Woestelinge

Hierdie leeugesinnetjie was regtig agressief en het hul lippies afgelek vir lekker taai Goodrich bande. Eers het die wyfie ons gejaag en daarna rustig gaan lê.Die mannetjie was snaaks genoeg nie so geïnteresseerd in ons as in die”skoner geslag” nie.Net ‘n entjie verder was hul vier amper uitgegroeide telge. Die drie mannetjies was al goed opgegroei en het tekens van maanhare gewys.Toe ons wou stop om foto’s te neem,het hulle ook ons voertuig se bande probeer byt.Ons moes jaag om weg te kom..tweespoor paadjie in dik sand teen ‘n bloedrooi duin uit!Ek kon nie eers my kamera regkry nie en het toe maar deur die agterruit gekyk en vir manlief kommentaar gelewer oor hoe hy moet jaag om voor te bly!Hulle het ons maklik honderd meter ver gejaag,voordat hulle omgedraai het.Mense na ons,het dieselfde ervaring gehad.

Pasop vir die Leeus van Gharagab,hulle is bekend vir hul bande bytery!

32 Replies to “Woestelinge”

  1. Hulle is darem maar so pragtig … en kan met reg maar so arroganterig lyk. Ek wonder waar die bandebytery eerste begin het. Dalk moet iemand ‘n soort verf of iets uitvind wat die bande sal laat sleg smaak soos muishond of iets.

    Like

  2. Ja,dit sou ‘n gemors afgee,want mens het net een spaarwiel,en wanneer ruil jy hom om as die woestelinge heeldag daar ronddraai?

    Like

  3. Ek is te tegnologies gestremd.My dogter het my pas geleer hoe om te “crop” en dis al wat ek aan die foto’s gedoen het.Dankie vir die adres wat jy gestuur het!Dis pragtig!

    Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +