Volstruisie met jou lange nek…

Wie onthou nog die gediggie?

Vostruisie met jou lange nek

Kan jy hom nog langer rek?

Kan jy hom nog langer maak,

Dat hy aan die dak kan raak?

Volstruise bly maar vir my vreemde goed.Hulle is so oer.Die eienaardige drietoon-pote

lyk soos iets uit die Dinosauriër-tydperk.

Hierdie juffertjie het teen sonlig in,ogies gemaak vir die aandoenlikste mannetjie!

Haar bekkie val skoon oop van verwondering, toe die kalant sy hofmaakriel

voor haar dans!

Wie kan sulke pronkerige passies weerstaan?Kyk daardie lieflike gespierde dye

en die pragtige veredos op sy vlerke en stert!

Advertisements

34 thoughts on “Volstruisie met jou lange nek…”

  1. Agterstevoorspulletjie!Eintlik is die wyfievoëls baas,want die mannetjies moet allerhande pluime rondswaai,trieks uithaal en verkleur,om die dames se aandag te trek!

    Like

  2. As ek reg gehoor/gelees het, is daardie “dye” eintlik volstruis se kuite. Die agterstevoor kniknop is in werklikheid die hakskeen en dus is die deel daaronder nie die onderbeen nie, maar die voetbeen! Die kniekop is dus bo tussen die vere, en dan eers die boudjie! Julle moet, wanneer julle weer KKNK toe kom, by die CP Nel-Museum inloer; hulle het ‘n pragtige volstruisuitstalling.Terloops, volstruise steek nie hulle koppe in die sand weg as hulle gevaar sien ie, so onnosel is hulle darem nie om hul neusgate onder die sand in te steek nie!

    Like

  3. Dis interessant en dit maak baie sin.Dus sal mens eers al die vere moet wegneem om die dye en heup te sien!Regtig ‘n vreemde wese!Ja,van die kop in die sand steek, het ek ook al gehoor dat dit nonsens is!As jy sien hoe agressief hulle is,dink ek daar is min dinge wat sulke gedrag by ‘n volstruis sal meebring.Ek wonder wie het met die twakstorie begin?

    Like

  4. Natuurlik is volstruis vleis ook baie gesond en heerlik om te eet.Moet netnie die fout maak om een te koop en nie dadelik te slag nie…dan gee vroulief dit ‘n naam en wil nie saam eet nie. Tot sy mooi vel is nou nognie in die onderbaadjie verander nie….

    Like

  5. Troeteldiere bly in jou huis of by jou huis….dus was dit nie ‘n troeteldier nie…hoe de hel troetel jy nou ‘n volstruis in elkgeval ha ha ha.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s