Moderne mens , die bedorwe brok

Ek skud net weer hierdie week my kop oor die verskriklike herrie wat die “Blackberry-meltdown” veroorsaak het. Skoolkinders (lw. baie van hulle besit hierdie duur “noodsaaklikheid”) is rasend, want nou kan hulle nie via daai vingermasjientjie vir die vriend langsaan vra hoe dit gaan nie! Jep, dis ‘n feit, hulle praat nie met mekaar nie, kommunikeer deur die ruimte met vlees en bloed wat ses sentimeter van hom af sit!

Die res van die wêreld se Blackberry gebruikers gaan in kraam en dis asof die oordeelsdag aangebreek het! Wat de josie gaan aan met die mensdom? Moet ‘n mens regtig vier-en-twintig uur ‘n dag, sewe dae ‘n week, twee-en-vyftig dae ‘n jaar, jaar in en jaar uit “gekonnek” wees?

Dinge raak al hoe gekker en gekker. Daar heers groot blydskap omdat ons binnekort op binnelandse vlugte ook internet sal kan gebruik. Bid jou dit aan! Die langste vlug is omtrent twee ure Kaap toe en kan ‘n mens wragtag nie vir daardie ou kort tydjie net van die skerms af verdwyn nie?

Miskien is ek bitterbek oor die tegnologie deesdae heeltemal oor my kop gaan. Maar een ding is seker, ek onthou nog die salige gevoel van net van die aardbol af “verdwyn”, dáárheen waar niemand jou kan vind nie. En as daar drama by die huis was, is dit al laaankal opgelos wanneer jy weer daar aankom en jy weet van niks…salig!

Ek weet nie of dit so goed vir die mens se psige is om so te alle tye beskikbaar te wees nie. Elkeen het alleentyd en privaatheid nodig. Hierdie gepiep-piep van smse en e-posse enige tyd van die dag of nag, maak van ons vasgeknoopte wesens wat totaal verstrengel geraak het in ons eie grênd speelgoed!

Advertisements

4 thoughts on “Moderne mens , die bedorwe brok”

  1. Ek doen dit ook, maar sjoe, party mense kan net nie afskakel nie, en dit maak dat ek sulke mense begin vermy. Hul aandag is altyd verdeeld en dis asof jy net bysaak is en die kuberfiguur die belangrikste!

    Like

  2. Tog so waar. En as ek die dag my selfoon (let wel eers ‘n Blackberry nie) tuis vergeet, vergaan die wรชreld ook nie, en my dag is sommer baie rustiger.

    Like

  3. Het weer op ‘n vliegtuig gesien hoe fanaties die selfoongebruikers is.Foon moet al af wees, vliegtuig al aan beweeg, dan waag party om nog sms te stuur!As die ding geland het, is dit weer vingertjies op die knoppies!Die ewige oninteressante besigheidsgesprekke wat uitgebasuin word, verveel my tot in my siel!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s