dat jy kom lees het, Peter. Ek waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person
Ja Hester, ons praat nog baie oor hom. Hy het ‘n groot plek in ons lewens gehad.
LikeLiked by 1 person
Echt een volwaardig lid van jullie familie. Ontroerend hoe hij met kinderen omging.
LikeLiked by 2 people
Hy het ‘n groot indruk op ons lewens gemaak. Dankie dat jy kom lees het, Paul.
LikeLike
Graag gedaan, Dina. Ik was toch in de buurt.
LikeLiked by 1 person
Net so humoristies soos altyd, Paul!
LikeLiked by 1 person
Baie mooi geskryf. Sommige honde, is spesiaal.
LikeLiked by 3 people
Dankie Danie… ek het al baie honde gehad en elkeen was op sy eie iets besonders, maar dié ou was op ‘n ander vlak.
LikeLike
Oubaas was ‘n besondere hond, pragtig geskryf ♥
LikeLiked by 2 people
Dankie Linda.
LikeLike
Ag vrekkit…daar tjank ek oor die rakker wat ek nie eers geken het nie. Hy het groot spore getrap.
LikeLiked by 2 people
Ek voel ook al heeldag hartseer al is hy 32 jaar gelede al weg. Dankie vir lees, ek waardeer dit.
LikeLike
Mooi eerbetoon aan die hond die deel had aan jullie gezin. De herinneringen en de foto’s blijven.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir inloer, Suske.
LikeLiked by 1 person
Oubaas lyk amper net soos ons Appel wat ons ook al lank ontval het. Ek is verlig dat ek nie die enigste leser is wat ‘n traan in die oog gekry het nie. Watter wonderlike hond was Oubaas en watter heimwee bring jou foto’s!
LikeLiked by 2 people
Dankie Frannie, ek voel ook skoon hartseer al is dit al lank gelede.
LikeLiked by 1 person
Dankie Dina, ek geniet en waardeer jou kleurvolle vertelling(s).
LikeLiked by 2 people
Dankie Danita. Dis heerlik om jou hier te sien! Ek waardeer dit.
LikeLike
Wat n helde-hond! Oubaas verdien n movie!
LikeLiked by 2 people
As ons daardie tyd sosiale media gehad het, sou hy beslis bekend gewees het. Dankie vir inloer, Dries.
LikeLiked by 1 person
Mooi storie oor ‘n dierbare hondekind. Hul bly tog elkeen spesiaal. Oubaas lyk ook sommer ‘n opregte “hond”, baie sjarmant met die vroutjies en liefdevol met sy mensefamilie. Dis lekker om te weet Oubaas het daardie kastige uitstaande honde goed ‘n ding of twee gewees hoe daar gereageer moet word. Eerste in sy klas, dit wil gedoen wees. Dankie vir jou mooi vertelling waardeer dit baie dat jy dit met ons deel.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir jou mooi kommentaar en dat jy kom lees het, Ineke.
LikeLiked by 1 person
Oe, dis so mooi.
LikeLiked by 2 people
Dankie dat jy kom lees het.
LikeLiked by 1 person
Ag man hoe sag maak jy nou my hart …
LikeLiked by 1 person
Dankie vir inloer, Bondels.
LikeLike
Ek wens ek kan ook eendag so sag en rustig gaan. Dankie vir die deel van sy storie.
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom lees het, Appeltjie.
LikeLike
Bytjie, ek is nie ‘n honde mens nie, maar dis so mooi geskryf. My hart is so seer vir julle verlies met hom. Wat ‘n wonderlike onthou oor hom en dankie dat jy dit gedeel het. Jou storie, you did right by him🌻🌻
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou mooi woorde en dat jy kom lees het, Virgo.
LikeLike
Wat een prachtige hond was Oubaas! Was hij een Rhodesian Ridgeback? Jouw verhaal bewijst nog maar eens hoe speciaal dieren kunnen zijn. 🥰
LikeLiked by 1 person
Dankie vir jou mooi woorde. Hy was ‘n kruising tussen ‘n Rottweiler en Bullmastiff.
LikeLike
Oubaas was legende! So lekker gelees. Nou verlang ek na my liewe groot honde van baie jare: Waaksaam en Rufus en Kodakoos…
LikeLiked by 1 person
Ek mis Kodakoos saam met jou… het hom bietjie leer ken uit jou vertellings. Honde is ongelooflike wesens.
LikeLike
💝
LikeLike
baie spesiaal
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLiked by 1 person
Wat een prachtig verhaal over jullie prachtige hond Oubaas!
Hij heeft een supergoed leven gehad. En wat leuk om te lezen hoe hij zich ontwikkelde.
Sta er zelf versteld van dat ik het Zuid-Afrikaans (soms na 2x lezen) allemaal best wel begreep! 😊🦋
LikeLiked by 1 person
Baie dankie dat jy kom lees het en vir jou mooi woorde. Ek waardeer dit!
LikeLiked by 1 person
Prachtige ode aan een trouwe vriend!
LikeLike