Besondere ervaring

Ek het vir twee weke van die radarskerms af verdwyn.Die rede hiervoor,was ‘n skielike besoek aan my dogter in Moskou.Dit was ‘n wonderlike ervaring en baie van my persepsies oor die “agterlike Russe” het in die stof gebyt!Ek het groot geword in die tyd van Kommunisme en Rooi Gevaar en nooit gedink dat ek my voete op daardie einste Rooiplein sou sit,waar Stalin op 1Mei jaarliks,met aansienlike fanfare die magtige Russiese weermag ten toon gestel het nie!

Nog meer ironies,is dat ek toevallig op 1Mei daar was en dat die eintlike feesvieringe op 9Mei plaasgevind het en bekend staan as Oorwinningsdag.Ek het ook langs die straat gestaan en die verbyvlug van besondere vliegtuie en die parade van magtige wapentuig  gadegeslaan!Ek het soveel gemengde gevoelens gehad en was weereens verstom hoe vining die geskiedenis kan verander.

Drie-en-twintig jaar gelede het Kommunisme geval en die ontwaking van ‘n moderne Russiese staat is oral sigbaar.In my volgende blogs sal ek bietjie meer vertel en foto’s plaas.

25 Replies to “Besondere ervaring”

  1. Sjoe jy beweeg behoorlik vinnig ons het nog nie eers foto’s van die toue nie en was jy alweer “oor die water”

    Like

  2. Sorry sorry sorry!!! Ek het vergeet jy het reeds foto’s van die stunning troue en die pienk kouse geplaas!!! Hiehie, kan sien die dag moet nou einde kry!

    Like

  3. Ek hoop daar is baie, baie foto´s. Die ongeluk van sulke dinge is dat die tyd vinniger as normaal vlieg en mens het skaars aangeland, dan is die tyd om.

    Like

  4. Wonderlik! Kon jy bietjie reis? Ons het ‘n vriend wat in Moskou bly, Alexander Zaichenko, wil SO GRAAG gaan kuier. Maar dan moet mens St Petersburg toe gaan. Vriende van ons het dit per boot gedoen, blykbaar fantasties.

    Like

    1. @vega ja,ons was st Petersburg toe ook,met ‘n sneltrein wat 200kmpu ry.Ons het nie genoeg tyd en natuurlik geld gehad om in die rivier soontoe te vaar nie.Dis ‘n pragtige stad en ons het die hele plek te voet deurkruis!

      Like

    1. @celia Dit was ‘n wonderlike ervaring,veral omdat ek heeltemal saam met die gewone Russe ingeskakel het en nie soos ‘n toeris was nie.

      Like

Leave a comment

LollaseGoete (Lolla's Thingz)

Welcome to my world - experiences of a middle-aged Wanderer

Kom ek probeer

My stories

Herklink

Virtuele Begrafnisse | Virtual Funerals

I scrap 2

On Safari and More about photos and photography writing and life experiences....

Making Picture-Perfect Memories for life

Myriad memories frozen in time

Fotografie Anja

Ik ben creatief bezig met fotografie, experimenteren maar vooral genieten.

Perdebytjie se nes

'n Blog oor die natuur en allerdaagse gebeure,wat die lewe interessant maak

Wildonline.blog

British Wildlife & Photography

Something to Ponder About

Musings on Life - Creative Writing - The Environment

Appeltjie

potpouri van stories, foto's, gedagtes, goue vroue

Een, Twee, Drie. Blog Myself!

'n Storie oor die wêreld, vir die wêreld.

Natuurfreak3

Op wandel in de natuur met zijn ontelbare geheimen

Letty-Ann se Ervarings

Aalsie sê:"Sommer vir die lekker!"

Sagte Klippe

persoonlike blog - cam venter

OSA

Lees, praat, skryf, luister ALS IN AFRIKAANS

F O T O H A B I T A T E

Simone Foedrowitz - Naturfotografie +